US verwelkom ‘robuuste debat’ oor taalbeleid

Lede van die DAK Netwerk, ʼn groep vir voorheen benadeelde Afrikaanssprekendes, het die memorandum aan die US oorhandig. (Foto: Mia Slabbert)

Die Universiteit Stellenbosch (US) sê hy verwelkom die insette en kommentaar op sy taalbeleid.

Die universiteit het gereageer nadat lede van die DAK Netwerk, ʼn groep vir voorheen benadeelde Afrikaanssprekendes, Vrydag tydens ʼn protesoptog na die US opgeruk en ʼn memorandum aan sy bestuur oorhandig het.

Dr. Leslie van Rooi, senior direkteur van sosiale impak en transformasie, het die memorandum namens die US ontvang.

Van Rooi sê die universiteit sien daarna uit om saam met belangegroepe te werk om die toekoms van Afrikaans as ʼn taal van die land – en as deel van ʼn multikulturele en veeltalige universiteit – te verseker.

Prof. Deresh Ramjugernath, viserektor van leer en onderrig, in wie se portefeulje die taalbeleid val, sê daar heers groot belangstelling in die hersiening van die universiteit se taalbeleid.

“Die universiteit verwelkom uiteenlopende menings en sienings, asook ʼn robuuste debat. Dit is duidelik dat verskeie belangegroepe veral die posisie van Afrikaans op die hart dra, soos vandag se optog deur die DAK Netwerk ook bewys.”

Dr. Leon Schreiber, DA-LP en die party se kiesafdelingshoof in Stellenbosch, het gesê die party was ook by die betoging om te luister na die “uitsluiting wat veroorsaak word deur die universiteit se weiering om Afrikaans gelyk te stel met Engels.

“Die boodskap is duidelik: Mense van diverse gemeenskappe dring aan op gelykheid en moedertaalonderrig,” sê Schreiber.

ʼn Herrie het vroeër by die universiteit gewoed nadat klagtes van talle studente by verskeie van die US se koshuise aan die lig gekom het dat hulle nie toegelaat word om met mekaar Afrikaans te praat nie.

Die DA het die universiteit by die Menseregtekommissie verkla en ʼn petisie van stapel gestuur om die reg op moedertaalonderrig by die US te help beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Oompievis ·

Die US is gekaap.
Aanvaar dit nou en gaan aan daar is nie meer ń US soos ons dit geken het nie.

Friedrich ·

Ek wonder of daar nog in Afrikaans gelees mag word of is dit ook verbode?

pieter ·

Dàar is Groot probleme met die US se taal beleid en raad .
Afrikaans is hier om te bly

jzjz05 ·

Van Rooi ewe skierlik sien jul uit om saam met belange groepe te werk.hoekom gebeur dit eers na mense moet druk uitoffen voor dit gebeur. As die druk nie gekom het nie het julle maar net aangegaan met julle afbreek van afrikaans.

Anton ·

Geen debat nodig nie. Ek praat wat ek wil en ander praat wat hulle wil.

Dup ·

Mag ons nog in Afrikaans dink en droom…..? vra maar net…..

Mauritz ·

Die US is net soos die ANC: Bereid om “robuuste debat” te voer om almal te paai en dan doen hulle in elk geval net wat hulle wil.

Ria ·

Die Afrikaner oposisie moet verlief neem met die feit dat hierdie ons land ook is en ons sal nie gaan lê voor ons belange gelyk gestel word aan ander s’n nie. Dis sooo hartseer dat US nie meer is wat dit in die ou tyd was nie.

Nici ·

Stellenbosch was Afrikaans en behoort so te bly. UK en UWK bied nie In Afrikaans klasse aan nie so hoekom moes US in Engels klasse aanbied? Lyk my veeltaligheid en agteroorbuig word beperk tot Afrikaanse instansies, en so word die Afrikaners die huidiglik benadeeldes.

OW ·

Nou wil die US bestuur die voortbestaan van Afrikaans verseker na hulle verkla is by die menseregtekommisie.Ek hoop die kwessie word spoedig opgelos.Die groot menere wat eintlik die hele debakel beplan en deurgevoer het, is nou so stil soos ‘n muis met “slippers”aan.

Vrijburger ·

Goed gese, jammer die ou dae van teer-en-veer vir die sulke verlooptes is verby.

Irma ·

Dit sou dalk n goeie opsie gewees het Vir die studenteleiers , die skielike onvoorsiene verrassingselement.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.