UV-kampusse tot Maandag gesluit

Betogers op die UV-kampus. Foto: Twitter via @SongzPango

Betogers op die UV-kampus. Foto: Twitter via @SongzPango

Die kampusse van die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal vir die res van die week gesluit wees ná die betogings wat vroeër die week die instansie tot ʼn stilstand gebring het.

Die UV het Woensdag in ʼn verklaring gesê hoewel die situasie op die kampusse Dinsdag deur die nag en Woensdagoggend kalm was, sal akademiese en administratiewe aktiwiteite eers Maandag hervat word. “Die universiteitbestuur sal Donderdag en Vrydag gebruik om die kampus voor te berei vir lesings en te probeer om die finale ooreenkomste met die betogende partye te finaliseer,” het die universiteit in ʼn verklaring gesê.

Gewelddadige betogings het Maandag en Dinsdag op die kampus voorgekom met betogers wat klippe gegooi het, standbeelde en geboue beskadig het en vullisdromme omgegooi het. Die polisie se openbare-orde-eenheid moes ontbied word om die betogings onder beheer te bring en hulle was Woensdag steeds op die kampus indien die betogings weer sou opvlam.

Prof. Jonathan Jansen, rektor van die UV, het Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie gesê hy is teleurgesteld dat sommige werkers en “ʼn klein groepie gelei deur die SR-president” besluit het om te betoog aangesien die universiteit al sedert verlede jaar besig is met onderhandelinge om aan die twee groepe se eise te voldoen.

“Ons is almal baie bewus van die nasionale krisis op universiteitskampusse en die onstabiliteit wat tans heers. Ons is ook bewus van die feit dat verskeie politieke formasies veg vir ʼn posisie in hierdie onrus in ʼn belangrike verkiesingsjaar. Deel van die probleem om aan die onderskeie eise te voldoen, is dat dit uit verskillende politieke oorde kom en kort-kort verander,” het Jansen gesê.

“ʼn Mens kan nie ʼn eeu oue universiteit en sy gemeenskap oornag verander nie. Ons het 32 000 studente op die kampus. Die oorgrote meerderheid is ordentlik en wil brûe bou. Ons het soveel vordering die afgelope paar jaar gemaak, maar dié gebeure [Maandagaand] wys ons het nog ʼn lang pad om te stap.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Suid-Afrikaner ·

Klein groepie mense wat hierdie onluste begin – kyk na die opnames – dieselfde gesigte keer op keer! Al die fokus op ongelukkigheid, maar hulle vergeet of sien nie dit wat reeds verander het raak. Dalk is dit bloot ‘n “klas” verskil en nie ‘n “ras” verskil. Sterkte aan die studente wat vir die regte redes daar is.

Johann ·

Wanneer gaan die mense besef wat die langtermyn gevolge van hulle dade is? Die onderwysstelsel is reeds vinnig aan die vou en ons gaan binnekort met óf swak standaarde van tersiêre onderrig sit, óf dalk geen onderrig en opvoeding nie. Alles in ons land is nou besig om deur sekere elemente vernietig te word ten koste van almal. Dan skitter die Minister van Onderwys ook nog in sy afwesigheid!

Topster ·

Afbrand en verwoes ken hulle beslis goed want dit is wat hulle in die ou dae vir ons gewys het hulle het nuut geboude skole gehat maar dit verwoes en afgebrand en nou is hulle besig met universiteite want as jy gewoond was aan bos bly dit in jou.Dis die Eff wat van universiteit na universiteit reis en anargie besaai en lamsakkige Polisie is net so eenvoudig soos hulle

Sakkie du Plooy ·

En gaan die Universiteit die SR Voorsitter skors? Is dit die SA wat vorige SR Voorsitter Roelf Meyer vir ons beding het?

Riaan ·

Kan maar vir hulle gee wat hulle wil he, dit gaan nooit ophou nie, hulle is te sleg om te leer.

hans ·

Die Rektor doen weereens n eierdans deur die betogende en ontwrigtende werkers en hul vakbonde nie streng aan te spreek nie. Hy moes die VSR en ander lede betrokke by die aanvang van die betogings summier uit hul poste ontslaan het. Se niks oor die studente wat traumatiseer is deur aanval op koshuise.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.