UV se studenteraad sê ‘Kovsies’ moet waai

universiteit van die vrystaat 3

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Die Institusionele Studenteraad (ISR) van die Universiteit van die Vrystaat (UV) wil die term “Kovsies” skrap omdat hulle glo dié naam hou steeds met apartheid en diskriminasie verband.

Die studenteraad het in ’n voorlegging aan die bestuur van die UV sy misnoeë uitgespreek oor die gebruik van die term “Kovsies” meer as 20 jaar nadat apartheid reeds tot ’n einde gekom het. Die raad voer aan studente is ook nie ten gunste van die term nie weens die “koloniale geskiedenis” verbonde daaraan.

Die raad voer verder aan dat die term nie die werklike toewyding aan diversiteit en maatskaplike geregtigheid weerspieël nie.

Die UV se naam was oorspronklik die Grey-universiteitskollege (GUK) waarna die naam in die 1940’s na die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat (UKOVS) verander het. Kovsies is afgelei van UKOVS.

Volgens die studenteraad word die term Kovsies verbind aan ’n tydperk toe die universiteit ander rasse, buiten wit mense, uitgesluit het. “Studente voel nie welkom by die universiteit oor dié naam nie,” lui die studenteraad se voorlegging.

In die voorlegging versoek die studenteraad die bestuur om die term van alle amptelike en nie-amptelike platforms te verwyder. “Die universiteit moet homself glad nie meer met die term verbind nie,” sê die studenteraad.

Lacea Loader, woordvoerder van die universiteit, sê die uitvoerende bestuur van die UV is bewus van die studenteraad se beswaar oor die gebruik van die term “Kovsies”.

“Die bestuur is teleurgesteld dat die studenteraad verkies het om uitlatings oor die gebruik van die term in die openbaar te maak en eers daarna ’n formele versoek daaroor aan prof. Puleng LenkaBula, viserektor vir institusionele verandering, studentesake en gemeenskapsontwikkeling, te rig,” sê Loader.

Loader het gesê die universiteit sal met die studenteraad in gesprek tree oor die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Jaco ·

Hoekom gaan jy na ‘n plek as jy voel jy is nie welkom nie? Ek bly weg en gaan dan na die plek waar ek weet ek welkom is.
Hoe moeilik is dit om dit te verstaan?

Kaal Keiser ·

Is als nie maar uit apartheid nie. Die geboue, strate en parke en noem maar op.

ES ·

Lag ek nou sommer hardop – daar is mense van alle kleure wat saam met my werk wat trots is daarop om hulleself “oud-Kovsies” te noem en verbind die term geensins met “kolonialisme” of rassisme nie.

Hul tyd op universiteit, as Kovsies, was van die beste gewees ooit.

Ek dink universiteite moet vir individue wat nie van die term hou nie, die geleentheid gee om elders anders te gaan studeer waar hulle gevoelens nie so seer hoef te kry nie.

Dis ‘n absolute grap.

Andre ·

Ek is nie ‘n ou Kovsie nie maar ek stem saam.Hoekom hoekom alles verander wat goed en mooi met waarde was ? As ons blankes ook moet op loop gaan met alles wat vir ons onaanvaarbaar is en herhinner aan korrupsie,wetteloaasheid ens waar gaan alles eindig ? Ek kan aan lyste dinge dink wat ek sou wil verander as die kans hom eendag voordoen…Name,wette ens.

Sarel ·

” Sal met Studenteraad in gedprek tree ” net kwessie van tyd hulle gaan tog, soos gewoonlik hulle sin kry. Vir alle ” Demands” is die argument altyd dieselfde.

Trotse Boervrou ·

Net soos president Steyn ‘n gerespekteerde man was, is die naam Kovsies ook gekoppel aan ‘n gerespekteerde instelling en gespekteerde studente. “Kovsies” word tans deur die modder gesleep. Verwyder asb die naam. Julle verdien dit nie.

tweeling ·

Nou skielik is julle ewe besorg oor ander rasse behalwe wit. Vertel my nog ‘n leuen.

Charles ·

Plaas dat die Studenteraad eerder hulle aandag bepaal by hulle studies!!! Stem saam met van die ander skrywers, as julle nie welkom voel nie, gaan na waar julle welkom sal voel!!!

Jessey ·

En ek voel seergemaak om in Janaury Masilela straat af te ry want ek koppel die naam an terreur, Terwyl ons besig is gaan ons waarskynlik opeindig op “Afrika Borwa” een van die dae.

My eerlike opinie, op een of ander stadium moet mens ophou beplan en breek, en begin bou anders gaan niks gebeur nie. As jy kyk na die ontstaan van die naam is dit net so goed soos of jy iets of iemand ‘n bynaam gegee het. Kanni verstaan hoekom daar altyd een of ander onderduimse konnotasie moet uitgedink word nie

Jacobus ·

Kwessie van ‘Inferiorotus Maximus’. As julle die laaste steen vernietig het gaan julle uitvind dat julle nie daardie soort vryheid kan eet of op julle sertifikate kan skryf nie. Tree nou die laaste keer ingesprek as dit ‘n goeie naam vir boedeloorgawe is en kry klaar. Het gelukkig nie meer my Kovsie M-sertifikaat nodig nie want jou kwalteit is in jou menswees en bevoegdheid, nie in een of ander kader opdigsel nie. Wanneer die tradisies, fisiese teenwoordigheid van standbeelde, karakter en naam verdwyn is julle nou net ‘n leë skedel.

Nici ·

Is die idee van universiteit toe gaan nie ook maar koloniaal nie? Waarom nie eerder net ophou skoolgaan nie want die euwel kolonialiste het al hierdie aaklige goed Afika toe gebring.

Mia ·

Gaan hulle nou al die skole en universiteite se name verander? Die meeste wat nou gaan swat was nie eers gebore in apartheid nie. Ai, ek is so moeg vir vandag se jeug wat op die apartheid perd se rug bly ry.

SomeOne ·

Indien alle woorde, name julle aanstoot gee, waarom verander julle nie alle name, straat, dorps name na wat julle wil, dan sal niks julle meer “pla” nie

Pieter ·

Nee, die wit velle sal hulle bly pla en herinner aan die ou SA, dus moet daar van ons ook ontslae geraak word.

PH ·

Die blote konsep van ‘n “Universiteit” is ‘n koloniale instelling.
Dis duidelik ver bo hulle vermoë om dit te verstaan.

Althes ·

Ag aarde tog! Maak die HELE universiteit toe en bou ñ ander universiteit.
Kom tog asseblief net oor julle self.

JohanR ·

En nou gaan Prof Francis William Petersen UV rector, seker erg rond spring om seker te maak hy hou die #KovsiesMoetVal brigade gelukkig? Bogger enige ander stemme!

KAIROS ·

Voorwaarts! Is Afrika die enigste plek waar jy iets ‘n ander naam gee en dit vordering noem?
lmga….

marius ·

Haal die spring mielies uit , die britte en yanks wat so gegil het oor Afrikaners se sports het so pas begin . Dink hoe gaan hulle tonge begin knoop as die straatname verander na nigeries , ugandees en sudanees van waar hul slawe voorouers kom , en dan bestuur hulle nog aan die verkeerde kant van die pad ook . Bwahaahaha !

Spiekeries ·

Aag wat! Ek bedank sommer as alumni ook. Tata Kovsies! In my tyd was julle ‘n gerekende universiteit.

Anoniem ·

Ironies hoe hulle altyd teen kolonialsme is maar hulle “kolonialiseer” self alles deur alles wat nou bestaan te wil verander om net hulle sieninge, naratief en bestaan te pas en neem niemand anders se geskiedenis of tradisies ens. in ag nie. What a joke

Blikkantien ·

Wag steeds vir die EFF se gedekolonialiseerde universiteit ( “of sal dit dalk Institute of Higher Learning genoem word”). Almal word toegelaat, niemand hoef te betaal nie en almal kom deur en alle kos, boeke en akkommodasie word gesubsidieer. ‘n Lekker kinderlike droom, ek wonder watter tipe vakke en beroepsvooruitsigte word gevisualiseer.

Michael ·

Die Kovsies van nou en die een in die apartheidsjare is twee verskillende universiteite en so is dit eintlik maar met alle instellings. Dus verander asb alle name want dis ‘n skande om die plekke nog op hul “apartheidsname te noem”. Die huidige plekke is dit eenvoudig nie waardig nie

Mrs H ·

Maar is die hele idee en ontstaan van n universiteit nie dan ook te kolloniaal om by te woon nie?! Belaglik… selfs tandepaste is ook dan te kolloniaal!

Alexander ·

Hierdie militante spulletjie word natuurlik deur ANC regering voorgesê. Buiten dat hulle plaasmoorde beplan probeer hulle hart om ons erfenis te vernietig. Dit is in hul DNA om te vernietig en te moor. Hulle het nie die vermoë om te bou en om vooruit te beweeg nie. Dit is hoekom apartheid die enigste wenresep vir hierdie land was.

Andre ·

Verbied die studenteraad eers om koloniale goedere op kampus te neem. Hulle kan mos maar loop soos wat hulle vereistes is.

Peet ·

Ek stem saam verander Kovsies na Dofsies. Die 30% matriek slaagsyfer slaan mooi deur.

Kosie ·

Hoekom stoot julle nie die hele gebou plat nie, bou julle eie gebou want dit was in apartheid gebou, as jy so voel oor die naam moet jy dieselfde voel oor die gebou. Of werk julle selektief hou net wat vir ons werk.

Grond ·

Kovsies het my oor die jare vier keer ‘n graad gegee waarop ek trots was, maar deesdae voel ek skaam om met hulle verbind te word.

Gerra ·

KOVSIES is lankal nie meer Kovsies! Hulle kan gerus die naam verander. Volgende is geboue…. die biblioteek…. die strate….. die heining….. die dosente…..
Gaan na n universiteit-nie om te leer- om te kerm oor n naam. Wat n verlore spul

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.