US-taalbeleid: ‘’n Kans in Afrikaans’, eis groep

Die groep verteenwoordigers. Foto: Verskaf

Die groep verteenwoordigers. Foto: Verskaf

‘n Uiteenlopende groep verteenwoordigers van verskeie burgerregte-organsisasies en -inisiatiewe het ʼn openbare uitdaging aan die bestuur van die Universiteit Stellenbosch (US) gerig.

“ʼn Kans in Afrikaans!” is wat die groep eis. Die verteenwoordigers het Saterdag in Somerset-Wes byeengekom om die US se jongste konseptaalbeleid te bespreek. “Dié geskiedkundige werksessie is gefasiliteer deur die Afrikaanse Taalraad wat daarin geslaag het om belanghebbendes oor verskeie politieke en ideologiese skeidslyne heen bymekaar te bring vir ’n ernstige besinning oor die toekoms van Afrikaans as onderrigtaal,” het die groep in ʼn verklaring gesê.

Danie van Wyk, ’n deelnemer aan die gesprek, sê hy was verstom oor die groot konsensus ten opsigte van hierdie dikwels polariserende aangeleentheid. “Uit die gesprek tussen die lede van burgerlike organisasies, skoolhoofde, onderwysers, studente, dosente, skrywers, joernaliste, akademici en gemeenskapsleiers het die volgende verklaring voortgevloei: Dié groep, wat as ‘’n Kans in Afrikaans!’ gedoop is, het sy kollektiewe teleurstelling uitgespreek oor die doelbewus siniese en misleidende wyse waarop die universiteitsbestuur met die Afrikaanse gemeenskap oor sy taalbeleid kommunikeer. Die nuwe konseptaalbeleid maak Engels die verstektaal van die universiteit, maar die bestuur is nie moedig genoeg om dit só te stel nie. Daar word mooi geluide oor meertaligheid gemaak, maar die beleid bevat geen afdwingbare of meetbare teikens vir die onderrigaanbod in Afrikaans of Xhosa nie. Dat die onderrigaanbod in Engels uitgebrei moet word, word egter onomwonde verklaar.”

Die enigste argument ter regverdiging van hierdie nuwe beleid wat toegepas sal word indien die US-raad dit op 22 Junie bekragtig, is dat die universiteit geen voornemende student mag uitsluit nie, het die groep gesê. “Die voorsitter van die US-raad het ook laat blyk
dat ’n vrees vir wanorde op kampus, indien die gelyke status van Afrikaans as onderrigtaal gehandhaaf word, ’n deurslaggewende rol gespeel het in die formulering van die nuwe konseptaalbeleid. ‘’n Kans in Afrikaans!’ wil graag hiermee die rektor van die US, prof. Wim de Villiers, en/of die voorsitter van die US-raad, mnr. George Steyn, daag tot ’n openbare
TV-debat met verteenwoordigers van dié groep vóór die raadsvergadering van 22 Junie.

“Laat die US-bestuur, wat hopelik sy beleid deurdink het en nie net reaktief en kortsigtig optree uit vrees vir verdere regsaksie nie, ook ’n televisiegehoor van hul saak oortuig; ook verduidelik hoekom hierdie stap nie Engels die taal van uitsluiting op Stellenbosch sal maak nie en hoekom dit nie die nekslag vir Afrikaanse moedertaalonderrig in skole sal beteken nie.”

Lees alle vorige berigte oor die Maties-taalbeleid op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Theo ·

Dit twyfel ek baie sterk. Dit sit nie in slap ruggraat se broek nie.

Wonder maar net ·

Baie sterkte! Julle “rock”. Ons almal wat deelneem aan Maroela Media moet hul ondersteun. Als is klaar in Afr beskikbaar,waarom dit wegvat. Die politiek van die regering “suck”. n Selfsugtige regering dink net aan hulself.

HEVW ·

Verblydend om waar te neem, is dat daar meer en meer tekens is van mense wat begin saamstaan. Mag daar n drastiese toename wees. Ons sien uit na so debat en sterkte en sukses.

Elizabeth ·

Wim de Villiers is nie om dowe neute in sy pos aangestel nie, dit was met voorbedagte rade. Kortom ‘n verraaier.

Lance ·

Jy weet hoe meet mens oorbuig om te akkomedeer ….hoe meer wys iets anders …en maak mens jouself belaglik

Johannes Comestor ·

Ek het nog geen berig hieroor in enige Media24-koerant of op Netwerk24 of op die US-webwerf gesien nie. Dit lyk na doelbewuste verswyging.

Johannes Comestor ·

Op LitNet is daar nou ook publisiteit aan hierdie byeenkoms gegee.

Johannes Comestor ·

Die Burger (10 deser, p 7) het vandag uiteindelik ‘n berig hieroor gepubliseer.

John ·

Sjoe, ons trek nou al by: Gee Afrikaanses tog net ‘n kansie… ek smeek julle .. groot asseblief nog net eenetjie prof Div en al die anner slim oom profs en al die nice ingelse op julle kampus!

Paul ·

Geen inligting oor wie hierdie “verskeie burgerregte-organisasies” is nie? Nie eers ‘n ou leidraadjie nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.