UV: Jansen moet gaan, eis betogers

Foto: Twitter via @PostBadSantana

Foto: Twitter via @PostBadSantana

Die groep studente wat vandeesweek die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) tot stilstand gebring het, het Woensdag in ʼn memorandum geëis dat prof. Jonathan Jansen onmiddellik as rektor en visekanselier moet bedank.

Die groep, onder leiding van SR-president Lindokuhle Ntuli, het gesê hulle deel in die stryd van die werkers wat ook vandeesweek op kampus teen die uitbesteding van dienste betoog het. “Die geveg van die werkers en die studente is natuurlik geïntegreer. Studente kan hulle nie distansieer van die werkers se geveg nie,” het die groep in die memorandum gesê.

Die groep betogers het vroeër die week erge skade op die Kovsies-kampus aangerig, dermate dat die kampus vir die res van die week moes sluit. Eiendom is beskadig, vensters is gebreek, vullisblikke is omgegooi en die standbeeld van CR Swart is afgebreek.

Deel van die groep se eise is egter dat geen stappe gedoen word teen enige student of werker wat aan die betogings deelgeneem het nie. “Studente wie se registrasie dalk ingetrek kan word, moet toegelaat word om die akademiese jaar te voltooi en nie finansieel uitgesluit word nie. Die Shimla-park-voorval moet onafhanklik ondersoek word en alle studente wat betogers aangerand het, moet aan die pen ry,” het die groep gesê.

Die groep het verder geëis dat die “transformasie- en dekoloniseringproses” op die kampus bespoedig word, dat die standbeeld van oudpres. MT Steyn verwyder word en dat die geboue op die kampus hernoem word na swart struggle-helde. Daar word ook geëis dat 70% van koshuisinwoners swart moet wees en dat studente se sosio-ekonomiese status die hoofoorweging moet wees in die plasing van studente in koshuise.

“Heimat, Welmoed en Amelia [privaat koshuise buite die kampus] mag nie toegelaat word om aan universiteitsaktiwiteite deel te neem in dieselfde hoedanigheid as daghuise nie. Die demografie van die universiteitsraad en senaat moet onmiddellik hersien word en daar moet meer swart senaat en raadslede wees. Kovsie Privaatverblyf moet die perseel wat hulle tans op die kampus beset, ontruim.”

Jansen het Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie gesê hy is teleurgesteld dat sommige werkers en “ʼn klein groepie gelei deur die SR-president” besluit het om te betoog aangesien die universiteit al sedert verlede jaar onderhandelinge voer om aan die twee groepe se eise te voldoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Frederik ·

Iemand wat nie eers ‘n hoofletter “F” kan skryf nie, hoort defnitief nie op universiteit nie.

nandi ·

dit is statisties bewys dat mense nooit tevrede is met iets wat hulle gratis kry nie. en dit help ook nie om te betoog teen iets – as jy binne jouself besef dat jyself die klaaglike mislukking is . Die betogers se klagtes verskil op elke kampus. dit vertel jou hulle betoog om te betoog. dit wys jou ook watter kaliber mense dit is.

tamboti ·

“The struggle continious until we can struggle no more”

Skep Ties ·

Stem volkome met jou saam nandi. Ek is nog heeltyd van mening dat nie eers op ‘n enkele kampus weet die sogenaamde “studente” presies waaroor betoog word nie. “Transformasie” is vir hulle ‘n snellerwoord. . . Gebruik net dit in ‘n toespraak en jy kan die menigdes kry om te doen net wat jy wil hê hulle moet doen. Hulle is maar net saam vir die rit want dis vir hulle pret om te betoog en omdat hulle kan. Anargiste – dis al wat hulle is. Hulle wil die wêreld sien brand want hulle voel vir een of ander onverklaarbare rede ingedoen en dat die mensdom hulle iets skuld. Nou moet almal anders daarvoor boet. Pateties!

Bokmakierie ·

Hulle sal oor ‘n horderd jaar nog “struggle”, glo my…..én apartheid blameer!

StopTheMadness ·

Die tekort aan insig en logieka is skrikwekkend ! Die agterstevoor om F op die foto sê meer van hierdie betogings as die betogings self. Ek stem saam, #Jansen Must Fall, hoe op aarde kan n rektor na die ontwrigting van die Varsity Cup wedstryd sê die regte van die betogers is vertrap?? Wat rook hierdie man?

Loeis ·

Ja. Dis politieke korrektheid op sy ergste. Mens sou verwag dat akademici slim mense moet wees. Dit is nie altyd die geval nie.

Loeis ·

“Studente kan hulle nie distansieer van die werkers se geveg nie”
En waarom presies nie?! Studente veronderstel om te studeer!

Hul eise rondom rassekwotas en name is deur en deur polities en rassisties. Hul eis rondom Steyn se standbeeld is die kersie op die koek: Steyn het baie lank voor Apartheid geleef. Hulle is niks anders as geweldadige, swart rassiste nie. Jansen het alle rede om hulle dienooreenkomstig te behandel en hulle te skors. Dis maklik. Nie polities korrek nie, maar dis tyd om die probleem reg te maak.

StopTheMadness ·

Steyn se sonde was dat hy wit was, niks meer nie. Ons sien mos die eise wat by TUKS gestel word.

PJ ·

Betogers se regte vertrap ?????Wat van die rugby spelers wat vreedsaam Rugby gespeel het ?

Bach ·

Mense met groot ego’s val die hardste op die ou end. Jansen ek dink jou tyd het aan gebreek.

Michael ·

Ek ken nie vir Jansen maar Cheryl de la Rey moet gaan sy is deel van die probleem

m ·

Daar is ‘n tyd om te kom en tyd om te gaan….. en nou is die tyd om gaan!!! Dis tyd dat daar LEIERS aangestel word wat weet hoe om situasies te hanteer.

DPJ ·

Voor registrasie van student moet hulle onderneming onderteken dat hulle op geen manier die doel om te studeer sal ondermein nie.
Universeteite is daar vir mense om te studeer en geen ander rede nie.
Hoe wil hulle die munisipale verkiesing draai met die soort terrorisma?

SI ·

M … moeilikheid is, wanneer hy gaan word ‘n volgende ‘reggestelde’ aangestel … probleem nie opgelus!!

Hein ·

Ek stem saam Jansen moet gaan. Die UV het nie eers betogers nodig nie, Jansen breek dit vanself af.

Adoons ·

Jansen moet gaan? Uiteindelik iets waaroor ons almal saamstem!

thelsa ·

Soos wat die cANCer beweer hulle is moeg vir ‘white supremacy’ en daarom wil hulle dit verander, so moeg is die res an die land vir banale, wanordelike, onopgevoede, vandalistiese mense wat alles wil breek en afbrand as hulle nie hulle sin kry nie. Maar dit is so al an vroeg af met die stryd tussen die halfbroers Dingaan en Tsjaka waar die een moes dood sodat die ander kan oorheers. Hauk ???

Illa Conradie ·

Geen logika nie. Jansen was nog altyd enige struggle goedgesind. Hierdie is bloot vernietiging sodat almal uiteindelik niks het nie. Niemand is “arm” as niemand iets het nie. Dit is net Afrika se styl.

Johann ·

Ek kan nie insien hoekom Prof Jansen moet gaan nie. Wie gaan in sy plek aangestel word? Hoeveel opvoedkundiges is daar wat sy skoene kan en wil volstaan? Volgens my is hy baie bekwaan. Sal iemand vir my verduidelik asseblief?
Die spelling van “fall” kan moontlik dui op eksterne (buitelandse?) invloede. Ek sal nie verbaas wees nie, want baie van die sogenaamde betogers is glad nie aan ons Universiteite verbonde nie!

Charlize ·

Slapgat as jy my vra, snaaks hoe sekere “mense” se regte belangriker is as ander.
‘n Rugbyspeler se regte word geskend, maar ‘n betoger mag maar, slaan, skop, vloek, aantuigings maak, die rasse kaart gooi, vandaliseer, ons geskiedenis (syne insluitend) afbreek, maar die Vader behoed sy regte word geskend.
Nee wat, lyk my in Suid-Afrika vandag, hoe meer jy soos ‘n bedorwe brokkie, ongemanierde vark aangaan hoe meer regte het jy.
‘n Krimineel is mos maar onskuldig tot skuldig bewys en ‘n slagoffer is skuldig tot onskuldig bewys. – in mooi ENGELS – DYSFUNCTIONAL MUCH!?

hanss ·

Rektor Jansen die ou spreekwoord die wiel draai is weereens waar bewys. U het die onverdedigbare probeer verdedig,nou het dit geboemerang. Sal graag wil hoor hoe u die absolute rassisme soos vervat in betogers se memorandum regverdig.

Eugene ·

Ja, Prof Jansen…. Dieselfde mense vir wie jy jou integriteit opgeoffer het, eis nou jou kop!

Charmaine ·

Ek sien dat almal baie bly is, dat Jansen moet gaan.Nou wil ek sien die beter persoon wat gaan oorneem,en glo my vry,dit sal nie makliker wees vir sekere studente nie.

ALWYN BEETGE ·

Dit is Jansen wat reken dit is “Knowledge in the blood”

hans ·

Verneem dat die standbeeld van Pres Steyn beskerm word aangesie daar pogings was om dit te beskadig.

hans ·

Lees in ander media dat Rektor beweer dat hy doodsdreigmente ontvang het. Ek dink ons het al met vorige geleenthede ook van die sogenaamde dreigemente gehoor. Persoonlik glo ek nie die dreigement stories nie.

Johnny ·

Die betogers en studente moet vir die skade betaal. Toe my seun op Kovsies was en ‘n venster word gebreek het almal in die koshuis ‘n rekening vir die skade ontvang. # Betogers must Fall.

vlooi ·

Hoekom het Jansen “as hy so goed is” hom nie gelug van die paviljoen enbdie betogers gaan toespreek. Nee toe is hy te bang. Die kinders wat bid mag nie op die kampus toegelaat word. Maar terselfde tyd laat die sekuriteit en polisie toe dat die betogers die kampus binnegaan. Nou vra ek waar is die wonderlike Jansen toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.