UV keer ontwrigting by rugbywedstryd

Foto: Facebook via Free Education Movement.

Foto: Facebook via Free Education Movement.

ʼn Rugbywedstryd op Shimlapark op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV) is Maandagaand byna ontwrig.

Dit volg amper presies ʼn jaar nadat chaos op dieselfde veld uitgebreek het. Lacea Loader, woordvoerder vir die universiteit, het in ʼn verklaring gesê sowat 20 mense was by Maandagaand se voorval betrokke sowat tien minute voor die einde van die wedstryd tussen die FNB Shimlas en die FNB Ikey Tigers.

“Die groep het deur die ingangshekke beweeg en geëis dat die bestuur ʼn openbare aankondiging oor die Shimlapark-verslag maak.” Die verslag handel oor die ondersoek na die voorval op 22 Februarie 2016, toe betogers tydens ʼn rugbywedstryd op Shimlapark op die veld gestorm het.

Dr. Nicky Morgan, waarnemende visekanselier en rektor, het die groep Maandagaand toegespreek en gesê die verslag is vroeër verlede maand al aan studente se leierskapstrukture bekend gemaak.

Morgan het bygevoeg dat die universiteit se bestuur glo dit was onnodig om dié openbare geleentheid te probeer ontwrig. Daar is ook aangebied om met die leiers van die groep te vergader oor die betrokkenheid van studente in die voorgestelde aksies en voorstelle wat in die verslag genoem word.

“Die universiteit het egter die nodige stappe gedoen om te verseker dat die wedstryd nie onderbreek word nie. Daar was van die universiteit se eie beskermingsdienste en ʼn eenheid van die Suid-Afrikaanse Polisie beskikbaar,” het Loader gesê.

Loader het aan Maroela Media bevestig dat die wedstryd nie onderbreek was nie. “Die wedstryd is klaar gespeel met die finale telling 22-7 in die guns van die FNB Ikey Tigers.”

Maroela Media het vroeër berig chaos het in Februarie by ʼn rugbywedstryd op die UV-kampus uitgebreek toe betogers op die veld gehardloop en die wedstryd ontwrig het. ʼn Geveg het uitgebreek en talle omstanders het glo ook op die veld gehardloop. Die betogers is van die veld verjaag en die polisie was oomblikke later daar. Van die betogers is glo ernstig in die bakleiery beseer.

Die UV het ná hierdie voorval ʼn paneel aangestel, onder leiding van ’n afgetrede regter van die konstitusionele hof, regter Johann van der Westhuizen, om die voorval en die gebeure voor en ná dit te ondersoek. Daar is egter in Januarie vanjaar gesê die verslag gaan nie nou bekend gemaak word nie aangesien die universiteitsbestuur nog daardeur moet werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

lw ·

Dis wat 1ste jaar studente eerder ingeskryf het by ander universiteite al moet hul verder huis toe reis.

Tinus Rudolph ·

Miskien moet die instellings nou maar n nuwe graad aanbied:
BA proteskunde
Hoofvakke.
Kriminolgie en aanvaarbare protesoptrede
So kan hulle dan tydens rugby wedstryde hulle prakties doen

Chris ·

Help my reg. Die medeburgers kan doen en maak soos hulle wil, maar laat hulle net ‘n rugby wedstryd ontwrig, dan is daar skielik reaksie. Wat is fout met ons. Is daar nie belangriker vraagstukke wat aangespreek word as rugby nie. Ek kan dit nie verstaan nie. Ek sien die dag al nader kom wanneer die massas (stille meerderheid) gaan besluit, tot hiernatoe en nie meer of verder nie. Ons leef nog in ‘n gemaksone. Die blanke het nog nie swaar gekry nie. Wie van ons sal optogte ondersteun vir ‘n goeie saak. Wie sal ‘n betalingsboikot instel as iets nie reg is nie. Ons medeburgers doen dit. Ons blankes sit net op ons sterte, kyk rugby en kla so tussendeur terwyl jy op jou stert sit en biltong en tjips vreet.

Chrisjan ·

Jy is reg Chris, ons bly uit die pad uit. Ons wil nie swaarkry nie en ons gaan ook nie. As jy nou nog nie kan agterkom dat die magte hulle bes probeer om blankes in ‘n raskonflik te betrek nie, gaan jy ook nie.
Die magte het blanke konflik nodig om hulself weer te vereenig. Moenie dit vir hulle gee nie, vir so rukkie moet ons nog op ons lippe byt en op ons hande sit. Die liberale tendens draai tog stadig om. Wanneer blankes gesien word as die onderdruktes, dan sal ons opstaan.

Warren ·

Jy lol nie met my vrou, motor of rugby nie. Baie versigtig om nie rugby eerste te sit nie.

Baie goed gestel ·

Ek stem met beide van julle saam. Die blankes was te ‘soet’ en well-behaved, hulle wou ons almal in die tronk inboender of rede soek om van ons ontslae te raak. Nou kry hulle dit nie reg nie. Ongeag BEE en ongeag kwotas en ongeag al die maatreels en wette wat hulle in plek sit om die WITTES by te kom, kom hulle net’ n handjievol by soos Penny Sparrow en Kie. Plaasmoorde is natuurlik ‘n ander saak, dit vermeerder by die dag en die Keiser LAG! Die blankes wat besighede het, neem nie mede-blankes in diens nie, want hulle is bang vir BEE, en ander strafmaatreels. Die ryk blankes sal nie arm blankes se kinders se studiefooie betaal nie, hulle skenk eerder ‘n beurs sodat die universiteit hulle naam daaraan koppel en hulle belangrik voel. ‘n Welgestelde blanke sal nie ‘n wit kind aanneem nie, hulle neem eerder ‘n kind van etniese afkoms aan want dit trek meer aandag. Wittes sorg nie vir hulle mede-wittes nie, en voordat almal dit nie aan hulle boude voel nie, gaan niks verander nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.