UV-besluit oor MT Steyn-standbeeld ‘kortsigtig’

Foto: UV

AfriForum Jeug meen die verskuiwing van die MT Steyn-standbeeld laat die vraag ontstaan oor of Afrikanerstudente nog by die Universiteit van die Vrystaat (UV) welkom is.

Maroela Media het vroeër berig die UV het Vrydag besluit die standbeeld moet van die Bloemfontein-kampus geskuif word.

Volgens AfriForum Jeug sal die standbeeld na die Oorlogsmuseum, langs die Vrouemonument, in Bloemfontein verskuif word. Dít is ook waar Steyn ter ruste gelê is.

AfriForum Jeug is van mening dat die standbeeld hier die nodige erkenning en respek sal ontvang wat dit toekom en is dankbaar vir die bewaring daarvan, asook dat die Steyn-familie se wense in ag geneem is in die verskuiwingsproses.

AfriForum Jeug is egter van mening dat die besluit om die standbeeld te skuif kulturele polarisasie op die kampus kan vererger.

“Die UV hou voor dat hulle besluit om die standbeeld te skuif gemotiveer word deur ’n inisiatief deur kampusbestuur om ’n omgeekultuur op kampus te skep waar studente moet omgee vir mekaar se geskiedenis en erfenis,” het Ohann Fourie, AfriForum Jeug se nasionale koördineerder vir kampusstrukture, gesê.

“Die werklikheid is egter dat die UV met hierdie skuif ’n presedent skep en juis nie wedersydse erkenning en respek vir verskillende kulture bevorder nie, maar eerder ’n spesifiek geteikende erfenis verwyder.

“Om ’n projek van omgee vir mekaar se geskiedenis en erfenis van stapel te stuur deur ’n groep van jou studente se erfenis van die kampus te verwyder, weerspreek duidelik die bedoeling van só ’n projek en laat die vraag ontstaan of die UV dan net vir sekere studente se erfenis en geskiedenis omgee en nie vir ander s’n nie,” sê Fourie.

“AfriForum Jeug is baie bekommerd dat hierdie projek meer omgee vir sekere groepe studente as vir ander en daarom verdeeldheid onder studente kan veroorsaak en nie die jeug sal leer om ten spyte van hulle verskille steeds respek vir mekaar te hê nie,” sluit Fourie af.

Steyn was van 1896 tot 1902 die president van die voorheen onafhanklike Oranje-Vrystaat. Verskeie geboue en strate in die Rosestad is na Steyn vernoem.

Die voormalige CR Swart-gebou, die Vrystaatse regering se provinsiale hoofkantoor, is in 2015 ter nagedagtenis aan die ontslape Kubaanse leier, Fidel Castro, hernoem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Jewel ·

Lank gelede was Vista Universiteit Engels, vir swart studente. Kovsies was Afrikaans, vir wit studente. Nou is die University of the Free State (of UFsies) Engels, vir swart studente. Wat hulle in die eerste plek gehad het….

Neels ·

So word ons geskiedenis uit rangeer. Daar moet nou seker plek gemaak word vir een van die struggle ikone. Kyk maar wie se standbeeld gaan binne die volgende jaar of wat daar verruis

Koos ·

Ek hoop so. Waar leef julle? Laat die ou apartheid geskiedenis weg bly van die kinders.

Henk du Toit ·

Omgee kultuur!!? Rerig?! die UV maak ‘n helse woordefout hier dit is nie ‘n omgee kultuur nie dit is n Toegee kultuur waar van die Afrikaner verwag word om toe te gee en toe te gee en toe tee gee Nou toe oubaas se ou dwaalgeeste wys nou vir ons klomp ”kolonialiste” wat julle gaan oopsit in Pres MTSteyn se plek!

Jerry ·

AfriForum jeug om nie welkom te voel nie omdat julle geskiedenis en kultuur uitgesluit word dien mos nou as regverdiging om afsonderlik te ontwikkel. Begin julle eie universiteit in die Vrystaat wat ander kulture uitsluit en skuif die beeld soontoe! Doen aan hulle wat hulle aan julle doen! Hulle wys hulle wil graag afsonderlik ontwikkel en witmense uitsluit, dit is genoeg regverdiging vir eie afsonderlike ontwikkelling.

Dries du Toit ·

Ja jy is reg Jerry. Di is die antwoord. Dan kan jy en jou kaders lustig voortgaan en vernietig

Andre ·

Ek dink dit sal rustiger vir hom wees by die Oorlog museum eerder as om tussen n klomp te staan wat in elk geval nie weet hoekom die standbeeld daar is nie. Ek moes mooi dink om dit so te stel om nie “gevoelens” seer te maak nie.

Schalke ·

Ek stem saam. Die beeld is dan swary van kleur? Wat kla hul voor

Gertryda ·

Hoop van harte hulle verskriklike pyn wat hul ervaar as hul verby die standbeeld geloop het is verby
Mag hul nou almal onderskeidings kry
Jy kan nie swot as die pyn jou opvreet

Nomza ·

Wel hoe kom jy by n kokonialistiese fasiliteit en neem aanstoot in hulle geskiwdenos? Gaan dan maar terug inisiasieskool toe. Tata.

Dries du Toit ·

Die pyn wat hulle ervaar is nie naastenby die pyn wat ons aanvaar om te sien hoe als vernietig word en weggevat word waarvoor ons hard gewerk het

Hanna Hoekom ·

Skuif eerder die standbeeld! Andres gooi hulle hom ook vol poef. “Skuif” sommer die beurse wat deur MT Steyn daar gestel is, ook uit en weg. Rig nou n standbeeld van n struggle held (met brandende tyre en al) in sy plek op. Ons sal ons eie ding doen. En dan praat ons weer oor twee jaar…

Frikkie Geld en huis ·

‘n Standbeeld van enige mens, ongeag ras, het my nog nooit aangestaan nie. Dit laat my altyd dink aan afgodery.

Out of Africa ·

Die Nuwe Kovsies grade is elk geval niks werd oorsee nie. Dis net tyd en geld mors om nou nog daar te swot.

Koos ·

Baie goed UV. Julle moes dit al lank terug gedoen het. Los die geskiedenis in die verlede. Ons moet die toekoms in gaan met ons jeug wat die verlede los waar dit moet wees. Skryf julle eie geskiedenis en vergeet van die verlede.

Grys ·

Jy het n baie gevaarlike denkwyse om net van die geskiedenis will te vergeet, jy moet uit dit leer om voort te gaan, nou ek stem saam meestal mense herhaal dit net maar nogtans is dit belangrik om nie van ou foute n herhaaling te maak net omdat niemand geweet het dis n dom idea nie…

humor ·

Jerry dit is die versoening waarom jy eindeloos pleit. Ek hoop dit dring by jou deur. Die vraag wat gevra word is of die Afrikanerstudent nog daar welkom is. Die feit dat so n vraag gevra word gee aan jou n duidelike antwoord, Nee julle is van die begin af al nie meer daar welkom nie. Sonder einde verduur julle n proses van vernedering en verwerping. Akademia is tog duidelik die antwoord.

Jan Nel ·

Wat van ‘n standbeeld van Krismisvader wat grade uitdeel?

MTSteyn ·

Goeie, praktiese voorstel! Maar maak ‘n hele paar van hulle, sodat daar by elke Suid-Afrikaanse ‘universiteit’ ‘n paar van hierdie Krismis Vaders geplaas kan word.

Ons gee nagraadse kwalifikasies weg omdat sg. ‘voorheen benadeelde’ studente by universiteit laboratoriums opdaag. Opdaag, en nie publiseerbare, onafhanklike navorsing deur die student self nie, is die meriete waarop daar bv PhDs toegeken word.

Jan Doedel ·

ek is jammer daaroor. Jammer dat baie labde kies om hul geskiedenis te herskryf naar eie wens. Die Vrystaat en sy leiers is n belangrijke skakel in die ontstaan van hierie UV. Jammer dat dit voor political correctness sal moet verdwyn. snaakser sou wees die beeld te laat bly en te omring met ander beelde van persone uit die UV se historie, sodat elkeen sy plaats vind.

Jerry ·

Dries du Toit, die pyn wat jy ervaar is selfopgelegde pyn, want jy het toegelaat dat dit gebeur. Jou aksies teen die universiteit was nie regverdigbaar nie en het geboemerang, net soos enige toekomstige aksies sal boemerang wat nie geregverdigbaar is nie. Die ANC se uitsluiting van witmense (ANC se eie afsonderlike ontwikkeling) bied aan witmense regverdiging om ook afsonderlik te ontwikkel. Doen dit, begin nuut, stig n akademia in die Vrystaat en laat die standbeeld daar staan en dan sal die pyn wat jy ervaar met die vernietiging van jou kultuur by die universiteit van die Vrystaat soos mis voor die son verdwyn wanneer jou kultuur herleef by n akademia in die Vrystaat! Doen vir n slag iets wat sal werk, wat geregverdig kan word en wat dus lewensvatbaar sal wees eerder as om ander te blameer. Om aan te hou om blou moord te skreeu en my en ander te blameer gaan niks help om jou pyn te verlig nie! Hierdie is n uiters blink gedagte waarmee jy en humor julself gerus mee kan versoen!

Etienne Prinsloo ·

Aan julle redakteur spannetjie. Ek sien Jerry bly julle voorkeur kommentator met sy marksisme, blanke haat en progressiewe anti Afrikaanse standpunte. Is een van julle dalk Jerry, of Koos wat ook kan sê net wat hy wil? Go left, you will be happy there, in the stone throwing mob.

Dries du Toit ·

Jerry. Ek stem met baie dinge wat jy se saam ten spyte dat jy party maal die indruk skep dat jy die Afrikaner haat

Alida ·

Dink julle regtig hulle gaan hul aandag aan studie wei as MT weg is? Nee daar altyd iets wees waaroor hulle betoog. Vat die beeld weg en kyk wat gebeur.

Anoniem ·

Jerry het n goeie plan daar.ons vat al die stanbeelde en erfenisse weg boeke en alle studie materiaal.en Dan brand die universiteit af want bleikbaar hou die ANC van die reuk.Die EFF en BLF is mal daaroor

Pieta ·

Kovsies bestaan nie meer nie en wat van ‘n universiteit gaan oorbly is die vraag. Die standbeeld is maar ‘n klein deel van waaroor dit vir die vernietigers gaan. Wat gebeur is deel van die rewolusie waarmee die ANC en hul medewerkers besig is.

Anita ·

Geskiedenis kan nie uitgewus word nie, dit bly altyd deel van een geslag na die ander. Die foute van geskiedenis kan wel uitgewys word en nie weer herhaal word nie. Die beeld sal pas by die omgewing van die vroue monument, en nou is die tyd ryp om ….inkoopsakke…sakke vir pakkies.. toedraai papier te vervaardig van die beelde en dit te verkoop by die vroue- monument, benut die beelde finansëel as bydrae op hierdie manier, as ondersteuning van ‘n afrikaans universiteit iewers i n die weskus almal welkom solank as die huistaal afrikaans is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.