UV-rugby-bakleiery: ‘Aanklagte teen studente ongrondwetlik’

Tydens die wedstryd op Shimla-park op 22 Februarie 2016. Foto: Twitter via @UFS_SRC

Tydens die wedstryd op Shimla-park op 22 Februarie 2016. Foto: Twitter via @UFS_SRC

Briewe wat deur die Universiteit van die Vrystaat (UV) aan verskeie studente gestuur is waarin hulle voor ʼn dissiplinêre komitee gedaag word rakende die voorval vroeër vanjaar toe betogers tydens ʼn rugbywedstryd op Shimlapark in Bloemfontein op die veld gestorm het, is Woensdag as “ongrondwetlik” bestempel.

Maroela Media het vroeër berig talle studente het ʼn brief van die UV ontvang waarin daar geskryf word dat die student “skuldig bevind is” aan sekere aanklagte, soos aanranding met die doel om ernstig te beseer, openbare geweld en die beskadiging van die UV se goeie beeld. Die aanklagte hou verband met ʼn voorval in Februarie vanjaar toe betogers tydens ʼn rugbywedstryd op die kampus op die veld gehardloop het en ʼn vuisgeveg glo uitgebreek het.

Die studente is versoek om Vrydagmiddag by ʼn hotel in Bloemfontein hul dissiplinêre verhoor by te woon.

Morné Mostert, nasionale projekkoördineerder van AfriForum-Jeug, het Woensdag aan Maroela Media gesê dit is verregaande dat die bewoording in die briewe aan die studente daarop dui dat die student reeds skuldig bevind is en bloot die geleentheid gegee word om sy onskuld voor ʼn dissiplinêre komitee te bewys. “Hoe kan die universiteit sommer net besluit dat die studente skuldig is nog voor hulle ʼn kans gekry het om hulself te verdedig? Dit is verregaande.”

Mostert het ook gesê dat daar in die UV se reëls oor studentedissipline aangedui word dat studente ten minste vyf werkdae kennis moet ontvang voordat hy of sy voor ʼn dissiplinêre komitee moet verskyn. “Hierdie studente het gister [Dinsdag] gehoor dat hulle Vrydag moet verskyn. Hulle word nie genoegsame geleentheid gegun om hulself vir die verhoor voor te berei en bewyse in te samel om hul onskuld te bewys nie. Die universiteit gee dus nie aan hierdie studente ʼn billike verhoor nie en dit is nie net teen die UV se eie beleid nie, maar ook ongrondwetlik,” het hy gesê.

Intussen het Gys Macdonald, ʼn pa van een van die studente wat voor ʼn dissiplinêre komitee geroep is in verband met die voorval, aan Maroela Media gesê hy is woedend oor die universiteit se optrede en het reeds regsadvies in die verband ingewin.

“Ek het kort nadat my kind my oor die brief gebel het self telefonies met die universiteit se prokureur gepraat,” het Macdonald gesê. “Hy beweer hulle het beeldmateriaal waarop daar gesien kan word hoe my seun iemand aanrand. Intussen was my seun daardie aand by sy koshuis [wat nie op die kampus is nie] besig om te studeer. Hy kan dit bewys ook.”

Macdonald het verduidelik dat sy seun, ʼn BSc Landbou-student, vroeër die betrokke dag op kampus was, maar net na 18:00 weer by die kampus se hek uit is deur sy studentekaart te skandeer. “Die universiteit se toegangbeheerstelsel behoort dus te kan wys dat hy reeds van die kampus af was toe die voorval by Shimlapark plaasgevind het. Ek het dit vir die prokureur probeer verduidelik, maar hy het volgehou dat my seun reeds ‘100% positief’ as een van die skuldiges geïdentifiseer is. Ek het vandag ʼn prokureur gesien en ek sal hierdie saak beslis nie hier laat nie. Ek is woedend.”

Volgens Macdonald het een van sy seun se koshuismaats ook ʼn soortgelyke brief ontvang. Dié student was ten tyde van die voorval in Pretoria.

Maroela Media het die UV Dinsdag en Woensdag om kommentaar genader, onder meer om uit te vind hoe die aangeklaagde studente geïdentifiseer is en hoeveel studente gedaag is om voor ʼn dissiplinêre komitee te verskyn. Lacea Loader, woordvoerder van die universiteit, het gesê dat ʼn verklaring oor die saak uitgereik sal word. Teen Woensdagaand was daar nog nie ʼn verklaring beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Sharon Anderson ·

Tragies!!!! Die heinings wat afgebreuk word en die dame wat id gesig geslaan is mag mos geen uitwerking op die seuns hê nie. Maar laat hulle net aan een van hulle vat!!! Maak my boos!!!!

Roger ·

Laat ek raai, al die studente wat briewe ontvang het is blank. ‘n Minder subtiele poging van ‘n rassistiese bestuur om wit studente te intimideer.

HEVW ·

Dit laat mens stom. Tipiese optrede van n onontwikkelde derdewereld Afrika land,

Humor ·

Ou Pappot kan in sy benepenheid om die blanke studente by te kom nie wag nie. In sy benepenheid handel hy soos gewoonlik sonder nadenke teen die beleid van sy eie universiteit en ook ongrondwetlik. Dat iemand in so hoe pos keer op keer sy naam met plank slaan is onbegryplik

Henk Badenhorst ·

Interessant hoe hulle nou vinnig die studente kan identifiseer en “skuldig ” bevind terwyl die skurke wat die standbeelde vandaliseer nie vervolg mag word nie.

hans ·

Daar moet nou sterk druk uitgeoefen word dat al die betogers onmidellik ook tugbriewe ontvang. Die ouers moet die beste regsgeleerders vir hul kinders kry. Aanvaar Afriforum gaan die studente ook bystaan.

Frederik ·

Dit blyk dat van die studente wat briewe ontvang het nie eers by die rugbyveld was nie.
Die briewe is dus moontlik deur SANRAL uitgereik.

Johan 2 ·

Dis dalk goed jul plaas nie alles wat almal skryf nie :-#

Rosa ·

Hoekom was die betogers nie geidentifiseer nie. Niks sou gebeur het as hulle nie moeilikheid gemaak het nie. Dit is hoogtyd dat ons begin terug baklei. Ons moet net sit en aanskou en niks doen nie. Wat het geword van studente wat universiteite afgebrand het. R300 miljoen rand skade, is hulle ook skuldig bevind? Wat is hulle vonnis? Niks!!

Lance ·

Hallo wat van die betogers wat ook op beelmateriaal vasgele is ….hulle moet ook onderwerp word aan dieselfde proses …of is die slagoffers nou meer onder vuur as die agressors ….kan dit waar wees

Marius grobler ·

Maak my boos om te sien hoeveel blanke mense kitskosverkopers met drive through bane ondersteun terwyl daar geen blankes dit mag besit of daar werk nie .ons ondersteun die straatverlopers by robots en stopstrate maar min weet julle hoeveel dwelms hulle verkoop stop om by hulle te koop dit lyk gemaklik maak oop jul oe en sondae word die raport deur blankes vrkoop want die media is stadig besig om hul fout agter te kom mense staan by jou eie bloed en ondersteun afrikaans ek smeek julle

Johnny ·

Waar is oud Kovsies regsgeleerdes nou? Staan op vir die mannetjies wat nou alreeds deur die bestuur skuldig bevind is sonder om hul kant te kan stel.
Ry die bestuur bloots tot by oom Daantjie in die kalwerhok. Kovsie bestuur is besig om jul alma mater se naam gat te maak en deur assosiasie ook julle naam.

Bach ·

Die Voorsitter vd Raad is nogal regter vd Merwe. Wonder wat is sy kommentaar.

willie ·

Afrikaans word gehaat in die land… maar o-wee wat is mees gesgde ruimpie? Geldjie asb…. kan beslis bedel in Afrikaans… So ook word die Afrikaanse betalers by UV getraf… geldjie

Dan ·

Hoekom ons steur aan hulle, lag vir hulle, en gaan aan met die lewe asof daar niks is nie. Jansen hoort lankal op pensioen te wees. Dit vat n groot rassis om n kleintjie raak te sien.

Xa ·

Hoe sou enige rasionele groep mense reageer as n massa mense toesak op so n intimederende manier, dieselfde groep wat liedjies sing en praatjies aanhang om jou en jou vriende en familie te vermoor??

pieter ·

het hierdie vandale betaal om inte kom,nee hulle het soos skelms ingesluip,maak dit hulle nie skuldig nie.

Helen ·

Maroela waar is daai foto wat geplaas was tydens daai nuus. Waar daai twee boereseuns(wit) n beseerde moeilikheidmaker(swart) afdra van die veld om hom te help? Snaaks dat daai foto nooit weer gewys is nie?

HEVW ·

Die berig gee te kenne dat die tugverhoor by n hotel in Bloem sal plaasvind. Ek neem aan dit is buite die universiteitsgronde. Is daar dan nie genoeg fasaliteite by die universiteit nie. Daag nie op voordat jansen aan elkeen die skriftelike versekering gegee het wat jul veiligheid by die sg. hotel waarborg nie. En oefen druk uit dat die boewe betogers ook vervolg word. Om dit na te laat, is jansen besig om polarisasie in sy eie universiteit te stook. Ook is dit beslis petrol op die vuur van die eff wat daarop roem dat die wittes die magteloses is wat nie n bestaansreg in SA het nie.

Roelf Kotzenberg ·

Die univ owerheid moet aangekla word dat hul nie die gebied beveilig het nie en dat toeskouers moes ingryp om rugbyspelers te red.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.