UV-kampus gesluit ná geweld by rugbywedstryd

Universiteit van die Vrystaat Foto: UV, Facebook

Universiteit van die Vrystaat Foto: UV, Facebook

Die kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal Dinsdag en Woensdag oral gesluit wees ná ʼn betoging deur kontrakwerkers Maandagaand gewelddadig geraak en verskeie mense beseer is.

Die universiteit het Maandagaand in ʼn verklaring gesê die veiligheid van personeel en studente is die bestuur se eerste prioriteit en daarom sal alle akademiese en administratiewe aktiwiteite vir die volgende twee dae afgestel wees.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn reusegroep betogers tydens ʼn wedstryd op die veld gehardloop het waar die Shimlas-rugbyspan teen die Madibaz van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) gespeel het. ʼn Geveg het tussen die spelers en betogers uitgebreek en talle omstanders het ook op die veld gehardloop.

Die universiteit het laat die aand in ʼn verklaring gesê dat lede van die UV se veiligheidsdienste die vrede probeer bewaar het, maar dat hulle verreweg in die minderheid was. “Die betogers is deur toeskouers van die veld af gejaag en aangerand. Beseerdes moes deur mediese personeel behandel word. Dit is in hierdie stadium duidelik dat die betogende groep én die omstanders nie-studente by hul groepe ingesluit het,” het die universiteit gesê.

“Die senior leiers van die UV veroordeel die geweld teen die betogers ten sterkste; niemand het die reg om die gereg in eie hande te neem nie. ʼn Dringende ondersoek is van stapel gestuur deur beeldmateriaal van die voorval te gebruik en geen steen sal onaangeroer gelaat word om diegene wat gewelddadig opgetree het te eien nie, of hulle nou studente is of nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

J ·

Ag tog. Die betogers het dan handgemeen geraak met die spelers op die veld. Wat soek die betogers op die rybyveld gedurende n wedstryd. Moes die toeskouers toe kyk hoe n vriend of familie lid onskuldig aangerand word.

Sue ·

Die rede vir die betogers se optrede was juis om ‘n “saak” aanhangig te maak vir publisiteit teen blankes. Blankes behoort ook vir elke onsinnige rede klagtes by die owerhede indien teen swartes / hulle wil mos nou ZA in KLEURE verdeel.

Boetman ·

Maak mens trots om ons jong mense die veld te sien skoonmaak ….

At Fourie ·

Stem saam met vorige skrywer ….Jy is die stout kind en as jy dan pak kry dan is die een wat die pak gee die vark in die verhaal. Fooitog areme betogers.

hans ·

Blyk dat die ontwrigtende betogers se optrede kondoneer word deur UV bestuur en dat die spelers en toeskouers se regte om n rugby wedstryd in ontspanne atmosfeer te geniet nie ter sake is nie. So betogers se regte is absoluut en hulle mag reg in eie hande neem. N besondere vreemde siening van reg en geregtigheid deur UV bestuur.

Kaspaas ·

Wel die nuus wat tans breek is die aanvalle op wit studente gisteraand op die UV koshuise. En die politieke partye is stil…. almalmoet die berigte stuur na vriende en familie oorsee om verder te versprei. Die aanslag op blankes in die land is besig om n nuwe baadjie tekry en die wereld moet hulle stem dik mask alhoewel n nens weet hulle sal niks doen

Bennie ·

Die senior leiers veroordeel die geweld teen betogers…..
Hoe belaglik wil die spul wees??
Toeskouers het vreedsaam na n wedstryd gaan kyk. Wie gee die spul die reg om die wedstryd te ontwrig?? Genoeg is genoeg.

louis ·

Net dit is die probleem met die land en as die betogers geweldadig raak is dit nie hulel skuld nie dus maak hulle nes hulle wil. Krimenele het meer regte as wetsgehoorsames. Dis nonsens!

Ronel ·

Hulle veroordeel die geweld teen die betogers!!!!!!!!!!!! Dis belaglik.!!!! Wat op aarde soek hulle daar. Betoog hulle teen die rugby wedstryd? Nee kyk genoeg is genoeg. High 5 vir almal wat ingespring het. Dit het lankal tyd geword dat ons ruggraad wys.

r de jager ·

Jammer Kovsies maar die betogers is die varke in die verhaal want hulle het reg in eie hande geneem die oomblik toe hulle besluit het om die wedstryd te ontwrig. Mense gaan nie meer net toekyk hoe barbare hierdie land probeer ontwrig nie.

jerolize ·

Het jul die video gesien waar n betoger n meisie in die gesig slaan.. maar daar word niks daarvan gese nie hul mag dit mos doen hul word beskerm.

M ·

Dit is lankal tyd dat betogers vasgevat word !! Prys ons wit studente vir ondersteuning aan Shimlas en optrede wat ons almal se bloed laat kook.

Kaspaas ·

En nou het UV n pers verkkaring uitgereik waar hulle ten velde trek teen die aanval van die toeskouers op die betogers. Wat kan n mens nog se….

Carike ·

Dis omdat dit blnkes is wat terug bklei het. As dit anders om was is dit gelos en hul weer vrygelaat om aan te ga

Gemsbok ·

Jonathan Jansen het in 2009 ‘n boek geskryf wat deur Stanford University in die VSA uitgegee is met die titel: “Knowledge in the Blood – Confronting race and the apartheid past.”

Die implikasie van die titel is dat Afrikaners op grond van die bloed in ons are byvoorbaat skuldig aan kriminele optrede is en vervolg moet word.

Breyten Breytenbach het onlangs vir Jansen aangevat oor hierdie stelling en die implikasie daarvan, dat Afrikaners maar soos die Jode in Nazi-Duitsland geel sterre op hul baadjies moet aanbring om vervolging te vergemaklik.

Jansen het nie op Breytenbach gereageer nie, maar hy het een van sy nuttige handlangers gebruik om namens hom te verduidelik dat die titel van die boek verkeerd verstaan is, want volgens haar het dit eerder ‘n vraag gestel. Breytenbach het redelik maklik korte mette met hierdie pion gemaak deur daarop te wys dat daar geen vraagteken in die titel is nie.

Die reaksie van die bestuur van die University of the Free State (let op, dit is geen Afrikaanse instelling nie) wat die rugbyspelers en toeskouers beskuldig van geweld en dreig met vervolging, is ‘n verdere aanduiding dat Jansen se boek se titel presies uitspel wat hy glo. Sy optrede teen die twee Afrikanerstudente wat hy summier geskors het weens aantygings van rassisme en wat later onskuldig bevind is, is natuurlik ‘n verdere bewys hoe sy oortuigings sy optrede rig.

Hans Brits ·

Kan julle vir my se hoekom my antwoord op Adele se kommentaar nie geplaas is nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Hans

Jou kommentaar het ongelukkig nie voldoen aan ons bepalings en voorwaardes wat betref lesersdeelname nie.
Vergewis jouself gerus van dié maatreëls om seker te maak dat jou kommentaar nie verwyder word nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

yster 74 ·

Als wat reg was is nie meer reg nie. Die instellings beveilig nie die persele vir die wat wil leer en wat self betaal nie. Ons het nie tyd vir speletjies as dit by ons studies kom nie. Selektiewe vervolging is die ding. Dat n Mens sommer net n nasionale kompetisie so ontwrig en daarmee wegkom. Die amokmakers gaan net aan en aan. Regtig teleurgesteld in tersiere inrigtings. Dat sogenaamde leiers nasiebou op verhoe verkondig en ander opdragte na hul jeugtakke kommunikeer is al n ou ding. As hy met sy pa se geld geleer het sou hy nie by ontwrigtings betrokke geraak het nie.

jerolize ·

Studente van uv kampus… ons moet ophou komentaar lewer en ok ons se se.. dis ons reg om te leer en hulle weerhou ons daarvan ons betaal om daar te wees…

Mick ·

Die betogers het sleg tweede gekom. Nou huil hulle, soos mens sou verwag van lafaarde. Die video wys dat die mense wat die geveg het, het nie net met “punte” gewen nie. Dit was ‘n Knock Out. Mooi so.

Michelle Roos ·

Die aanslag op blankes in die land is besig om hand uit te ruk. Dis tyd dat ons opstaan en terug veg. Die overhede, leiers en regeering is onbevoeg om die situasie te beheer. Almal dans om die betogers en is tog te bang om polities verkeerd te wees. Genoeg is sekerlik nou genoeg!!!!

bekomerde ·

Daar is “instansies” en “individue” wat propegandawerk bedryf. Jammer dat onderwys en opleiding daaroor moet betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.