US-prof se opmerking oor Afrikaans ‘onbillik, agterlik’

Universiteit Stellenbosch. (Foto: Facebook)

ʼn Nuwe herrie woed by die Universiteit Stellenbosch (US) nadat prof. Tulio de Oliveira, verbonde aan dié instelling, glo getwiet het dat daar weggedoen word met Afrikaans by die US in ʼn poging om van rassisme ontslae te raak.

De Oliveira is ’n professor in Bioïnformatika in die US se Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke en in die fakulteite Natuurwetenskappe sowel as Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.

Hy is ook bekend daarvoor dat hy een van die leiers was van die span wat die Omikron-variant van Covid-19 ontdek het, en het pas verskyn op TIME se lys van die 100 invloedrykste mense wêreldwyd.

In die twiet, wat intussen verwyder is, sê De Oliveira in reaksie op die Huis Marais-voorval dat rassisme geen plek by ʼn universiteit het nie.

De Oliveira sê in die twiet die US behoort ferm op te tree oor die optrede van ʼn wit student wat op ʼn ander een urineer weens sy kleur.

In die voorval waarna hy verwys, het ʼn wit universiteitstudent op die besittings van ʼn swart medestudent in die Huis Marais-koshuis geürineer. Theuns du Toit is verlede week voorlopig hangende ʼn tugverhoor geskors, terwyl sy optrede teenoor Babalo Ndwayana wyd veroordeel is.

Die US se konvokasie sê in ʼn verklaring die uitvoerende komitee het kennis geneem van De Oliveira se twiet oor die US se “afskaffing van Afrikaans” as ʼn stap teen rassisme.

“Die uitvoerende komitee maak beswaar daarteen dat ʼn wêreldgerekende wetenskaplike so ʼn onbillike en agterlike stelling kon maak. Die UK versoek dat die US-bestuur ʼn verklaring uitreik dat Afrikaans nie ʼn rasgebonde taal is nie, en dat teenrassisme-pogings nie aan Afrikaanse taalverwydering gelykgestel kan word nie,” sê dr. Jan Heunis, president van die konvokasie.

“Die UK versoek ook dat De Oliveira voor April 2023 besoek aflê by tien Afrikaanse senior sekondêre skole aan die Weskus om belangstelling in genetika en datawetenskappe te bevorder.”

Prof. Tulio de Oliveira. (Foto: US/Verskaf)

Die US het in reaksie gesê hy neem kennis van opmerkings op sosiale media wat onderrig in Afrikaans met die Huis Marais-voorval verbind.

“Enige so ʼn poging om Afrikaans binne die bestek van die Huis Marais-aangeleentheid te bring, is onsensitief vir die regte en kultuur van baie van die gemeenskappe aan die universiteit oor rasgrense heen.”

Die universiteit sê voorts “sulke verklarings word gemaak in die persoonlike hoedanighede van individue en kan nie aan die universiteit toegeskryf word nie”.

“Die universiteit het ʼn goedgekeurde taalbeleid gebaseer op veeltaligheid. Die beleid is in 2021 hersien, en dit is duidelik dat Afrikaans ʼn primêre onderrigtaal sal bly.”

Die uitvoerende komitee het ook sy “uiterste teleurstelling met die ooglopend laakbare gedrag” van Du Toit te kenne gegee en sê hy verwag dat die US-bestuur hierdie gedrag, asook die bewerings van ʼn rasmotief wat rassistiese gedrag sou voortbring, deeglik en met inagneming van die reëls van natuurlike geregtigheid sal ondersoek”.

Oor die beweerde verkragting by die Majuba-manskoshuis het die komitee ook gevra dat die voorval ooreenkomstig deeglike strafregtelike en dissiplinêre prosesse ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

casper ·

Wys nou sy totale onkunde in die publiek !! Shame !!!!!!!!!!!!!!!!!!!

philippus ·

Dalk moet hy sy Engels in Portugal gaan praat. O nee hy kan nie. Hulle praat Portugees daar, hulle moedertaal. Hoewel Portugees n taal van kolonialiste en slawehandelaars is. Of veralgemeen ek nou soos hy…. dis maklik om te veralgemeen!!! Sien jy. Hoop hulle skors hom. O nee hulle Sal nie…. aanvalle op Afrikaner is aanbeveelbaar by US.

Jr ·

Met so n argument sal u n witwarm prokereur kan wees. Good solid logic and truth

Marius ·

Wat die hart van vol is loop die mond van oor. Ons het nou die naam en van van die student wat geskors is weens sy daad. Wat is die naam en van vanbdie manlike student wat een van sy mede vroulike studente verkrag het ? Dit wat gebeur het, het niks met die Afrikaanse taal te make nie. Waar het die prof sy navorsing gedoen om sulke “intelektuele” aantygings te maak ?

Delia ·

N foto van hom sal ook werk en sluit die koshuis waar hy bly ook sommer.

Waarom ·

Komende van ‘n nie Afrikaans sprekende en wat geen waarde aan ons taal heg nie. Nou maak hy blatant ‘n bewering dat alle wit afrkaans sprekendes rassiste is. Prof jy is die rasis en jy behoort jou te skaam vir so uitlating.

Heinrich ·

Dink die proffie moet hom maar eerder hou by Bioïnformatika. Afrikaans word nie net deur blankes gepraat nie, en ‘diversiteit’ in praktyk is alles behalwe dit wat die woordeboek sê.

Jacobus ·

Geagte prof, dit is bewys dat stereotipering die uiterste vorm en grondslag van rassisme is. Mens sou verwag dat iemand van jou sg status dit weet! Bly maar liewer naby jou aparaatuur.

Linda ·

de Oliveira klink Portugees. Het hy al gesien en gehoor hoe behandel Portugese winkel eienaars hulle swart personeel? Vee maar eers voor jou eie cafe, voor jy Afrikaans sprekendes wil uithaal.

Manie ·

Prof Tulio de Oliveira moet hom liewer op Portugees toespits en Afrikaans uitlos.

TRP ·

Behalwe dat hy nie afrikaans kan spel nie is ek werklik geskok oor die Tweet en voel werklik in die gesig gevat as afrikaans sprekende wat baie dinge is maar ‘n rasis beslis nie.

Boer ·

Die wat in Afrikaans wil leer moet maar Soltech toe gaan. Daar leer hulle jou in Afrikaans en dit gaan nie lank wees nie dan is Soltech een van die beste Universiteite in ons land. Sadig maar seker gaan hulle ook meer en meer vakke aanbied.

Willempie ·

Proffie, número um, check your spelling for colour. Next go back to Potugal and carry on making your “feesh and cheeps”

De Villiers ·

Hier is ‘n voorbeeld van regte rassisme, maar in hierdie geval is daar geen betogings deur studente nie?

Hoekom, is my vraag?!

Sobymykoolkop ·

Presies, daai jongman het dit ook in sy ” persoonlike hoedanigheid ” gedoen, niks met Afrikaans te doen nie.

Dup ·

Moord,roof,kapings,verkragting,diefstal,korrupsie, geweld en vandalisme vier hoogty in SA.Maar laat EEN Afrikaanssprekende ‘n misstap pleeg dan ontplof SA in ‘n rassewolk.Dubbele standaarde!

Michael ·

Die man moet uitsonderlik intelligent wees om te kon help om ‘n variant van ‘n “virus” te ontdek terwyl die “”virus” waarvan die variant ontdek is self nog nooit geisoleer is nie en dus nog nooit gedefinieer kon word nie. Inderdaad ‘n wereldgerekende wetenskaplike, geen wonder hy kon aflei dat Afrikaans die wortel van rassisme moet wees nie-weereens die ontdekking van iets verwant aan iets wat nie beskryf kan word nie.

Johan D ·

Stadig voor jy iets sê wat nie waar is nie! Die virus is al lankal “geïsoleer”!

Michael ·

Gaan doen maar weer jou navorsing-kyk self wat die CDC en talle ander wetenskaplikes leer hieroor dan sal jy verstaan dis nog nooit geisoleer nie. Ek sal graag wil weet by watter bronne jy hierdie inligting gekry het

annie ·

Afrikaans is nie ‘n virus nie. Skoenmaker hou jou by jou lees. Soos die leuenagtige vrou wat vir Salomo gesê het hy kan die kind maar deursny… Min gepla omdat dit nie haar eie is nie. Die prof het ‘n eie vaderland en moedertaal, dan nie?

Annalie ·

Nou verwonder ek my aan die feit dat hy nie eens die woord “Afrikaans” reg kan spel nie. Los ons taal uit en konsentreer op wat agter die storie sit. Ek stem ook nie saam met wat die student gedoen het nie, maar magtag man, moet Rassisme en taal ALTYD in die prentjie ingesleep word? ‘

Reinald ·

My liewe Tulio, as wetenskaplike behoort jy die verskil tussen geskrewe en gesproke woord te ken! Interessant hoe almal nou hul speelgoed uit hul kot gooi, US, politici, pers, kommentators en dies meer!

Witbaard ·

Maar dieselfde instansie wat deur Afrikaanssprekendes op die been gebring is, betaal sy salaris.

Lourens ·

‘Die universiteit sê voorts “sulke verklarings word gemaak in die persoonlike hoedanighede van individue en kan nie aan die universiteit toegeskryf word nie”. ‘

Dan kan studente se optrede seker ook nie aan die universiteit toegeskryf word nie, op dieselfde grondslag?

Deon ·

Presies!!!! Inteendeel, die student is nie n werknemer van die US nie

Leon ·

Het hul nog nie die ou se twitter rekening toegemaak nie? Hy moes laas ook vure doodslaan na sy gretige tweets gemaak het dat die hele wêreld SA sumier verban het weens Omnicron.

Johan ·

Ek moes anderdag via Parys na Madagaskar omdat ons nog vir sy ontdekking ingeperk is…gemors.

Janice ·

Professor, you are very conveniently forgetting that Portugal was also on the forefront of colonialism in Africa and assisted in kidnapping hundreds and thousands of black men, women and children into slavery. Also, when the Portuguese got booted out of Angola and Mozambique it was South Africa that gave them either permanent or temporary residency and a lot of them chose to learn Afrikaans and marry into the Afrikaner population.

Nettie ·

As ek reg onthou, het Portugal self geweier om al die vlugtelinge terug te neem. Ons Afrikaanssprekendes het hulle gehelp. Vandag wil hy help om ons uit die instansie te skop wat deur Afrikaanssprekendes gebou, befonds en opgerig is, en wat tans sy salaris betaal?! Hierdie mense het GEEN skaamte nie.

JohanR ·

Nog ‘n beter plan. Kan US nie weg doen met prof. Tulio de Oliveira nie? Sal kom hulp om hom van die kampus te verwyder!

jeff ·

Hy moet aan sy veld kleef en hou sy bek. Ag, nog ‘n grootbek windgat liberal akademik.

Nettie ·

So liewe mense, is dit nog onduidelik vir enige iemand waarop alles afstuur? Die totale afskaffing van als wat met die Afrikaner verbind word. Ons taal, kultuur, skole, geskiedenis, boere, ens. Die haat is openlik en onbetwisbaar. En behalwe vir ‘n klompie Afrikaanssprekendes, hoeveel mense gaan hierteen beswaar maak?

Johan D ·

Dit alles Nettie is polities van aard en word uit die parlement gedryf!

Jakes ·

Nogal een van die invloedrykste persone ter wereld.? Dis n siek grap. Ek sal eerder dink mees berugte mense ter wereld.

Nellene ·

Waarvan praat die professor ? Afrikaans of Africans? Sy twiet was inderdaad baie onduidelik en ja die onderliggende boodskap was dat hy verheug is dat Afrikaans afgeskaf word en dat dit besig is pm te gebeur.

Janee ·

Ag pleeeaze!….Don’t they just love to use that word!! That’s what S A is all about. Forget about all the crime, corruption and that everything is going to the dogs!!!! Anything to divert attention….

Nerina ·

Ag genade Proffie, sulke optrede het niks met jou taal te doen nie maar eerder met jou opvoeding!!!!

Johan ·

Die Afrikaanse studente moet maar bietjie “opruk” en sy afdanking eis.

Jacobus ·

Prof sal maar herhaal – stereotipering is die ergste vorm van rassisme. Vra maar vir Goebbels.

Di ·

WIE is HY nou eintlik? Hy moet eerder terug gaan na sy geboorteland waar hy hoort

AH ·

Die prof is maar bra oningelig as hy dink dat net blanke Afrikaners Afrikaans praat. Ek woon tans in die Vrystaat nadat ek baie jare in die Kaap gewoon het. Groot was my verbasing toe ek agterkom hoe baie Swart mense goeie Afrikaans met my praat! Dieselfde kan van die grootste meerderheid van Kleuringe in die Kaap en veral in plattelandse omgewings gesê word. Hulle praat ook TROTS Afrikaans soos ek met my “rassistiese” wit vel….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.