UV-rasaanval: Student het glo beserings oordryf

Cobus Muller en Charl Blom Foto: all4women.co.za

Cobus Muller en Charl Blom Foto: all4women.co.za

Mediese dokumente ondersteun glo nie die bewerings van ʼn Vrystaatse student van beserings wat hy opgedoen het toe hy glo deur twee medestudente aangerand is nie.

Cobus Muller staan tereg op vier aanklagte insluitend roekelose bestuur, crimen injuria, poging tot moord en aanranding. Charl Blom staan tereg op ʼn aanklag van aanranding.

Die staat voer aan die twee studente wou in Februarie 2014 op die Bloemfonteinse kampus ʼn medestudent, Muzi Gwebu, met ʼn bakkie omry. Toe Gwebu hulle konfronteer, is hy glo aangerand.

Muller en Blom het altwee onskuldig gepleit op die onderskeie aanklagte.

“Hospitaaldokumente toon alles is normaal,” het Johann Nel, vir die studente, in die streekshof in Bloemfontein tydens kruisondervraging aan Gwebu gesê. “Jy oordryf die beserings, want die mediese dokumente ondersteun nie jou bewerings nie.”

Die vermeende slagoffer het gesê hy kan nie kommentaar lewer op ʼn dokter se verslag nie. Hy het gesê niemand anders kon sy persoonlike gevoelens in die hospitaal ervaar nie.

Nel het bygevoeg Gwebu het só goed gevoel nadat hy ontslaan is, dat hy om 02:00 dadelik na Parkweg-polisiestasie toe is om klagtes aanhangig te maak. ʼn Veiligheidsmotor van die Universiteit van die Vrystaat was by die hospitaal om hom weer na die kampus te neem en klagtes by die instansie se veiligheidsentrum in te dien.

Nel voer ook aan Gwebu se bewerings van ongerief ná die beweerde voorval en aanranding is nie geloofwaardig nie. “Dit word nie deur die dokumente of jou optrede ondersteun nadat jy uit die hospitaal ontslaan is nie,” het hy aan Gwebu gesê.

Die saak duur voort.

Lees ook:
Studente in hof na hulle glo medestudent aanrand
Studente in hof weens ‘rassistiese aanval’
MRK ondersoek ‘rassistiese aanval’ by Universiteit van die Vrystaat
Twee UV-studente in hof oor beweerde aanranding

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Trippie ·

Enigiets net om Blankes aan die pen te laat ry.

Al gaan ‘n leuen ook hoe snel, die waarheid agtervolg hom wel.

Goed gedoen Mnr Nel !

Trippie ·

Dis BARBAARS ! Man weet jy, dit laat my bloed kook. Ek hoop en bid die man herstel ten volle. Ook baie dankie aan die manne wat hom hospitaal toe geneem het.

Trippie ·

CHRISTELLE : Met wie praat jy ?

Indien dit met my is, ek verwys na die skakel wat Gert geplaas het !

Starr ·

Die skokkendste van dié voorval is dat dit blanke seuns was wat so barbaars opgetree het. Die volk het op veel gebiede vervlak!

Christelle ·

Wonder wat die dekaan en studenteraad hoof nou gaan sê ?? #rasism

Christelle ·

Hulle is onskuldig niemand was barbaars nie kry jou feite reg

FW ·

Gestel die rolle in hierdie voorval was omgedraai, dan was niemand geskors van kampus af nie! want blankes is mos nou die enigste ras waarteen daar gediskrimineer kan word.

fanie ·

Wonder maar net wat sou gebeur het as dit n blanke student was wat deur die twee manne “aanagerand” was of dit so aandag sou gelok het …….dink dis tyd om te gaan soek oor wie die tipe voorvalle se aanklag aanhou stoot om in die kollig te bly want so gaan niemand ooit n regverdige dag in n suid-afrikaans hof kry.

Danvig ·

Dit sal altyd erger voorkom as wat dit is. Net soos die reitz aanval. Mar punt is hulle het dit gedoen, of hulle hom wou doodmaak of aanrand. Dus is hul tot ‘n mate skuldig en dis belaglik. Hoe kan afrikaner studente baklei om hulle tradisies in koshuise te behou as hulle mede koshuis inwoners so optree? Duidelik net so opgevoed soos ‘n nie blanke wat ‘n blanke aanval. Dis duidelik nie ‘n ding oor ras nie maar oor opvoeding, waardes en respek. Met hierdie optrede het hulle bewys nie alle blanke mans is superior as dit kom by waardes en goeie karakter nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.