US-taalbeleid: ‘Weerhou betaling vir Afrikaans’

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

Universiteit Stellenbosch. Foto: Facebook

“As ons taal nie goed genoeg is nie, is ons geld ook nie goed genoeg nie.” Dít is die mening van Ian Cameron, AfriForum Jeug se woordvoerder, nadat dit aan die lig gekom het dat minstens twee van die universiteit se fakulteite glo besluit het om af te wyk van die taalbeleid van die Universiteit van Stellenbosch (US) soos deur die universiteitsraad, met instemming van die senaat, bepaal is.

Cameron het Dinsdag gesê dat studente ook volgens die Verbruikersbeskermingswet beskerm word en dus moet hulle wag om te sien of hulle die onderrig in Afrikaans ontvang wat hulle belowe is.

Hy het verder genoem dat die aanslag op Afrikaans van die begin van 2016 nie langer geduld moet word nie en dat AfriForum Jeug beplan om vandeesweek die #RedAfrikaans-veldtog bekend te stel. Dié veldtog sluit ʼn vyfpuntplan in wat onder meer behels dat Afrikaanse studente hul klasgelde tot en met Junie 2016 moet terughou.

“Die rektor van die US se infame leuens wat hy die land vol versprei oor die behoud van Afrikaans, moenie ongesiens verbygaan nie. By die Universiteit van Pretoria heers presies dieselfde situasie, met Afrikaners wat uit vergaderings gejaag word waar hul eie moedertaal bespreek word,” het Cameron gesê.

Maroela Media het Sondag berig AfriForum se regspan het ʼn aanmaning aan die uitvoerende bestuur van die US beteken. AfriForum voer aan die twee fakulteitsrade se besluite is strydig met die US se taalbeleid asook met die kontrakooreenkoms wat studente met die US gesluit het en wat op die taalbeleid berus.

Dit volg nadat die fakulteitsraad van Regsgeleerdheid op 25 Januarie onder meer besluit het:

  • Engels sal die primêre onderrigtaal tydens lesings wees.
  • Daar sal geleentheid vir ʼn inleiding en opsomming in Afrikaans wees.
  • Studente mag vrae in Afrikaans vra wat in daardie taal beantwoord sal word.
  • Daarbenewens het die fakulteitsraad van Ingenieurswese op 23 Januarie 2016 die volgende sogenaamde “visie” aanvaar:
  1. Voorlesings sal by verstek in Engels plaasvind met tolking na Afrikaans en slegs in parallelmedium plaasvind wanneer oorwegings soos onder meer klasgrootte dit haalbaar maak.
  2. Dosente word aangemoedig om bykomende leerhulpmiddels in Afrikaans én Engels beskikbaar te stel, en kernbegrippe mag aan die einde van elke periode deur dosente wat Afrikaans magtig is, herhaal word.
  3. Die inwerkingstelling hiervan verander die meeste oorblywende A+1-modules na E+1-modules selfs indien dit verskil van die moduleraamwerk soos uiteengesit in die 2016-jaarboek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

DPJ ·

Afrikaans spuip weer aan die agter speen. Engils engils net waar jy kom en gaan.

AntiEngels ·

Mooi so. Gee hulle gas Afriforum Jeug! Weerhou julle klasgeld totdat Afrikaans herstel is tot die primere taal.

Liewe heksie ·

O dit sal n heuglike dag wees as Afrikaans aan hul geld kan raak daar waar dit die seerste maak

Ou Uil ·

Lyk vir my daar is darem hoop vir ons jong afrikaners. Doen is beter as pleit !

hans ·

Verstaan nie waarom die US Raad nog nie die Rektor, fakuliteitshoofde/dekane summier geskors het omdat hulle raadsbesluite ignoreer het. Daar moet meer as voldoende bekwame/bevoegde/kwalifiseerde. Afrikaanssprekende persone wees wat lesings in die betrokke fakulteite kan aanbied. Wonder hoekom word dosente wat slegs Engels magtig is aangestel.

Sarie ·

Die antwoord is om die kleurboksies af te tik om Blade tevrede te stel. Ongelukkig word dit nie op die studente toegepas as die ryk, blanke, Engelse kinders van Natal, Gauteng en die Suidelike voorstede van Kaapstad bo die bruin studente van die Noord en Wes-Kaap aanvaar word nie.

Reinhardt ·

Ek kan dit nie glo nie. Die instelling wat amper 100% Afrikaans was net 5 jaar gelede toe ek daar was is nou eweskielik Engels. Ek wonder hoeveel miljoene vir die US belowe was deur die ANC vir hierdie skuif?

chrisp ·

Dit is DA wereld die.
Hulle sal Afriforum Jeug help
Wag vir dit,wag vir dit…………………….

johan ·

Ek sal lewe, ek sal sterwe vir jou Suid Afrika en vir my taal Afrikaans.

Stan ·

Nou is die Afrikaner op die regte pad. Lees gerus die voorwaardes wat Jannie Marais gegee het (1915 ?)toe hy geld gegee het sodat die universiteit gebou kon word. Miskien moet die Ruperts ook bietjie hulle mening in die publiek gee. Ek verstaan hy is nog deel van die beheer ligaam!

Trots Afrikaans ·

Ons is baie trots op Afriforum Jeug. Ons ondersteun elke denkbare persoon wat opstaan vir die behoud van ons taal!! Afrikaans sal nie tweede beste wees nie. !!

Johann Marx ·

Nou moet die PUK net begin met #sittotiusterug!!! As jy nie Afrikaans verstaan nie, wat soek jy op daai kampus? Gaan na ‘n instelling waar jy die taal verstaan…..Kan 400 Afrikaanssprekende studente by ‘n Xhosa Universiteit mt 4000 Xhosa sprekende studente inskryf en die Universiteit dwing om sy taalbeleid te verander? Nou hoekom gebeur dit dan by ‘n Afrikaanse Universiteit?

Sharon Anderson ·

Selfs vrae in Opvoedkunde departement wat in Afrikaans gevra word mag slegs in Engels gevra word. Alle regs vakke is in Engels.

‘n Paar meeste nie eers studente het betoog en ons kinders ly daaronder. Vyf jaar terug was US Afr kyk nou. Troos julle self Maties sal die selfde pad as RAU gaan of is dit nou UJ? Julle grade salnop die ou einde niks werd wees nie!

Gei ·

Miskien is dit n goeie ding. .. Wat help n graad jou as jy nie engels ordentelik kan praat nie. Veral as jy in Australia of Kanada werk soek.

chrisp ·

Gei
Net dalk miskien nie.
.
Ek het by ‘n vorige skrywe dit genoem maar sal weer.
Kom ons vat een beroep, Ingenieurswese.Wie sou jy se lewer die beste ingenieurs op? Ek sou se Duitsland,Japan,Amerika ,Italie,Frankryk en Rusland. Hoeveel van die mense leer by Engelse universiteite,en hoeveel van hulle werk nou vir maatskappye wat engels is? Ek sou se by verre die meerderheid werk vir engelse maatskapye. Wie was verantwoordelik vir die ruimte programme in beide Rusland en die VSA?
Beide was Duitsers na die 2 de wereld oorlog.Dink jy werklik hulle Engels en Russies was goed of dat hulle by die’ se universiteite afgestudeer het?
My suster is een, sy het in Afrikaans gestudeer,werk nou net in engels,uiters suksesvol.Sy kon soos ek omtrent geen engels praat nie.

Dit is eintlik baie envoudig gaan leer in jou moedertaal.Hoekom moet ek my kind en Thabo sy kind laat leer in engels en sodoende dan sommer begin met ‘n agterstand?As jy my nie glo nie stuur jou kind na ‘n Zoeloe skool en kyk waar le sy punte.Dalk verstaan jy dan.
Om ‘n taal aan te leer as komminikasie middel is baie makliker as om daarin te studeer.Maar soos reeds gese jy is welkom om jou kind in engels te laat leer, daar is orals in RSA sulke geleenthede.Weet egter dat jy hom benadeel(die bewyse van moedertaal onderig is al deeglik gedoen).Maar dit gee niemand die reg om my kind en Thabo sy kind die reg te ontse om te leer in sy eie taal nie.En dit sluit jou in.

grotman77 ·

kyk terug in die gesk dan sal jy sien dat geleerdes uit afrikaanse universiteite groot bydrae gemaak het in die wereld al was hul onderrig in afrikaans gewees so jou stelling hou nie water nie

hans ·

Die rektor,fakulteitshoofde/dekane moet onmiddelik deur US Raad geskors word aangesien hulle nie Raadsbeleid minag. Daar is tog bevoegde/hoogs opgeleide persone met toepaslik ondervinding om Afrikaanse lesings aan te bied. Hoekom word persone wat slegs Engels magtig aangestel?

Oom Boer ·

Ian Cameron van Afriforum Jeug, jongman jy is my “Hero”. Dankie dat jul jongmense nog opstaan en veg vir die behoud van jul taal nl. Afrikaans en keer dat hierdie unieke taal nie in ondergang ooit sal verval nie, Dit is jul reg om te studeer in die taal van jou keuse, waarin jy gemaklik voel en jou ontwikkeling en suksesse kan en sal behaal. Engels is jou 2de taal en glo van harte elke individu van skoolvlak af kan weldra goed kommunikeer en verstaan in hierdie taal, maar mag nie die reg ontneem word om hom uitteleef in sy eie voertaal nie. Mag Afrikaans vir altyd voortleef.

Elizabeth Bosman ·

Hou nie van #RedAfrikaans nie. Ek wil nie gered word nie maar wil eien wat my toekom. Afriforum julle is super koel. Vat US aan en skop Wim de Villiers uit. Stuur hom KZN toe. Hoekom moet alles verengels? Neuk hulle op.

Vicus ·

Ja nee wat, DA sal niks doen nie! Afriforum is sommer pure bobaas.Ons moes al lankal ophou met hierdie ekskuus dat ek lewe.Hou jul geld terug en begin dan sommer ook n veldtog #De Villiers and English WILL fall.

Johann Marx ·

Afrikaans jou BUL van ‘n taal. Jong taal, sterk taal. Taal waarin jy enige iets kan beskryf, bestudeer en verklaar. Mens kan nie help om te wonder hoekom sekere “moedertale” in die groep van 11 oor duisende jare NIE ontwikkel het om by te bly met die moderne wêreld nie? Om ‘n “ê” voor elke tweede Engelse woord te sit is nie “e-development” nie!!

Michael ·

Mooi so weerhou julle geld dit lyk my al wat nou gedoen kan word ons moet meer die standpunt inslaan met swak dienslewering ook.
DANKIE AFRIFORUM waar is die DA?????

alida ·

Mooi Agriforum !!! Moenie worry nie die DA gaan volg!!! Mnr Maimane het genoeg verstand om die regte ding te doen. Hy is opgevoed en beskaafd en sal luister na sy kiesers.

Wim Kotze ·

Ja Alida, Mnr Maimane is die ridder op die wit perd, nè? Maar as jy jou bril opsit is die perd swart.

chrisp ·

Alida.
Gee ons net een voorbeeld in die meer as 20 jaar wat die DA dit gedoen het?

Johannes Meintjes ·

Dit is bemoedigend dat daar ‘n groter rekatiewe maar ook pro-aktiewe optrede onder blankes en Afrikaners begin onstaan teen misbruike, uitbuiting, manipulasie, swak diens, swak regering en geskende verbruikersregte. Ons het gans te lank maar gesit en wag vir beter dae wat nooit van self sal kom nie, of net die hande gewring. Mag hierdie konstruktiewe en regstellende optrede vir ons eie mense voots baie meer effektief uitbrei.

Trots Afrikaans ·

Maak Afrikaans Privaat Skole en Universiteite oop. Hou hulle privaat en hou hulle Afrikaans.
Ek is Afrikaans en ek is, soos my vooroueres, bereid om dit met woord en daad, sweet en bloed te verdedig.

Ek eer ander se kulture, ek verwag dieselfde van ander.

charmaine ·

Hou van die opskrif. Is dit nie met alles so nie? Ons vel is die verkeerde kleur, maar ons skep werk bv, huishulp, tuinwerker,Mandela dag, tassieprojekte, komberse in die winter en so kan ek die lys laat aangaan. Dis hoekom ek nie aan een van bogenoemde deel nie. Ek gee eeder vir my kerk se oumensies en kinders. En werk self soos n “onbetaaldehuishulp” in my huis.

Gail Roux ·

Ek hoop die jeug kan volhou hiermee net om die US ‘n punt te wys. Hulle moes lankal begin opstaan het vir hulleself.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.