UV-betogings: Aanklagte teen 7 studente teruggetrek

Betogers in Februarie 2016 op die UV-kampus. Foto: Twitter via @SongzPango

Betogers in Februarie 2016 op die UV-kampus. Foto: Twitter via @SongzPango

Die aanklagte teen sewe studente van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wat in Februarie tydens die gewelddadige studentebetogings op die kampus in hegtenis geneem is, is teruggetrek.

Phaladi Shuping, Vrystaatse woordvoerder van die Nasionale Vevolgingsgesag (NVG), het gesê die aanklagte van openbare geweld en oortreding van ʼn hofinterdik is teruggetrek nadat ʼn bemiddelingsooreenkoms met die studente aangegaan is.

Maroela Media het vroeër berig 21 studente is op 25 Februarie vanjaar in hegtenis geneem nadat hulle ʼn hofinterdik verontagsaam het deur die kampus te betree en die standbeeld van oudpres. MT Steyn en ander eiendom te beskadig. Daar was glo sowat 200 betogers by hierdie betoging betrokke.

Die studente het onder meer geëis dat prof. Jonathan Jansen onmiddellik as rektor en visekanselier moet bedank, dat die “transformasie- en dekoloniseringproses” op die kampus bespoedig word en dat die geboue op die kampus hernoem word na swart struggle-helde.

Shuping het gesê kort ná die studente se inhegtenisneming is die aanklagte teen 12 van die 21 studente laat vaar weens ʼn tekort aan bewyse. Die saak teen die oorblywende 9 studente het egter voortgegaan.

“Adv. Xolisile Khanyile, die direkteur van openbare vervolging en Sello Matlhoko, die hoofstaatsaanklaer, het verskeie vergaderings met die UV, die SAPD, die Menseregtekommissie en prokureurs van Regshulp SA gehou om die saak te bespreek,” het Shuping gesê. “Daar is ooreengekom dat die saak deur ʼn bemiddelingsproses opgelos sal word.”

Shuping het gesê sewe van die nege studente het Vrydag ingestem tot die terme en voorwaardes van die bemiddelingsooreenkoms wat deur die onderskeie partye saamgestel is. Hy wou egter nie die voorwaardes van die ooreenkoms bekendmaak nie en het gesê dit is vertroulik.

“Een van die studente het nie by die hof opgedaag nie en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik. Die ander student het geweier om in te stem tot die voorwaardes van die ooreenkoms,” het Shuping gesê.

Die saak teen die oorblywende twee studente is tot 4 Julie uitgestel om die polisie kans te gee om die student wat hom nie by die hof aangemeld het nie op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann ·

As jy wil weet wat die onomkeerbare kern status van n land is: toets die TOEGEPASDE regstelsel. Het ek nodig om meer te se as kyk na die miskenning van verandwoordbare burgerskap! Ek doen WAT ek wil met GEEN verandwoordbaarheid vir die gevolge van my direkte aksies nie. En ek kan jou waarborg. Die idiotissuperbus aan die hoof van die SAUK. (Operasioneel EN Redaksioneel) gaan hierdie “vryspraak” voor laat staan in sy “berig gewing”. ABSURD!!!!

Grap ·

Wat ‘n grap rig miljoene rande se skade aan en dan is die kanse goed dat die universiteit nie net die sake terugtrek nie maar hulle sal seker vir berading moet gaan na die onsmaaklike voorval

Lance ·

Net geweet dit gaan gebeur …mense kom dan weg met moord in SA …wat sal n paar klippe nou anders wees

Nico K ·

Ek wil graag weet wat het geword van die klagtes teen die studente wat op die rugbyveld gestorm het met die Varity beker. Weet iemand?

Piet Piper ·

Dis nag in S.A. met hierdie mense en hul houdings TEEN alles wat reg en eerbaar is.
Suid Afrika sal naderhand wees soos ‘n stuk grond waaroor ‘n groot sprinkaanswerm getrek en alles verwoes en opgevreet het.

Anoniem ·

As hulle alles wil dekoloniseer moet ons die universiteite van hulle wegneem aangesien dit iets is wat gestig was tydens kolonisasie…

Jan maak n Plan ·

Nou wonder ek hier, wat sou met ons gebeur het as ons nou een van hulle standbeelde afgebreek of beskadig het. Sou hulle ons ook dan so liggies beripes het – ooo nee ons sou met ons basse dadelik in die tronk gesit het.

Takkie Takuuza ·

Nee jy sou nie, tensy jy ook ‘n prokereur gehad het wat jou saak kon bemiddel en tot ‘n oorkeenkoms met die staat en die Universiteit kon kom. Maar jou redes sou beter as hulle sin moes wees. Hier word jy beboet as jy die waarheid praat.

Wonder maar net ·

Die skade wat hulle wou gedoen het,het hulle klaar gedoen. Volgende keer doen hulle presies dieselfde en dan word daar weer gese die saak is terug getrek…met n ooreenkoms…..shame,wat n grap!

Basson ·

Bizar!

Ek verstaan UP het ook die studente se borgtog betaal wie inhegtenis geneem is vir kriminele dade (eintlik terrorisme) vroeer die jaar ?

As jy wit is word jy verhoor / geskors vir enige oortreding van ‘n universiteit se reels, hoe gering ook al, maar duidelik geld dit nie vir almal.

Die hipokratiese gedrag van die wie standaarde regverdig moet handhaaf vernietig die akademici se kredietwaardigheid – ek het geen respek meer vir diesulke akademiese instellings, julle het SA uitverkoop. Ek glo in elk geval julle het net julle eie einde / vernietiging versnel deur te kruip en te paai. Dis ‘n kwessie van tyd en julle loopbaan toekoms sal ook onderworpe wees aan die voor wie julle nou buig.

Veritas ·

Die universiteitsbestuur mag dalk geleerde mense wees maar iewers langs die pad het hulle die gawe van lewenswysheid misgeloop. Kom ek vertel julle slimmes gou iets wat julle nie weet nie: ‘Jy kan nie wen wanneer jy jou magsposisie prysgegee het nie.’. Van nou af moet julle doen wat die studente sê, of padgee. Die einde van UOVS is in sig.

hans ·

Het die ooreenkoms ingesluit dat hulle vir al skade en verwante koste gaan betaal. Kan privaat vervolging nie ingestel word teen die studente?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.