US-taalbeleid: Teleurstelling uit verskeie oorde oor uitspraak

Die Konstitusionele Hof. (Foto: Reint Dykema)

Die Universiteit Stellenbosch (US) het die eenparige uitspraak van die Konstitusionele Hof oor sy taalbeleid verwelkom.

“Die uitspraak sê duidelik dat ons taalbeleid grondwetlik geregverdig is. Dit bevestig ook die doel van die taalbeleid: om toegang tot die universiteit en meertaligheid te bevorder en die akademiese en beroepsukses van studente en personeel te ondersteun,” het die US in ʼn verklaring gesê.

Die universiteit sê die hof het ook bevind die proses wat hy gevolg het om die taalbeleid te aanvaar, was “deeglik, omvattend en inklusief” en dat behoorlike oorlegpleging plaasgevind het.

Die organisasie Gelyke Kanse het ʼn aansoek gebring om direk tot die Konstitusionele Hof te appelleer teen ʼn uitspraak van die Kaapstadse hooggeregshof wat die nuwe taalbeleid van die US gehandhaaf het.

Die US se 2016-beleid gee voorkeur aan Engels as onderrigtaal, terwyl klasse in Afrikaans aangebied sal word indien dit redelik en prakties uitvoerbaar is.

Gelyke Kanse het in sy aansoek aangevoer dat die US strydig met die Grondwet, wat onderrig in ʼn amptelike taal van keuse tot op die hoogste vlak waarborg waar dit redelikerwys doenbaar is, onder politieke druk geswig en Afrikaans begin afgradeer het.

Gelyke Kanse se prof. Philip Spies het gesê hulle bestudeer steeds die uitspraak en sal later meer volledig daarop reageer.

Volgens Spies is hulle natuurlik teleurgesteld in die uitspraak. Hy sê die besluit is op sigself teen moedertaalonderrig.

Spies het wél verwys na die minderheidsuitspraak wat ʼn beroep op die burgerlike samelewing doen om te help om Afrikaans te bewaar en ander inheemse tale te ontwikkel. Hy meen daar gaan moontlik nou baie sterker op alternatiewe gefokus word.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het ook sy teleurstelling oor die uitspraak te kenne gegee. “Dit sluit eerder uit, as in. Suid-Afrika het net twee universiteitstale. Die uitspraak is ʼn reuseknou vir een van die universiteitstale [Afrikaans]. Dit maak dus minder en nie meer nie. Dit bevorder nie eenheid in diversiteit nie, maar uniformiteit,” het Hermann gesê.

“Die Grondwethof bekragtig ʼn politieke diskoers wat verskeidenheid wil doodmaak. Die antwoord vir Suid-Afrika is nie minder universiteitstale nie, maar meer en Suid-Afrika is ná vandag armer. Die Grondwethof het ʼn stuk rykdom van Suid-Afrika doodgemaak.”

Hermann het gesê die uitspraak is terselfdertyd ʼn reuseoproep op die breë Afrikaanse gemeenskap om Akademia met groter ywer uit te bou.

“Artikel 29 van die Grondwet bepaal dat elkeen die reg het om op eie koste onafhanklike onderwysinstellings tot stand te bring en in stand te hou. Die Afrikaanse gemeenskap sal dus nou aktief selfverantwoordelikheid moet neem.”

Die DA het gesê hy steun onomwonde die gebruik van sowel Engels as Afrikaans as primêre en gelyke onderrigtale aan die US. “Die universiteit se taalbeleid was omstrede en dikwels verdeeld, aangedryf deur populistiese en uitsluitende narratiewe in ’n poging om ons te verdeel,” het Annelie Lotriet, die voorsitter van die DA se parlementêre koukus, gesê.

Die DA sê hy gaan nie by dié twis ingetrek word nie, omdat dit nie nasiebou en versoening bevorder nie. “As dit kom by die taalregte van studente en leerders reg oor die land, sal die DA altyd die grondwetlike beginsel ondersteun dat elke persoon die reg het om onderrig te word in die amptelike taal van hul keuse, waar redelikerwys uitvoerbaar.

“Afrikaans het ’n ryk geskiedenis en het ontwikkel tot ’n hoogs gerespekteerde akademiese taal reg oor die wêreld. Afrikaans verdien, net soos die res van die inheemse tale, gelyke beskerming en akademiese ontwikkeling.”

Die DA sê hy is ʼn groot voorstander van moedertaalonderrig, omdat Suid-Afrika slegs kan vorder as die land se diversiteit aanvaar en gevier word. “Die DA glo daaraan om inklusiewe kampusse te bou, waar studente nie op grond van taal of enige ander kenmerke uitgesluit word nie.”

Die VF Plus het op sy beurt gesê hy is ook teleurgesteld, maar nie verras nie, deur die uitspraak. “Dit is omdat die Suid-Afrikaanse staat, soos alle state, aan ’n bepaalde ideologie verbind is. Daardie ideologie is op sy beurt aan ’n Engelstalige swart identiteit verbind,” het Wynand Boshoff, die VF Plus-woordvoerder oor hoër onderwys, gesê.

Die VF Plus sê daar word nou daarop aangedring dat elke universiteit die land se bevolking moet weerspieël, nie slegs die studentebevolking as geheel nie. “Dit beteken dat witmense (want die regering stel net in ras belang) in geen instelling meer as 12% tot 15% van die studente of personeel behoort uit te maak nie. Vordering in dié verband word inderdaad dopgehou en aan die parlement gerapporteer.

“Die Suid-Afrikaanse staat is daartoe verbind om alle kulture tot ’n swart, Engelssprekende nasie te versmelt. Waar Afrikaans, byvoorbeeld, geduld word, is dit slegs voorlopig. Dít is die boodskap van die Grondwethof oor die US se taalbeleid,” het Boshoff gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

68 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hendrik van George

Stadig maar seker word die “checks en balances” weg gekalwe deur die konstitusionele hof….

schaun

Wat n skande,ons moet belasting betaal daar word teen ons gediskrimineer oor ons wit is die skole word gedruk om afrikaans te vervang en nou die universiteite ook anti afrikaans so wat is volgende?

Johan

Nou ja, die einde van Maties, net soos Kovsies en Tukkies. Potch is volgende.

Ja Well No Fine

Lesufi gaan Akademia ook verengels!!

Willem Grobler

Jonathan Jansen van Stellenbosch het vandag op Cape Talk dit onomwonde gestel dat Akademia net ‘n poging is om op grond van ras skeiding te maak. Of ons dit nou wil weet of nie, álles word in die bedryf gestel om ons taal af te takel. Ons word eintlik nie die son gegun wat op ons skyn nie. Ons mag niks van ons eie hê nie. Hulle het nou ontslae geraak van al die Afrikaanse universiteite, hulle werk hard aan die skole, al die Staatsinstellings is nou eentalig Engels en die Grondwethof word gebruik om hierdie situasie op ons af… Lees meer »