US taalbeleid voldoen nie aan basiese bestuursvereistes

stellenbosch

Universiteit Stellenbosch

Volgens die Afrikaanse Taalraad voldoen die Universiteit Stellenbosch (US) se finale konseptaalbeleid nie aan basiese vereistes vir die volhoubare bestuur van Afrikaans of Xhosa by die universiteit nie

Dr Conrad Steenkamp, uitvoerende hoof van die Afrikaanse Taalraad, het gesê die beleid maak van Engels die verstektaal en bepaal dat die taal jaarliks uitgebrei sal word met ʼn volle akademiese aanbod binne die volgende vyf jaar as teiken. “Daarteenoor word Afrikaans slegs ‘bevorder’. Hoekom geen teikens vir Afrikaans nie?” wil hy weet.

Maroela Media het vroeër berig ʼn finale konseptaalbeleid word dié week aan die US se senaat en volgende week, tydens ʼn spesiale vergadering, aan die Institusionele Forum voorgelê.

Volgens die konseptaalbeleid sal daar voortaan aparte lesings in Engels en Afrikaans wees in voorgraadse kursusse. “Vir voorgraadse modules waar sowel Afrikaans as Engels in dieselfde klasgroep gebruik word, word alle inligting in ten minste Engels oorgedra, en word opsommings of beklemtoning van inhoud ook in Afrikaans voorsien.”

Steenkamp het gesê die afwesigheid van enige taalteikens vir Afrikaans wáárborg die geleidelike afskaling van die taal tot ʼn tipe “hulptaal” waarin studente soms ondersteuning kan kry. “Dít is wat ‘meertaligheid’ in hierdie beleid beteken en die US is nie ernstig oor die ‘handhawing’ van Afrikaans as akademiese taal nie.”

Volgens hom het die universiteit, in plaas van ʼn langtermyn visie vir die taal, die gebruik daarvan deurgaans onderhewig gestel aan korttermyn faktore soos redelikheid, pedagogiese vereistes, en uitvoerbaarheid, op grond waarvan die beleid maklik na gelang van die omstandighede aangepas kan word.

“Reeds op beleidsvlak word dit gestel dat daar aangepas moet word by die ‘veranderende taaldemografie’ van die universiteit, so asof hierdie verandering iets is wat die universiteit magteloos gade slaan eerder as om ʼn direkte invloed daaroor uit te oefen,” het Steenkamp bygevoeg. “Dit ís moontlik om ʼn 50/50 taalbeleid in te stel. Die 34 000 matrikulante elke jaar regverdig dit. Daarmee gepaardgaande kan die US uiteindelik ook meer toeganklik vir die wyer Afrikaanse gemeenskap maak word.”

Volgens hom dui internasionale ervaring daarop dat universiteite ware meertaligheid kan handhaaf – maar slegs indien die situasie goed bestuur word. “Hiervoor is begrip van die waarde van taal in ʼn meertalige land soos Suid-Afrika ʼn voorvereiste. Dit lyk egter nie asof die US voldoende aandag aan die meer as 500 kommentare op die konsepbeleid en die talle goeie argumente vir ware meertaligheid gegee het nie.”

Hy het gesê die Afrikaanse Taalraad is nie verras nie. “Die evaluasie van die kommentare is in slegs twee dae afgehandel wat die vraag laat ontstaan of die proses wat by die US gevolg is, voldoen aan die basiese beginsels van redelikheid.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

HEVW ·

Dat n Afrikaanse bastion so benepe kan wees om sy eie Afrikaanse taal so te kan ondergrawe gaan alle begrip te bowe. So n benepenheid is n uitvloeisel van n gebrek aan itegriteit. Die kommunistiese ideologie se wortels is diep in hierdie instelling gevestig.

sannie ·

Slaan daar waar dit seermaak. Afrikaners skenk geen geld meer aan universiteit! Dan praat ons weer na n paar maande.

Koos ·

Almal lewer kommentaarven doen niks.
Wat van n skole protes march.?
Daar is soveeI Afrikaanse skole in en om Stellenbosch, ook skole in die Boland, Swartland, Weskus, Namakwaland , Boesmanland, Karoo, Ruens, Suidkaap, selfs Ooskaap, Namibie, wie US se voedingsbron is.
As daar onderwysers, skoolhowe of bestuurslede van skole belangstel in n march.
kontak [email protected]
dalk kan ons iets groots reël.

Francois ·

Die US se taalbeleid lyk dalk goed vir Afrikaans op papier, maar die praktyk het oor en oor bewys dat, waar Afrikaans met Engels as universiteitsvoertaal meeding, eersgenoemde kort voor lank oorheers en Afrikaans word uitgerangeer. Dit het by die UWK gebeur, so ook by Kovsies en ook Tuks. Daar is geen rede waarom dit nie ook op Stellenbosch sal gebeur nie. Ek stem heelhartig met HEVW saam – dit is ‘n absolute skande dat Afrikaner akademici en administrateurs aan die US hul eie moedertaal soos ‘n lam ter slagting lei. Sannie is ook heeltemal reg: Afrikaner-donateurs aan die US moet hul finansiële steun onmiddellik onttrek, en eerder aan Solidariteit, AfriForum en Akademia toesê.

Ek ·

Kom ons ondersteun liewer ons eie Afrikaans Akademia, wens net kan vir ons hier in die suide ook ‘n kampus laat kry

Rupert Ashford ·

Ek is doodseker dit kan gebeur, maar dit gaan tyd vat en baie geld kos. Maak die hoofkampus in Orania in antisipasie…

jaco ·

ongeag in watter taal al hierdie studente hulle klasse kry, wonder ek of die van hulle wat wel grade gaan kry, met hulle wonderlike grade ook gaan werk kry. En die wat so Afrikaans is, se velkleure is eerder wit en bruin as swart, so dit laat hulle ook aan die verloorkant as affirmative action toegepas word met werksaansoeke. hou op huil oor nonsens soos taal. wees eerder bly die onderrigtaal is engels. dis darem n internasionaal verstaanbare taal. WAT sou julle wat so huis oor die meskenning van afrikaans gemaak het as die onderrigtaal na zulu of tswana verander is?

Maria van Dieweeck ·

Alles te danke aan Wim de Villiers. Ons kinders sal in geskiedenis oor jou leer. As n gierige verraaier!

hans ·

Hoekom kan die Oos-Kaapse universitete nie Xhosa bevorder aangesien die meeste inwoners daar Xhosa-sprekend is-waarom wil US n ander provinsie se verantwoordelikheid oorneem. Hoekom betoog niemand omdat die Universiteit van KZN Zulu as een van die onderrigtale tale invoer-dit sal ook ‘uitsluitend’ wees.

Pionier ·

Kan iemand my eposadres aan , Afrikaanse skole en belangstellendes stuur, vir n protesoptog.
Dis die enigste manier. Die res word afgelag en geignoreer deur die verraaierbende.
Ook mense wat wil help reël.
[email protected]
Kry nie vir Adam Tas in die hande.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.