US vereer Johann Rupert

Dr. Johann Rupert en prof. Wim de Villiers (Foto: Stefan Els, US)

Die Universiteit Stellenbosch (US) het dr. Johann Rupert, uittredende kanselier van die universiteit, met die gesogte Pro Bene Merito-toekenning vereer. Rupert is die oudste seun van die befaamde sakeman Anton Rupert en voorsitter van die luukseartikelmaatskappy Richemont. Dié toekenning is die US se tweede hoogste eerbewys. Rupert het reeds in 2004 die instelling se hoogste eerbewys, ʼn eredoktorsgraad, ontvang.

Luidens ʼn verklaring deur die universiteit is Rupert Dinsdagaand op ʼn wynlandgoed in Franschhoek vereer as uitgelese sakeleier, entrepreneur, bewaringsgesinde en filantroop. Die geleentheid is gehou om Rupert se twee ampstermyne as kanselier te vier.

“Die US ken sy Pro Bene Merito-toekenning, in die vorm van ’n medalje en sertifikaat, onder baie spesiale omstandighede vir uitsonderlike diens op plaaslike of internasionale vlak toe. Dit sluit onder meer die bevordering van die US se belange, veral in die akademiese gemeenskap; die skep van geleenthede vir studie en navorsing vir US-personeel en -studente oor ’n langer tydperk; en die bevordering van die algemene belange van die US of die breër samelewing in,” lui die verklaring.

Prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die US, het by die geleentheid gesê Rupert het die US die afgelope tien jaar met groot passie en toewyding gedien. “Hy was ook oor die jare heen ’n groot weldoener van die universiteit deur verskeie inisiatiewe, insluitende wynkunde, die regte, sport, opvoeding, musiek en bewaring te befonds.”

Rupert het by die ontvangs van sy toekenning gesê elke oomblik in ’n mens se lewe is belangrik en het ’n invloed op jou lewe. “Moenie dink jy is in beheer van jou lewe nie. Die lewe leef jou, jy leef nie die lewe nie.”

Rupert aanvaar volgende jaar ’n ereprofessorskap in Internasionale Sakepraktyk by die Universiteit van Stellenbosch se Sakeskool (USB). Sy termyn sal van 1 Januarie 2020 tot 31 Desember 2022 strek. Rupert sal tydens dié termyn jaarliks ʼn lesing lewer en hand bysit om internasionale denkleiers as gassprekers by die universiteit te kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Werner ·

Ek het wyle Anton Rupert se boek gelees. Sy geldelike nalatenskap word ten minste vir n goeie doel aangewend.

Kootjie ·

Mooi man!! Baie baie trots op hulle!! Hulle is en was van die beste Afrikaners wat daar was!! Wees baie baie trots op hulle! Want hulle is goeie en opregte Afriianers!! My mense@!

Willie ·

Nooit sal ek op ñ New Age Ruppert trots wees nie! Gaan doen maar julle navorsing!

Myburgh ·

Neewat hou verby.
Niks goeds hier nie…..nie van een van die twee nie…. soos Willie se….gaan doen navorsing

Theoman ·

Het jare gelede gehoor dat Ruppert nooit sy studies by Maties voltooi het nie maar nou ja geld koop mos alles tot n ” Doktors ” graad. Die man beindruk my glad nie inteendeel ek skaam my vir hom.

Wingman ·

Eiehandig het hulle die bastion van Afrikaner geleerdheid afgebreek. Akademia moet nou die leisels oorneem.

Wim Kotze ·

Wim de Wiljon het seker die verigtinge op Engels bedryf

Hans ·

Dr Rupert ek is baie terleurgesteld dat u die toekenning aanvaar het in die lig van die onlangse verwikkelinge by US.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.