UV verbied alumni om reünie by koshuis te hou

Die Universiteit van die Vrystaat se hoofkampus. (Foto: UVS)

Die 50 jaar-reünie van oudstudente van Huis Armentum van die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein is enkele dae, voor die geleentheid Saterdag sou plaasvind, gekanselleer.

Prof. Prakash Naidoo, waarnemende rektor en visekanselier, het die oudinwoners van Huis Armentum, voorheen Huis Verwoed, in ʼn brief Donderdag meegedeel dat die koshuisstudente teen die alumni se besoek gekant is.

Luidens die brief het die oudinwoners se versoek om die koshuis te besoek, op ʼn tyd gekom wat sake op die kampus uiters sensitief is.

“Die studente van Huis Armentum het aangevoer hulle het sekere inligting van die reüniekomitee as negatief ervaar en die negatiwiteit het die potensiaal om die universiteit te ontwrig.

“Ons hoof van studentelewe het Woensdag met die koshuis se inwoners vergader, maar hulle was nie bereid om die alumni toe te laat om die koshuis te besoek en op 1 September van die geriewe vir die funksie te laat gebruikmaak nie. Ten spyte van onderhandelinge, het die studente die standpunt gehandhaaf,” het Naidoo gesê.

Volgens hom het dit die bestuur van die UV genoop om die geleentheid in die beste belange van die studente en alumni te kanselleer.

Die alumni van die koshuis het verlede week hul misnoeë oor die besluit van die universiteit en studente uitgespreek, veral nadat die besoek vroeër die jaar deur die universiteit goedgekeur is.

Oudstudente was verder ontsteld om te hoor dat lede van die nuwe studenteraad glo besluit het om memorabilia van die koshuis te verwyder.

Neels de Villiers, voorsitter van die reüniekomitee, het bevestig die reünie het toe wel sonder enige voorval die afgelope naweek by Bobbiespark, die polisie se rugbyklub in Bloemfontein, plaasgevind.

Die reüniekomitee het oor die naweek besluit om ʼn beursfonds te stig vir presterende studente van die koshuis en universiteit nadat van die alumni aanvanklik Vrydag gedreig het om hul bydraes aan die universiteit en koshuis te staak.

De Villiers het ook gesê hulle wil die memorabilia “wat die inwoners geïrriteer het” na ʼn reüniekamer, weg van die kampus skuif. Dit sluit in borde van die primarii van 1968 tot 2006, wat in die voorportaal van die koshuis gestaan het, in, asook van lede van Huis Verwoerd wat in dié tyd op die studenteraad gedien het en al die studenteraadvoorsitters.

“Ons het ook al die memorabilia wat Woensdagaand uit die koshuis verwyder is, teruggekry en dit is tans in veilige bewaring tot ons ʼn geskikte plek kry om dit permanent uit te stal.”

Die oudstudente het aangedui dat hulle met prof. Francis Petersen, die rektor van die UV wat tans oorsee is, en die inwoners van die koshuis wil gesels sodat hulle op hul manier kan help om die land vorentoe te neem.

Die bestuur het ook gesê hulle hoop om gesamentlik nuwe en innoverende maniere te vind om bande tussen die alumni en Armentum te versterk en sal verdere gesprekke met die alumni hieroor hê.

Maroela Media het vroeër in Augustus ook berig dat die UV verskeie openbare verhore sal hou om sodoende die lot van die Marthinus Theunis Steyn-standbeeld op dié universiteit se hoofkampus te bepaal.

Sonwabile Dwaba, nuutverkose studenteraad-president (SR-president) van die UV en EFF-verteenwoordiger het glo pas ná sy verkiesing twee weke gelde gesê dié standbeeld moet verwyder word en dat wit studente en hul geskiedenis nie welkom op die kampus is nie.

Die UV het in verklaring kort daarna gesê dat wit studente, net soos enige ander studente, by die universiteit welkom is.

Petersen het benadruk dat die universiteit hom verbind tot diversiteit en inklusiwiteit van alle studente en uitings wat nie met hierdie visie strook nie, is onverskillig en sal nie verdra word by die universiteit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Hendrik UAE ·

Maklik;Oud studente en hulle herinnerings nie welkom nie.SO OOK NIE HULLE GELD EN TYD NIE. Maklik weerhou jou geld.Spandeer dit aan n plek waar jy en jou herinnerings welkom is.

jennefer ·

Reg, gee die geld vir Helpende Hand vir rentevrye studie lenings.

Wonder maar net ·

Verdien die SR-“president” sy titel as hy nie saam met die UV se siening stem nie – deel van die opstandige en wettelose SA

Andrea ·

Hoe minderwaardig moet jy nie voel nie deur bedreig te voel deur ander mense se geskiedenis!

Thinus ·

Dit gebeur as ‘n universiteit polities korrek probeer wees. Nou is blanke sudente nie meer welkom nie. Tipiese eff mentaliteit, uiters rassisties. Weerhou alle gelde van UV, laat die eff hulle vergoed.

Marcus ·

Alumni van die ou Afrikaanse Universiteite moet hulle geld eerder kanaliseer na Akademia. Daar word onbeskaamd in Afrikaans onderrig gegee sonder dat studente die vyandige omgewing van EFF en ANC studente hoef te beleef.

Wonder net ·

Nee wat. Waarom nou ‘n beursfonds stig?
Dit help nie om te wys jy wil saamwerk ens. ens. ens. nie.
Julle was nie welkom nie. Niks waaraan wit geraak het is welkom nie.
Moenie dink die beursfonds gaan die studente se siening verander nie.

Johann M van Heerden ·

As die SR voorsitter wel gese het dat wit studente nie welkom is aan UV nie, wil ek net graag weet hoekom hy nie van rassisme aangekla word en tronk toe gestuur word nie? Alles wat ‘wit’ is moet ‘swart’ soos die sokkerspan Daar kraai geen haan oor die ‘swart’ nasionake sokkerspnne nie. Hoekom nie?

marous ·

Nou wys julle staal en weerhou julle geld , of beter nog gee dit vir Afrikaanse organisasies wat ou mense moet versorg .

Wonder maar net ·

Hoe het meneer die SR-president die titel verkry?? Seker net soos al die ander wettelose en korupte landsburgers

HOU OP ·

MAKLIK, HOU DIT ELDERS EN SLUIT DIE ‘ongemaklike studente’ heeltemal uit. EN ASB TOG HOU NOU OP OM DIE PLEKKE TE BEFONDS… sluit ook julle BEURSIES

Ag asb tog ·

Weet jy ek hou daarvan as OUD STUDENTE pakkry .. want hulle wil nie glo en sien wat besig is om te gebeur nie .. WITTES word verbied op die kampus deur die SR voorsitter maar niks word aan hom gedoen nie .. OUD STUDENTE word geweier om ‘n funksie te hou en STEEDS WIL HULLE GELD in hulle INDRUK .. julle moet maar lekker julle geld in die water gooi . ek LOVE dit dat julle ‘n skop in die tande kry .. JULLE WIL NIE HOOR NIE, julle wil by beursfondse stig en INKRUIP by mense wat julle WEGGOOI!

Anoniem ·

Een van die dae brand hulle in elkgeval die universiteit af .neem julle fondse en begin n nuwe universiteit.met ons eie kultuur

Rupert Ashford ·

Enige Afrikaner alumni van Kovsies wat nog geld skenk aan daardie instansie het klippe in hulle kop.

Fortis ·

Enige Afrikaner alumni van ENIGE SUID-AFRIKAANSE UNIVERSITEIT wat nog geld skenk aan daardie instansies het klippe in hulle koppe.
Gee eerder jul geld vir Solidariteit se Boufonds ten behoewe van Akademia.

Eish ·

Daar neem jy die woorde so uit my mond!
Ek staan verstom oor die alumni se kruiperigheid!
Vat jou goed en trek Ferreira!

WIEBOA ·

Julle is nie welkom by UV nie, so los hulle uit en moenie julle geld vermors op die UV nie.

Catherine ·

Kom ons gee nou ons geld vir Akademie. Ek het by U.S geswot….skaam my vir wat by al die kampusse gebeur. My opgevoede kinders, swot oorsee. …waar anders moes hulle gaan. Skaam my vir feitlik alles in hierdie land

Alek ·

Skenk liewer jou geld aan Akademia en help hulle groter raak. Laat Dwaba maar vir uncle Malema gaan vra vir sy ondersteuning.

christa ·

ek steun die kanselier. Hoekom wil hulle die reunie daar gaan hou?. Dis jare gelede en heeltemal vreemde mense wat daar nou gehuisves word. Hou reunie op ander plek. Hulle sal die huidige inwoners net verongerief.

Eish ·

Watter deel van prof. Praatkas Naidoo se kommunikasie verstaan die alumni nie?
Hulle soek nie wittes en hul geskiedenis op kampus nie. Dis mos nou mooi duidelik. Hul soek ook nie jul geld nie aangesien die paternalistiese regering tans die funksie vervul, en daar is heelwat minder voorwaardes aan gekoppel as n beurs wat weer n hengse klomp koloniale voorwaardes gaan hê. Bel vir Flip Buys, hul het plek vir beurse met voorwaardes.

Gerhard ·

Lyk my versoening werk nie so lekker hier nie, wag dit werk nie so lekker enige plek nie.

Hans ·

Die Eff het basies die universiteit oorgeneem , nou is my vraag aan wie gaan die studiebeurse toegeken word. Die universiteit bestuur is bang vir die groepie studie en sal altyd ‘n politiek korrekte besluit neem.

Johan Pieterse ·

En dan adverteer hulle oor die radio wat se goeie universiteit dit is om jou kind heen te stuur. My kind sal nie welkom wees daar nie.
Soos al die polities korrektes is historiese waardes van geen belang nie. Dis hoekom hulle by ander universiteit vraestelle opskeur omdat te moeilik is. Dis polities korrekt. Sit almal deur.

Rupert Ashford ·

Ondersteun ons eie taal, gee jou geld liewer vir akademia.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.