US-taalbeleid: AfriForum stel regsaksie in

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

AfriForum se regspan het Vrydag ʼn aanmaning aan die uitvoerende bestuur van die Universiteit van Stellenbosch (US) beteken.

Dit volg nadat dit onder die aandag van AfriForum gekom het dat minstens twee van die universiteit se fakulteite glo besluit het om af te wyk van die taalbeleid van die US soos deur die universiteitsraad, met instemming van die senaat, bepaal is.

“AfriForum is van mening dat hierdie fakulteitsrade se besluite strydig is met die US se taalbeleid asook met die kontrakooreenkoms wat studente met die US sluit en wat op daardie taalbeleid berus,” het Hein Gonzales, AfriForum se woordvoerder, Sondag gesê.

Op 25 Januarie 2016 het die fakulteitsraad van Regsgeleerdheid onder meer besluit:

  • Engels sal die primêre onderrigtaal tydens lesings wees.
  • Daar sal geleentheid vir ʼn inleiding en opsomming in Afrikaans wees.
  • Studente mag vrae in Afrikaans vra wat in daardie taal beantwoord sal word.
  • Daarbenewens het die fakulteitsraad van Ingenieurswese op 23 Januarie 2016 die volgende sogenaamde “visie” aanvaar:
  1. Voorlesings sal by verstek in Engels plaasvind met tolking na Afrikaans en slegs in parallelmedium plaasvind wanneer oorwegings soos onder meer klasgrootte dit haalbaar maak.
  1. Dosente word aangemoedig om bykomende leerhulpmiddels in Afrikaans én Engels beskikbaar te stel, en kernbegrippe mag aan die einde van elke periode deur dosente wat Afrikaans magtig is, herhaal word.
  1. Die inwerkingstelling hiervan verander die meeste oorblywende A+1-modules na E+1-modules selfs indien dit verskil van die moduleraamwerk soos uiteengesit in die 2016-jaarboek.

Gonzales het ʼn ultimatum aan die US gestel om voor of op Dinsdag 2 Februarie 2016 onomwonde die versekering te gee dat die bestuur stappe sal doen om die inwerkingstelling van hierdie afwykende besluite te verhoed. “By versuim sal ons sonder verdere verwysing na die US-bestuur by die hooggeregshof om ʼn dringende hofbevel teen die US aansoek doen om die inwerkingstelling van hierdie besluite te voorkom en die inwerkingstelling van die taalbeleid af te dwing ten einde ons lede se regte te beskerm.”

Gonzales het bygevoeg dat die US-bestuur nie skroom om onwettige en onreëlmatige besluite te neem nie, en nog minder om dit in werking te stel. “Dit is tyd dat die US-bestuur tot verantwoording geroep word deur die uitvoerende raad.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Michael ·

Weereens is dit Afriforum wat opkom vir die huidige benadeelde minderheid se regte ek weet ten minste my klein finansiële bydrae word goed benut

Berhalet Beukes ·

Geen Afrikaans…. En dan geen Engels? Die hele spul is ‘n klomp verraaiers wat lekker bakhande gestaan het terwyl ons deur die jare maar moes betaal het en steeds doen!

John ·

Die topbestuur skerm vir hul poste, so ook die lektore en hoe meer studente hoe meer die staatsbydraes. Indien klasse in Engels is kan lektore van elders in die wereld wat in hul eie lande sukkel, hierheen skuif. Ons rand is so swak dat elkeen wat hier kom bly 15 tot 25 keer ryker is as in hul eie lande. Die universiteitsbesture redeneer ook dat die studente nadat hulle afgestudeer het ‘n beter kans staan om werk te kry, hier en elders in die wereld. So, ons moet maar ander planne maak. Die Jode het deur die geskiedenis na-uurse klasse aangebied in Hebreeus en die taal is vandag lewendiger as ooit. Afrikaans gaan net so lewendig of dood wees soos wat ons wat dit besig, wil he dit moet wees. As die Zoeloes ea wil afsien van hul tale en dit as minderwaardig ag, sal dit mettertyd verdwyn. Dit sal jammer wees. Miskien het eentaligheid of eenwording ook te make met die regering se begeerte dat die verskillende swart stamme in die land se kulture in die niet verdwyn en dat almal net onder een banier staan om so ‘n magtige eenpartystaat te vorm.

Nic Grobler ·

Ek stem John. Suid-Afrika het immers 11 amptelike tale. Daardie uitkoms van onderhandelinge pre 1994 was juis om die inheemse tale (waarvan Afrikaans een is) te beskerm en te bevorder. Geen taal – geen kultuur.

sarel strydom ·

Ek is van mening dat engels tog op die u einde sal wen, want dit gaan oor die onderdrukking van Afrikaans. Laat hulle voortgaan terwyl die Afrikaanse Jeug hulle eerder kan toespits op die bevordering en uitbouing van Afrikaans deur Kulturele bedrywighede en opvoedingsprogramme binne en buite die Universiteit.

Vic ·

Toe ek 20 jaar terug my dowe kind in n Engelsmedium skool geplaas het, omdat ek hierdie vooruit voorspel het, het die professor by die HF Verwoerd hospitaal se ONK afdeling my belaglik gemaak en gese ” daar sal altyd Afrikaanse onderrig vir jou kind wees” – wonder waar’s daai professor nou- en gelukkig het ek nie vir hom geluister nie, ne.

Vic ·

Regtig, Henry – verduidelik vir my hoe jy vir jou dowe seun sou se hy kan nie meer universiteit toe gaan, want hulle het nou ongelukkig halfpad deur sy kursus die taalbeleid verander? Dink jy n dowe mens leer makilik drie tale aan? Of moet hy masr by die huis sit en van ander se aalmoese afhanklik wees? Gelukkig vir hom het hy nie n pa wat dom is nie.

Dee ·

Henri, vegter vir Afrikaans wat ek is (en as jy my meer kere al raak gelees het sal jy weet dat ek baklei vir Afrikaans) dink ek dat Vic het verder gedink as jy.

Henry ·

Jis ou Vic
Ongelukkig is my kinders net so dom soos hulle pa (en ma) wat laaaank terug aan Afrikaanstalige skole en universiteite gestudeer en klas gegee het. Soos die geval met ons pelle was bykans 95% van ons ou spulletjie se handboeke en studiemateriaal slegs in Engels, Duits en selfs Frans beskikbaar. Ons het baie goed oor die weg gekom met die tale wat ons in ons Afrikaanse skole en universiteite aangeleer het en ons instaat gestel het om die rykdomme buite die Ingilse wêreld te ontdek.
En weet jy wat slim Vic – die jille ganse spul van ons is nog steeds bekkig in ons geliefde taal – Afrikaans. Sonder die hulp of tussenkoms van ‘n Engelse skool, universiteit of wat ookal!

M A ·

Stop die bus! Ek is doof en is van kleins af slegs in Engels opgevoed al was ons huistaal Afrikaans. Doof beteken nie dom nie en dowe mense is in staat om enige iets te doen om te kom waar hulle wil. Ek het selfs ‘n gevorderde graad van Tukkies. Nee, ek is nie voorgetrek of anders behandel nie. Ek moes baie baklei om reg te kom. Doofheid is geen ekskuus vir enige ding nie. Dis wel moeiliker maar niks is onmoontlik nie. My Afrikaans (én Engels) is beter as baie van dié wat hier kommentaar lewer (al is ons nou ‘n bietjie ‘off-topic’).

Henry ·

M.A,
In my jongtyd was daar ‘n skool vir dowes in Pretoria. Dink die naam was Trans-Oranje. Was dit ‘n Afrikaanstalige ene?
Ek onthou ook van die meer bekende skool op Worcester wat ook vir blindes skoling verskaf het. Vermoedelik ook Afrikaans.
Bestaan die instellings nog?
Wonderlike prestasies wat dowe en mense met allerlei gestremdhede bereik. Natuurlik gaan dit ongesê dat daar minder as niks met sulke mense se breinvermoëns fout is nie!!!
Groetnis van ‘n mede Tukkie.

Roger ·

Die grootste vyande van Afrikaans is binne eie geledere. Jare se inteling het beteken dat hul nooit sal kan saamstem en saamstaan nie. Die genetiese mismaaksel, o.b.a. Afrikaner, soos voortgaan om sy eie agenda te dryf ten koste van ander.

Dee ·

Holrug geryde stories. Jy het seker groot geword met 78’s langspeelplate wat vashaak. Andersins, as ek jou lees kan ek nie anders as om saam te stem.

Oom Boer ·

Daar kan sekerlik ‘n groot debat gevoer word oor ‘n sekere taalbeleid of tale, maar glo dit is sekerlik die reg van elke individu of groepe wat hul graag wil beoefen en wat vir hom die beste aanvaarding en of kommunikasie middel is of sal wees. Ek is Afrikaans, so gebore en sal sekerlik so sterf, maar gaan geensins toelaat dat die Engels op my, my kinders en kleinkinders afgedwing word nie. So verlang ek ook net ‘n diens in die gemeenskap waarvoor ek moet betaal om in Afrikaans sonder enige argumente of sentimente ‘n diens lewering te bekom. So respekteer ek elke mens en sy sieninge, maar asb laat ek my Afrikaans uitleef en bedank Afriforun en Solidariteit vir jul erkenning en optrede namens die klein mindere gemeenskap. “Wat is die werklike doel van om die Afrikaner se kultuur en taal te wil laat wankel, vertrap en laat verlore gaan”? Jammer ek vra net, want ek is nog van die ouer garde en produk van die veertiger jare (1940’s) en wil graag die jongelinge en hul blink toekoms verstaan!!!

Oom Boer ·

Jammer Regstelling op foutiewe spelling, blameer die ouderdom: Vorige skrywe – Afriforum

Charl N-Heitmann ·

Eerstens wil ek as oud Matie vir Afriforum baie dankie se vir die goeie werk wat julle doen, ook op Stellenbosch. Hein ons het volle vertroue in jou dat jy jou vinger op die pols sal hou wat betref die toepassing van die US se taalbeleid.

Ek was self by die laaste Konvokasie vergadering die 26 Januarie 2016 waar die rektor Dr Wim De villiers n spreker was. Wat so ontstellend is dat alhoewel hy voorgegee het dat Afrikaans defnitief n plek het op US , word dit twee dae later bewys dat die universiteits bestuur nie by hulle eie taalbeleid hou nie. Die groot vraag is wie lieg vir wie en word ons om die bos gelei?

Terloops Dr Breyton Breytonbach het n uitmuntende toespraak gelewer wat die gekonkelry so goed beskryf het. Gaan doen moeite en gaan soek dit op die internet.

Vir elke Suid Afrikaner wat omgee vir Afrikaans, vrae ek dat jy jou stem dik sal maak.

Groetnis

Charl N-H

Pieter.v ·

Daar is onteenseglike bewyse dat daar oor die algemeen beter resultate behaal word deur kinders wat in hulle eie taal onderrig word. As die wat in n ander taal uitgestyg het kon hulle beter gedoen het as hulle in hul eie taal onderrig was.In baie lande deur die wereld word klasse in daardie land se taal aangebied met engels bykomend en hulle vaar heeltemal goed in enige land waar hulle werk, die regering is so behep met engels hoekom voer hulle nie engels sprekendes in, in plaas van Kubane wat nie eers engels magtig is nie.

hans ·

Die Rektor,die fakulteitshoofde/dekane moet summier afgedank word aansien hulle die Raad se besluit ignoreer het. Ek is oortuig dat daar meer as voldoende afrikaans sprekendes is wat kan klas gee.

mafoeta ·

Omrede daar die afgelope 20 jaar en in die lig van ‘n snelgroeiende bevolking geen nuwe Universiteite deur die staatof self US self gebou is nie (waar Engels die hooftaal met graagte kon wees/ met gemaklik ook die geleentheid tot die uitbou van Xhosa onderandere ) word daar nou ‘n beleg gemaak teen US. Die Universiteit sou steeds oop vir almal wat graag daar wou studeer gewees het (met inagnome dat Afrikaans ten minste 100% parallel en in hoofsaak sou kon bly staan), terwyl daar ook aan die rand van Stellenboch/ Strand/ Somerset Wes ‘n goeie nuwe kampus gebou kon gewees het . Meer spasie, meer werk, meer studente? Nou kou almal aan US en bitter min smaak bly oor !! ‘n Oorvol US!
Waar wit en Afrikaanses baie foute gemaak het, fouteer die ? wit Aafrikaanse en Engelse nou deur, deure toe te maak ipv die spektrum te verbreed ,. ‘n Geslag word vervreem van wat vir hulle behoudend is .. In so ‘n oorvol instansie kan die uitbrei van die ander tale ook moeilik geskied.

Ek kan ook op ‘n verhoog gaan staan en sê hoe stief ek as arm wit kind en Afrikaans deur
ryk wit Engels en Afrikaansprekendes behandel is. !!!! Maar vandag gun ek elkeen sy plek in die son.
Deur die geskiedenis deur en wêreld wyd en van geslag tot geslag is verskeie foute gemaak. Laat ons die goeie ,soos ‘n goed ontwikkelde taal, behou en bou aan die verbreding van ander sonder om dit wat reeds daar is te smoor.

Deur kortsigtig in die hande speel van mense met politieke oogmerke en wrewels sonder die behoud van standaarde en dit goed wat is , pyl ons die afgrond in!!

Hoeveel nuwe Mall’s is die afgelope jare gebou en hoeveel Universiteite? Mall’s verteenwoordig koopkrag en mense en daardie mense se kinders moet iewers gaan. Vergelyk die hoeveelheid nuwe skole teenoor nuwe universiteite.

Die ‘wa'( US) se wiele gaan afval, indien daar nie behoudend en uitbreidend op nuwe bygeboude kampusse gekonsentreer gaan word nie. US word pap gedruk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.