UV-video: EFF sê studente ‘is uitgelok’

‘n Skermskoot uit die video.

Die EFF-studentekommando (EFFSC) aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) sê EFF-studente wat Dinsdagmiddag ʼn personeellid op die universiteit se Bloemfontein-kampus aangerand het, was “uitgelok” om dit te doen.

ʼn Video van die voorval toe ʼn gestoei tussen die personeellid en betogende studente op die trappe van ʼn kampusgebou ontstaan het en die personeellid grond toe geruk is, het sedert gister opslae op sosiale media gemaak. Maroela Media het vroeër berig AfriForum Jeug het ná die voorval ʼn klagte teen die EFFSC by die UV ingedien.

Die EFF-studentekommando het in ʼn verklaring wat hy na aanleiding van gister se betoging uitgereik het, nie die voorval ontken nie, maar was blatant onapologeties daaroor. “Die personeellid betrokke by die kwessie is verantwoordelik vir die gewelddadige interaksie wat op die verskeie video’s in die openbare domein gesien kan word. In hierdie rekords [sic], kan gesien word hoe hy die geweld uitlok deur hardhandig deur ʼn groep vreedsame studente te stamp in ʼn poging om hulle om te stamp, en die studente het met geweld gereageer in ʼn poging om hulself teen die oortreder te verdedig,” lui die verklaring.

“Die EFFSC is onapologeties oor ons ondersteuning van die studente se betoging en moedig studente wat [deur die betrokke kwessies] geraak en nié geraak word nie aan om die betoging tot die einde deur te sien. Oorwinning is ʼn sekerheid.”

‘n Skermskoot uit die video.

Die betogende studente se ontevredenheid spruit uit finansiering van die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS). Lacea Loader, direkteur van kommunikasie en bemarking aan die UV, het aan Maroela Media gesê die studente dring daarop aan dat die universiteit onmiddellik NSFAS-toelae aan hulle betaal.

“Die universiteit het vroeër vanjaar met die Studenteraad van die Bloemfontein-kampus ooreengekom dat studente gedurende die eerste week van elke maand betaal sal word. Gister het studente geëis dat toelae wat bedoel is om in die eerste week van Junie betaal te word, onmiddellik betaal word. Die toelae vir Mei is reeds in die eerste week van Mei betaal,” verduidelik Loader.

“Die universiteit se bestuur sal poog om met die studente in gesprek te tree om enige verdere kwessies rakende NSFAS uit te sorteer.”

Loader sê die aanranding van die personeellid, asook bewerings dat studente fisiek geïntimideer is tydens die betoging, sal dringend ondersoek word. “Enige sodanige kriminele optrede, asook onbehoorlike ontwrigting van akademiese aktiwiteite, sal in ooreenstemming met die universiteit se dissiplinêre prosesse en kriminele wetgewing hanteer word.”

Die EFFSC voer egter aan dat studente se besware heeltemal geregverdig is. Volgens die party het studente wie se aansoek vir private akkommodasie ná 14 April vanjaar goedgekeur is, nie hul volledige kos- en verblyftoelae vir Mei ontvang nie.

‘n Skermskoot uit die video.

“Dit beteken hierdie studente moet heeltemal op die R941 staatmaak om hul akkommodasie te betaal en maaltye te koop vir die hele maand van Mei, synde bewus te wees van die eenvoudige feit dat eksamens aan die gang is. Dit beteken die studente wie se aansoeke vir private akkommodasie ná 14 Mei goedgekeur is, sal ook nie hul volledige kos- en verblyftoelae vir Junie ontvang nie.”

Die studentekommando voer verder aan studente is ook ongelukkig oor aansoeke vir private akkommodasie wat “al twee tot drie maande gelede by die kantoor vir finansiële hulp ingedien is”, maar steeds nie geprosesseer is nie. “Die studente sal deur die eksamen moet gaan met ʼn tekort aan kos en die stres daarvan om die betaling van hul huur uit te stel by hul arrogante en aggressiewe verhuurders.”

Die EFFSC het gesê hy eis dat studente se kos- en verblyftoelae summier ten volle betaal word, dat studente wat vir private akkommodasie aansoek gedoen het onmiddellik reaksie op hul aansoeke kry, en dat die universiteit nagraadse studente wat aanvanklik deur NSFAS gefinansier is se studies moet betaal en die skuld op hul studenterekeninge moet afskryf.

Loader sê akademiese en administratiewe bedrywighede op die Bloemfontein-kampus gaan vandag soos normaal voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Pim ·

Wat van hulle werk vir hulle toelaag?!

Niks in die lewe kom verniet nie. As ek geld wil he dan moet ek daarvoor WERK!

Ander Jacques ·

Pim, hulle werk vir hulle toelaag? Sal nooit gebeur nie. Die groot verskil tussen ons (ou garde) en hulle (nuwe generasie) is dat ons met ‘n kapitalistiese uitsien groot geword het. (Met ander woorde, ons sal hard werk vir dit wat ons wil he) Hulle aan die ander kant word met ‘n Sosialistiese agenda groot gemaak. (Met ander woorde, hulle ontvang alles van die staat, wat hulle wil he)
Hierdie twee sienspunte veroorsaak konflik. Gekoppel aan dit is die feit dat daar geen respek is vir niks nie. Hierdie twee faktore saam, is baie moeilik om reg te maak…

Johann cb ·

Daar word deesdae betaal om die studente van behuising te voorsien, nie om te studeer nie!

PIETER ·

Jacques, ek stem, my seun EN dogter…. Dis NOOIT hulle nie…. Die kamer het homself omgekrap en die koppies en borde het self kamer toe geloop. Om te dink ek het by daardie instansie gewerk tot en met 1996. Dankbaar ek is nie meer tussen die klomp nie.

Spook ·

Lekker lag ek nou…. Wil voor kom of ons kindertjies almal vreeslik onskuldig is????

Koos Ubuntu ·

Betaal die volle beurs aan hulle uit, binne n maand gaan julle baie minder studente oorhe om voor klas te gee, dalk kan die wat rerig wil leer dan toegelaat word

waarheid ·

Ek het al sulkes gesien – maar nie in ‘n moderne samelewing nie.

K ·

Kyk na die klere wat die “studente” aantrek, vat alle geld weg, en los hulle.

Christo Conradie ·

UV se blanke (DA) hooggeplaasdes het mos Afrikaans uitgewerk ten gunste van Engels. Hoop hulle geniet nou hulle engelse studente se kultuur.

Boerin ·

Ons betaal vir daai klere,fone en ontwerper skoene met die toelae wat hulle kry! Ek sou regtig wou weet hoeveel studeer regtig en hoeveel is daar om elke week moeilikheid te maak! ANC se baba…hulle sien by die ouer kaders wat aangaan…die word vd een belangrike pos na die ander geskommel.
Hartseer om te dink nog 5 jaar van wanbestuur en korrupsie wat voor le!

Net so ·

Ennnnn moenie vergeet van die data en rekenaars waarmee hul voorsien word nie. Ek betaal oor die R2000 aan belasting per maand en daarom kon ek nie eens bekostig om my kind te laat leer nie.

Anoniem ·

Dis hartseer dat ons kinders blootgestel moet word aan die swak gedrag op kampus. Ek hoop Ufs tree op teen die skuldiges. Geweld en aanranding op kampus kan onder geen omstandighede goedgekeur word nie!

Kobus ·

Dit is moes nooit die swarte se skuld nie, die EFF is `n grap.

Phillie ·

Kobus,
Ongelukkig is daardie grap (eff) ‘n baie baie gevaarlike grap wat nog baie bloed gaan laat vlooi in hierdie land

Blommie ·

En dis nou ons NUWE jeug se RESPEK teenoor ouer mense.
Jammer kan nie eers die woord respek hier gebruik nie. want dis die laaste ding wat belangrik is, is respek.
Gee menswaardigheid, respek, VERANTWOORDELIKHEID niks NIE.
As dit my kind moes wees, sou ek sou ek my kop in skaamte laat sak het.

Kolle ·

@Felix, ons dorpe is nou die nedersettings. Dis nie meer buite of daar ver nie.

Andreas ·

JG, ek was klomp jaar gelede deur, so paar booswigte van ‘n bende ge-identifiseer toe ek op ‘n looparea deur ‘n tuin voor die burgesentrum loop, op pad na een van die winkels wat daar langsaan in ‘n arkade is. Die volgende oomblik sien ek ‘n ou ‘n hele ent voor my, iets beduie my aan sy houding hier kom probleme, toe sien ek hy kyk verby my en ek hoor voete, maar ek trek daar weg en loop die ou uit die aarde, laat spaander oor die rotstuin en het genadiglik weggekom. Maar het jy al ooit soos ‘n vasgekeerde dier gevoel wat gejag word, daardie bevrees in jou?

Leon ·

Soos ek die UV ken gaan hulle eerder die personeellid aankla.

Hanelie ·

Snaaks hulle het niks foto’s of video van die kastige uitlokking nie. Sou dink hulle sou te graag daai bewyse wou versamel?

Klip ·

Dis hierdie optrede wat mens van vooraf weer heeltemal negatief maak! As mens gratis wil swot, moet jy maar bereid wees om ook gratis te werk?? Niks in die lewe is verniet nie. Die optrede van die studente is heeltemal onaanvaarbaar, maar ek sien nie ‘aanranding’ in die video nie?

KLIPDOM ja ·

janee om iemand by TRAPPE AF TE STAMP is mos nie aanranding nie? Dit is mos ‘n AKSIE VAN LIEFDE NE?

Spook ·

My kinders is nog jonk, my oudste het n kop aan sy lyf en droom daarvan om een dag te gaan studeer, maar hoe stuur ek my sag geaarde kind is so nes in

Rerig??? ·

Ek dink die EFF het dai man verhinder om sy werk te gaan doen, deur sy pad op die trappe te versper.
En volgens die EFF het hy hul getart omdat hy wou wys hy sal loop waar hy mag en sy werk gaan doen. Of moes hy dalk die heeltyd buite gestaan het en saam rondgespring het soos ons weet wat.

Erika ·

Hulle moet verban word op alle kampusse om hul EFF klere te dra..EFF dink hulle voer ‘n skrikbewind uit as hulle hulle rooi kleertjies aanhet. Verban dit soos hulle als verban wil hê wat hulle nie pas nie.. Hulle vergeet hulle is daar om te leer en nie ander te mense te pla nie. Verban hul klere van kampusse!!

Koos ·

MM: die Afrikaans vir “EFF Student Command” is “EFF Studente Bevelsgroep” en nie “Studentekommando” nie.

Susan vl ·

Hoeveel keer is ons blankes uitgelok…
Vieslike gedrag onaanvaarbaar.
Walglik!

San ·

Geen wonder Vrystaat Universiteit se aansien is besig om te vervaag. Was eens ń top univetsiteit. Ek sal nie verniet nou daar wil studeer nie.

SUEKI ·

JA NEE WAT HY HET DIE UNIVERSITEIT OOPGEMAAK VIR MOEILIKHEID EN TOE…HARDLOOP HY WEG.DANKIE TOG MY KIND WOU NIKS WEET VAN GAAN STUDEER BY KOVSIES NIE,SY EERDER GEKIES OM 4 URE WEG TE GAAN STUDEER.

Kuhgirl ·

Is dit dieselfde studente wat die rommel herhaaldelik gestrooi het tydens hulle vreedsame protesoptrede op die Kovsies kampus en gereken het die student wat dit oor en oor opgetel en in die vullisblik gegooi het het hulle geprovokeer?

mini ·

om net te wil he is die norm, ek vra person waarmee kan ek hom help, hy se hy wil rek open, ek se ek het FICA nodig, hy se nee , hy is oud mk lid en het nie nodig nie, want hy bly verniet en krag ook verniet… ek staan vas … hy vereeg hom en kla by wag dat ek problem is… ek wit dis hoekom ek nie wil help nie… hy probber my uitlok om iets te se, maar ek ou hand en val nie daarvaar nie, hy baie kwaad

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.