US-raadslid bedank oor taalbeleid

Stellenbosch-University

Universiteit Stellenbosch Foto: Cair.za.net

Jan Heunis, president van die Konvokasie, het Vrydag sy bedanking by die voorsitter van die Raad van die Universiteit van Stellenbosch ingedien.

Heunis bly aan as president van die Konvokasie.

Heunis het in ʼn brief aan George Steyn verduidelik dat sy bedanking spruit uit die besluite wat die Raad oor die taalbeleid van die universiteit geneem het.

Hy het genoem dat hy in Mei 2016 voorgestel het dat die Raad moet besluit om voortgang van die ontwikkeling van die konsep-taalbeleid en daarmee saam ook die toelatingsbeleid, op te skort om die Raad ʼn geleentheid te gee om by ʼn spesiale vergadering beginsel-uitgangspunte te formuleer, waarvolgens die taalbeleid en toelatingsbeleid opgestel kan word. Die mosie is nie aanvaar nie.

Heunis het later voorgestel dat die Raad hom ook moet verbind tot die gelyke status van Afrikaans en Engels en die betekenisvolle ontwikkeling van Xhosa as ʼn akademiese taal. Alhoewel hierdie voorstel ooreenstem met die Konvokasie se standpunt oor hierdie aangeleentheid, is dié voorstel ook nie aanvaar nie.

“Op 22 Junie 2016 het die Raad die nuwe taalbeleid goedgekeur en daarmee weggedoen met Afrikaans se status as ʼn gelyke taal van onderrig, iets wat die US duur te staan gaan kom en nou en in die toekoms beween sal word,” het hy geskryf.

“Die vertrouensbreuk tussen die Konvokasie, deur wie ek verkies is en waarvan ek die President is, en die Raad, waarvan ek ook ʼn lid is, enersyds, en die Bestuur, andersyds, het nou so groot geword dat ek nie meer met ʼn rein gewete ʼn lid van die Raad kan bly nie en gevolglik bedank ek hiermee as Raadslid.”

Lees alle vorige berigte oor die Maties-taalbeleid op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

vermeende ·

Geen ander taal in die land gee aan Afrikaans voorkeur nie en bevorder ook nie Afrikaans op geen vlak nie.
Hierdie is soos Mugabe sal se verinheemsing waarmee jy saam werk………maak die deur net sagies agter jou toe.

JC ·

Dit is reg wat Mnr Heunis gedoen het…hierdie mense is arrogant en luister nie na rede (rasionele, grondwetlike en goeie) nie, en hulle almal gaan nes Kovsies pakslae kry!!!
Ek hoop dat Mnr Heunis eerder sy aansienlike vermoe en vaardighede sal aanwend by Akademia om die Universiteit te bou!
Kom ons almal help bou Akademia, ons eie trots Afrikaanse privaat Universiteit!!

Koos ·

JC ek stem saam die kundiges moet hulle gewig ingooi by Akademia

Klippie ·

Hierdie plek kan enige trotse Afrikaner of Afrikaanssprekende maar afskryf. Die US se “Afrikaners” poog om dit ‘n goeie Engelse universiteit te maak. Donateurs help hulle reeds hiermee. Moet ook nie dat die “Gelyke Kanse” veldtog julle flous nie. Nêrens elders in die wêreld kon so ‘n beleid werk nie. Indien julle enige iets vir Afrikaans aan die US wil red, raak eers van die “Afrikaners” ontslae. Ons grootste vyand sit binne eie geledere.

Santjie stoof ·

Ja nee moenie glo wat” D”aardie “A”nder party belowe nie…. dit sal dwaas wees!!!
Good4U mnr Heunis. Dit was n lijake besluit teenoor jou mede-afrikaanses.

Joann ·

Dit is wat sekere mense wil he,dan kan hul mos hul Gr.3 trawante daar in sit.

leon - Centurion ·

Dit is jammer US verloor weer. Net maar die begin. Hoop Mnr. Heunis gooi sy gewig in by Akademia, in watter hoedanigheid ook al. Dit is jammer dat US, ons universiteit gebou deur Afrikaners, die pad van Turfloop, UKN, UJ, Tuks gaan volg. Die magdom skoolverlaters, onvoorbereid vir universiteit gaan die nate laat bars. Die arme studente, sal moet slaag (anders is daar protes) sal verniet moet studier, (anders is daar protes) en die kursusse aangepas vir die blootjies. Dit met ‘n staatskas wat nie R 70 000 per student per jaar kan bekostig nie. Wag maar vir die oproer. Nee wat daar kan seker nog ‘n Engelse universiteit vul word met desperate landsburgers wat hoop ‘n stukkie papier sal hulle uit wanhoop pluk. Die toekoms is ‘n Universiteit van akademiese uitnemendheid waar studente kan studeer in hul moedertaal met net een doel, behoorlike loopbaanvoorbereiding.

Klippie ·

Kom ons gee ons ALLES vir Akademia. Dit is oop, skoon en eerlike nuwe begin. Ons het genoeg gehad vir stropers, plunderaars en verraaiers.

Lance ·

Kom net weg daar …Akademia roep jou naam ….daar slaan mens nie net heeltyd vure doid nie ….mens het eintlik tyd om n verkil te maak ….los daardie gemors en kom net weg daar ….laat hulle dit maar op die afrika manier uitsort …los die vuurhoutjies op jou tafel die dag as jy loop …

Flippie ·

Vreemdelinge kom in jou huis. Hulle neem die huis oor en jaag jou dan uit jou eie huis. Dan word ‘n nuwe huis gebou en dan gebeur alles weer oor.

Dit is nonsens. Baklei vir dit wat jy wil hê. Jaag die vreemdelinge uit. Maak hulle ongemaklik sodat hulle vanself sal waai.

Nico ·

Ek deel jou frustrasie oor die uitdrywing uit strukture wat met ons swaarverdiende geld daargestel is. Dit gaan egter hier oor privatisering. Net soos sekuriteit, elektrisiteit, skoon water, gesondheid, ens. moet ons buiten belasting geld ook ekstra betaal vir privaatdienste wat ons en ons kinders veilig hou. Universiteite loop dieselfde pad. Finansiele instellings, media en internet het reeds of gaan dieselfde pad loop. Sal in die toekoms ons eie stelsels moet he.

wynand ·

Heunis het sy integriteit behou .Dit is duidelik wie is die koring en wie is die kaf. Dit is nou duidelik geskei.

Jaco ·

Ja asb ondersteun Akademia – verander net die naam. die naam Akademia gaan nie werk nie, veral in internasionale gebruik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.