US-raadslid oor transformasie: ‘Onverdraagsaamheid wek diep kommer’

Piet le Roux. Foto: Reint Dykema

Piet le Roux. Foto: Reint Dykema

“Sulke onverdraagsaamheid vir meningsverskille oor wenslike en onwenslike transformasie, boonop nog in ʼn akademiese omgewing, wek diep kommer.”

Só het Piet le Roux, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut en raadslid van die Universiteit Stellenbosch, gesê in reaksie op die universiteitsraad wat hom van Le Roux gedistansieer het nadat Le Roux hom teen transformasie by die US uitgespreek het.

Le Roux het verlede week getwiet: “Blade Nzimande en #transformanie gaan nie wen nie. Ondersteun die nuwe Afrikaanse Alumni-vereniging (sic).”

Nzimande is die minister van hoër onderwys.

Le Roux het Dinsdag aan Maroela Media gesê hy het deur die media van die uitvoerende komitee se verklaring te hore gekom. “Minister Nzimande, met sy destruktiewe ‘radikale transformasie’, mag nie wen nie – dit sal die einde van die universiteitswese in Suid-Afrika wees. Transformasie in ‘n konstruktiewe sin moet iets heeltemal anders as die afdwinging van die nasionale rassedemografie en die verdagmakery van Afrikaans en Afrikaanse studente en personeel wees.”

Die universiteit het in ʼn verklaring gesê die uitvoerende komitee het Maandag tydens ʼn vergadering die universiteitsbestuur se hantering van die transformasieproses goedgekeur en sy volle steun van en vertroue in die bestuur herbevestig. Die komitee het gesê hoewel hy Le Roux se “konstitusionele reg om sy eie opinies te huldig, erken”, sy uitlatings “indruis teen die raad se amptelike standpunt”.

Le Roux het gesê dit is jammer dat die uitvoerende raad gekies het om hulself van hom te distansieer. “Ek het my eie standpunt gestel, binne my regte opgetree en geen uitsprake namens die universiteit gedoen nie. Die distansiëring kan in hierdie stadium ongelukkig nie anders gesien word nie as ’n blyk van onverdraagsaamheid. In so ’n omgewing word vrymoedige deelname aan die debat – en juis ook vir personeel en studente – onmoontlik. As dít die reaksie is wanneer ’n raadslid van mening verskil, dink net watter gevolge kritiek op transformasie vir enige personeellid se loopbaan sal inhou.”

Le Roux is ook een van agt bekende oudstudente van verskeie plaaslike universiteite wat deel is van die nuutgestigte Afrikaanse Alumni-vereniging. Die vereniging is op die been gebring ter behoud van Afrikaans in Suid-Afrikaanse universiteite (lees meer hier).

Die uitvoerende komitee het intussen aanbeveel dat die raad die implikasies en moontlikheid van sanksies wat kan voortvloei uit Le Roux se uitlatings in die lig van die gedragskode van lede van die raad, ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

7 Kommentare

AH ·

En so val nog n universiteit in die hande van n rasistiese regering en al wat die man gedoen het is om sy eie mening te weer tegee terwyl die van die slap gatte te bang was om die waarheid in die gesig te kyk

Kaspaas ·

Wys net hoe rassisties n Universiteit kan wees om na die pype van die ANC te dans, open stellenbosch ontwrig klasse en niks gebeur, EFF val studente by elsenburg aan en niks gebeur maar ooo dinges laat n afrikaner sy mond oopmaak en hulle wil optree

Johann Marx ·

Trotse lid van die onderdrukte Afrikaanse minderheid. My voorouers het ‘n land tot stand gebring…..wat het jou voorouers gedoen?

CHRISTA ·

Ek wil net weet: As ‘n klomp Afrikaanse studente by universiteite soos Wits en selfs voormalige swart universiteite instap en EIS om ook in Afrikaans onderrig te word, sal hulle eis toegestaan word (soos wat van die Afrikaanse universiteite verwag word), of gaan hulle in die pad gesteek word?

Duncan Gill ·

Daar is destyds n oorlog teen Afrikaans en Afrikaners as gevolg.enige persoon wat dit nie erken is
deelname van hierdie volksmoord,hierdie uitwissing van n volk en hulle kultuur .Ek het nie vir hierdie type uitwerking my merk gemaak in 1989!Ek trek my “ja” stem terug en sal my reg maak vir wat net hieruit sal kom. Hulle ken net een weg vorentoe,hulle moet kry wat hulle soek..!

Damian Thomas ·

Dit is tyd om die Kaap onafhanklik te maak. Hierdie transformasie neem glad nie die minderhede in die land in ag nie. Die “Reenboog nasie” is lankal dood. Suid Afrika is reeds oppad na n bleek toekoms. Time to throw out the lifeboat!

As die 62% onder die ANC/EFF wil leef (soos hulle reeds doen) kan hulle dit dan kry. Die mense in die Kaap stem reeds vir n ander party. Ons het ook nie die DA nodig nie aangesien hulle nie sal staan vir onafhanlikheid nie of afstaan van hul nasionale ambisie nie. Soos met die ANC, sal die mense vir n ander party stem en die DA sal dan n irrevelante party word.

Onafhanlikheid is die enigste hoop tensy jy kan oorsee hardloop. Ons almal weet die ANC gaan nie afstaan nie, al verloor hulle die verkiesing. Daar is te veel vir hulle om te verloor. So ons het n keuse of ons hier in die Kaap onder hierdie diktatorskap wil lewe.

Ek dink dis tyd dat die Kaap haarself regeer. Ons eie transformasie. Ek gee nie juis om of ons rasisties genoem word nie want ons word reeds so beskou. En dit net omdat die Kaap se bevolking nie na hulle liking is nie.
Die pad wat die ANC volg is reeds daar vir enige iemand om te sien. En dit lei nie tot n werkende land nie. Dis tyd om realistis te wees. Onafhanklikheid is nie ‘n ontmoontlikheid nie. Ons sal op sy eie kan funksioneer. (Die res van SA is reeds verval en gaan ons net saam aftrek) Waar daar n wil is… die DA is te besig en vol van hulself om te sien hoe die grond onder hulle verander. Praat met die Kapenaars en luister na die hunkering vir onafhanklikheid. Die party is net nog nie daar nie. (Peter Marais is besig met n referendum maar hy het reeds bewys hy kan nie vertrou word nie. Hopelik n party sal gou ontstaan wat vir die plig van die Kapenaars staan. Die tyd raak min. Ons sal ook veel meer kan doen om die probleme hier op te los sonder die inmenging van die ANC. Dit is bonus genoeg. Genoeg is genoeg waar mens met grade sit maar die president en sy ‘comrades’ verdien miljoene, steel en mors biljoene en sit met vervalsde kwalifikasies. En niks word gedoen nie! Die gevolge van niks doen word nou deur almal gevoel. Misdaad en al hierdie sosioekonomiese probleme is buite beheer maar ons aanvaar dit as normal. Dit is nie. In ‘n onhanklike staat kan ons begin vorentoe kyk. As dit kom tot by die punt om die Nuweland te beskerm, sal ek dit gelukkig doen. Groot nommers tel meeste van die tyd nie in jou guns nie.

Speletjie tyd is verby. Le Roux is reg om dit “transformanie” te noem. Die eintdoel het geen plek vir minderhede nie. Nog minder plek vir rasionele probleemoplossing. Ek het genoeg van die Ubuntu koolaid gehad. My hoop is dood vir Suid-Afrika. Sommige kan net nie in vrede lewe in ‘n multikulturele omgewing nie. Dit le nou in die toekoms van die Kaap. Om oorsee te vlug is buite die kwessie. Die res van die wereld is in elk geval in ‘n slegte toestand vanaf Amerika, Europa tot China en gaan nie binnekort better word nie.

Emile ·

Iemand het gese mens benodig slegs een graad in die lewe, en dis ‘n ruggraat.

In lig van die Universiteit Stellenbosch Raad se optrede (en gebrek daaraan), het hul duidelik nie ruggraat nie.

Die Raad se linkse retoriek, onvermoee om studente te beskerm, en hierdie heksejag teen spraakvryheid stuur ‘n duidelike boodskap uit dat Universiteit Stellenbosch die regering se populistiese en ongrondwetlike vendetta teen Afrikaans steun en, soos die regering, Afrikaans se konstitusionele beskerming negeer na ‘n subjektiewe lastigheid.

Tyd vir ‘n nuwe Raad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.