UV: Studente se reuse-eis is ‘sonder meriete’

Foto: eNuus

Foto: eNuus

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het gesê Cobus Muller en Charl Blom, twee oudstudente, se eis van meer as R6 miljoen teen die universiteit en sy rektor, prof. Jonathan Jansen, is “sonder meriete”.

Dit kom nadat AfriForum Jeug sy regspan opdrag gegee het om voort te gaan met die dagvaarding namens Muller en Blom in ʼn saak van laster en prosedurele onbillikheid.

Lacea Loader, woordvoerder van die UV, het gesê die universiteit lewer nie gewoonlik in die openbaar kommentaar oor regsaangeleenthede waarby sy personeel of studente betrek is nie. Volgens Loader het die universiteit wel besluit om oor die saak kommentaar te lewer aangesien dit baie publisiteit kry.

“Die universiteit het regsadvies ingewing en beplan om die eise van die voormalige studente sterk teen te staan. Wanneer al die bewyse openbaar gemaak is, glo die universiteit dat daar gevind sal word dat die eise sonder meriete is.”

Muller en Blom eis skadevergoeding nadat hulle verlede jaar van poging tot moord aangekla is. Maroela Media het vroeër berig die twee studente het in Februarie verlede jaar byna ʼn swart medestudent met hul voertuig op die kampus raakgery.

Volgens AfriForum is die studente in dié tyd openlik as misdadigers gebrandmerk. Die hof én die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het hulle egter onskuldig bevind.

Muller en Blom eis R6,15 miljoen wat insluit skadevergoeding vir verkwiste uitgawes en vertraagde toetrede tot die arbeidsmark, asook ʼn lastereis.

“Die boodskap wat ons namens die oudstudente uitstuur is dat niemand onaantasbaar is nie. Te veel studenteleiers of mense in gesagsposisies dink hulle kan sê en doen wat hulle wil sonder nagevolge,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

Die UV en Jansen het vroeër ʼn brief aan AfriForum Jeug se regspan gestuur waarin hulle alle aanspreeklikheid ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Bruno Stef ·

Sussie dit is jou opinie.Dit was laakbaar van Jansen om nie neutraal op te tree nie dit skreeu ten hemele en boonop leen hy sy ore uit aan n leunaar.Sy optrede is daar vir almal om te oordeel en moet nou nie probeer om van Jansen met jou kommetaar n soetkoekie te maak nie.Ek het vir jou voorbarigheid n goeie plan”The best peace possible” skik die saak buite die hof of kry vir julle.

Dave ·

Nou wàt op aarde het Sussie kwyt geraak? Was dit so erg dat dit verwyder is?

willie ·

Prov onthou jy kan hoe geleerd wees met die wereld se grade,om te dink Prov Jansen jy alleen is reg wat jy se,en ander is verkeert.Om regter te speel ,om besluite te neem teenoor persone wat vals beskuldig word deur ander studente,sonder n deeglike ondersoek,deur n onafhanklike ondersoeker wie se werk dit is,soos wat u op u terrein om n vak aan te bied n meester is . As u op eie besluit dit doen! Het ek goeie nuus vir u , Prov jy gaan jou vingers lelik verbrand,ek wonder of u die regte persoon is in daar die pos????

Genie ·

Ek is regtig teleurgesteld in Prof. Jansen. Hy kon so ‘n broodnodige goeie bydrae gelewer het deur elke persoon, ongeag sy of haar velkleur, met waardigheid te hanteer. Hy het egter gekies om die lae gemene raspolitiek speletjie te speel, en dit het hierdie twee jongmanne erg skade aangedoen.

Gerhard ·

Miskien moet mnre. Kovsies en daardie voortvarende rektor van hulle liewer die besluit oor meriete of die gebrek daaraan aan die hof oorlaat. Jansen sit homself bietjie hoog neer. Hy het daardie twee studente en die universiteit nou genoeg skade berokke. Miskien moet hy nou maar net sy smoel hou. Maar selfs dít is bietjie te veel om van hom te verwag. Ek voorspel Jansen en sy mede-verweerders sal iewers langs die pad skik en ‘n geheimhoudingsklousule beding. Want sit jy vir Jansen in ‘n getuiebank kan die skade oewerloos word.

Piet Snot ·

Gerhard, jy laat besef my nou net: sou daai prof in die getuiebank beland, gaan dit ‘n groot grap afgee. Hy sal homself waarskynliknie kan beheer nie, en sy rassistiese onderrok sal waarskynlik sterk uithang – ons het in die verlede mos gesien wat gebeur as hy aan die praat raak.
Wat natuurlik uitstekend sal wees vir die jongmanne se saak.

Andries Erwee ·

ek kan my op geen manier uitlaat oor die meriete van die saak nie. Ek wonder net of almal wat nou kommentaar lewer die hof se uitspraak sal aanvaar. Ek het n vermoede dat dieselfde mense wat nou so verseker is dat die saak aan die regter oorgelaat moet word, die hof pro Anc, regs, kinks of rassisties gaan noem as die uitspraak teen hulle gaan.

Genie ·

Lol Andries, dit is so duidelik soos daglig wat hier gebeur het. Dit is alreeds deur ‘n paar ondersoeke. Maar moet nie bekommerd wees nie, die UV & Jansen het eintlik geen ander keuse as om buite die hof te skik nie.

Indien uitsprake van die howe nie regverdig is nie, is die publiek se reg en plig om daarteen te skop.

Vat so Katvis ·

Dis reg, laat hulle hoes en die duur les leer dat jy nie voor die voet sommer aantuigings kan maak net om jou naam in n swart gunstige boekie opgeteken te kry nie. As jy nie daar was nie moet jy jou mond hou.

Bruno Stef ·

Wat sou die situasie gewees het as die rolle omgeruil was.Dit sou optogte en stakings/plundery tot gevolg gehad het met onmiddelike SG transformasie eise.Die mense agter die gebeure is oppertuniste met die belastings betalers gelde wat hulle kwistig gaan gebruik om hulle werklike agenda te kamoefleer.Ons het nou mos al waargeneem hoedat sake met meriete in SA net eenvoudig ontken word en vreemde interpretasies daaraan geheg word.NWU is n sprekende voorbeeld van hoe die mense opereer saam met die liberale media om hulle self te verontskuldig.

Capt. (Retired) Paulus Antonio ·

Stop jumping the proverbial “gun” by judging a matter that, is at this stage still sub judice. Our courts of law are therefore much more competent enough and, will in the end be giving a judgment that is just and fair, unbaised, in the interest of all and, not in the least based on racial and personal subjective like in most of the comments given under this column except for a certain alias Andries Erwee, who is as a matter of fact reason logically like a law professor. Wake up and start being objective like our courts of law who are applying the law accordingly based on the facts and merits of each case serving before them.

Henry ·

Kêptin (ge-retaaier) Antonio
Alvorens jy alle standpunte wil verdoem wat nie met jou eie veroordelinge ooreenstem nie, moet jy asseblieftog vrede maak met die feit dat alle siele in hierdie droewe land die volste reg het om hul menings te lug. Selfs al sou dit politiek inkorrek wees, of negatief reflekteer op siele wat hulself in leiersposisies bevind, maar soos skarmunkels optree.
Henry (Springlewendig)

Dave ·

Henry, ek het die geretaaierde ou ‘n keer of drie aangeval omdat hy sê sy huistaal was Afrikaans maar nou weier hy om Afrikaans te praat maar hy soek steeds die Boere se geselsskap. Daarna het ek ander dinge begin raaksien en ek dink net net miskien is hy soort van ‘n bokspromoter – ‘n komediant wat optree as moeilikheidsoeker om fights uit tr lok. Én hy doen dit op soort van ‘n friendly way.

chris ·

Henry,Dave.
Dit is verbasend hoe hierdie mense soos pitswere verskyn en dan net verdwyn as daar bietjie druk(deurdagte argumente) na hulle kant toe geplaas word.

Philemon (The wise one) ·

Ek dênk hy is hierie man. Het hom gasien op LinkedIn
“A former professional police captain with the South African Police. At one stage one of the youngest station commanders in its history. But only 23 years old at the time. He travelled and lived overseas for quite a long time but had to return to SA, due to personal reasons. These days a full-time lecturer and, indeed a stalwart in his field of professional expertise.”

Pieter ·

Sê aan die proffies aan die regsfakulteit dat daar nie ‘n ding soos “sterk teenstaan ” is nie. Dit is bloot teenstaan punt. Wie swot daar regte, jammer boet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.