UV waarsku oor gevolge as klasse nie hervat

universiteit van die vrystaat 3

Hoofgebou op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat Foto: UV Facebook

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het Saterdag vir sy studente ʼn donker prentjie geskets van die praktiese implikasies indien betogers nie toelaat dat akademiese bedrywighede Maandag hervat word nie.

Prof. Nicky Morgan, waarnemende rektor van die universiteit, het in ʼn verklaring, wat ook aan al die studente gestuur is, gesê dit is noodsaaklik dat studente ʼn manier vind om te betoog en protes aan te teken sonder om die toekoms van huidige studente en die land se dringende behoefte aan skaars vaardighede in gedrang te bring.

“Indien klasse nie Maandag 10 Oktober 2016 hervat word nie, sal ongeveer 6 000 studente nie volledige transkripsies van hul grade en sertifikate vir hul kwalifikasies ontvang nie. Die universiteit het tans 3 238 studente wat met NSFAS-beurse [die nasionale finansiëlehulpskema vir studente] studeer. Nie een van hierdie studente sal in staat wees om volgende jaar vir ʼn beurs aansoek te doen nie. Hulle sal geag word as studente wat hul kursus gedruip of nie voltooi het nie. Hulle sal dus nie net hierdie jaar verloor nie, maar ook die geleentheid om in die toekoms te studeer,” het Morgan gesê.

Weens die klastyd wat reeds verlore gegaan het, moes die universiteit ook noodgedwonge die akademiese jaar met een week verleng, dosente moet Saterdae en Sondae werk en hulle moet langer ure deur die week insit om al die werk af te handel voordat studente eksamen moet skryf. “Studente oorskat die gewilligheid van akademiese personeel om dubbeld klas te gee of om die akademiese jaar nog verder te verleng tussen klasgee en eksamens deur. Dieselfde geld vir al die administratiewe en ondersteuningspersoneel wat nodig is om ʼn universiteit te bedryf.”

Morgan het gesê die universiteit sal ook nie volgende jaar eerstejaars kan inneem nie, aangesien die huidige studente hul tweede semester sal misloop en volgende jaar sal moet oordoen. “Ons het nie die kapasiteit om dubbeld die normale hoeveelheid studente in die tweede semester te onderrig nie. Studente wat hierdie jaar moet voltooi om te gradueer, sal nie kan graad vang nie. En wat sal gebeur met die studente wat eerstesemester-modules moet herhaal? Dit sal ʼn uitkring-effek hê op al die studente omdat eerstejaar-studente nie sal aanskuif na hul tweede studiejaar toe nie en die tweedejaars nie kan voortgaan met hul derde studiejaar nie, ens.”

Hy het bygevoeg dat die universiteit wel die stryd vir gratis onderrig ondersteun en saam met die studente wil werk om druk op die regering te plaas om verskeie voorstelle om gratis onderrig haalbaar te maak, te oorweeg. “Ons is egter ook toegewyd aan ons belofte om onderrig aan al ons ingeskrewe studente te bied en dit is absoluut noodsaaklik dat klasse volgende week hervat word.”

Die UV het einde September besluit om sy reses met ʼn week te vervroeg weens gewelddadige betogings wat op die kampus gewoed het onder die vaandel van #FeesMustFall. Die akademiese bedrywighede is veronderstel om Maandag ten volle op al die universiteit se kampusse hervat te word.

“Die interdik teen gewelddadige protesaksie by die UV is steeds in werking. Die polisie sal ingryp indien die interdik nie gerespekteer word nie en die UV het geen beheer oor die polisie se optrede nie,” het Morgan gewaarsku.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Oosie ·

Sterkte! Soos nou by Wits bewys is gaan die polisie niks doen nie, ongeag die interdik. Daar is geen politieke WIL om hierdie snuiters te stuit nie.

John ·

Party rotte weet darem net wanneer om die sinkende skip te verlaat waarvan hulle die boden help stukkend vreet het.

Cherokee ·

Sommige kommentators verwys (vraend) in berigte na hulle as toekomstige leiers. Daar’s hoegenaamd nie ‘n kans nie. Hulle bewys hulself as lyers met luiers.

Sosiale media onderrig is die oplossing ·

Dosente kan eenvoudig klas groepies stig op sosiale media en sodoende leiding gee vir studente om voor te berei vir die eksamen.

Jon ·

Die situasie is dringend en plan sal gemaak moet word, al is dit vir eers om net sosiale media te gebruik om die laaste klasse van die jaar aan te bied.

Kurper ·

Stig n facebook groep vir elke klas en laat die studente so studeer. Daar is geen manier dat die betogers FB sê kantore in Amerika kan afbreek nie want daar word darm wet en orde gehandhaaf.

forel ·

ons het so gesien kurper. media het net argiefmateriaal uit due “doomsday” flieks gebruik om Suid Afrikaners te intimideer nadat polisie n swart mens doidgeskuet het.

Haai ·

Forel, die punt hier is dat die betogende studente nie FB/ whatsapp sê kantore sal kan gaan afbrand nie, daar om is dit n goeie alternatief in hierdie tyd van druk om die akademiese jaar te red.

Knormoer ·

Wat is die Afrikaanse ekwivalent van die gesegde “Your chickens coming home to roost”.

Lance ·

Asof hulle nou sal luister na die waarskuwing ….dis juis wat hulle wil he mos !

Dark.O ·

Stem saam.
Watter impak dink die sogenaamde bestuur van die UV sal hierdie tipe huilbriefie op studente wat standbeelde en geboue aanval, ontklee tydens betogings, waansinnig skree, zebras wil vang en braai, klippe gooi, brande stig en ontlasting rondgooi, hê? Moontlik word hulle net in hulle kwaad gesterk.
Watter geloofwaardigheid het die UV in elke geval? Hulle gaan met hofuitsprake om soos Hlaudi van die SAUK…

My opinie ·

Aanlyn-klasse, ook vir die toekoms is die antwoord. Geen intimidasie, vansalisme en ontwrigting nie. Slegs dié wat régtig wil studeer en selfddissipline kan handhaaf sal sukses behaal. Weg met die vrot appels!

Mani ·

Aanlyn klasse, sosiale media en tegnologie is beslis al wat volhoubaar gaan werk.

Amanda ·

Ek stem. Gaan aan met die lesings waar moontlik aanlyn. Die wat dit volg kan ‘teenwoordigheid’ sms en slegs die kan dan later toegelaat word om eksamen te skryf. Die lokaal van die eksamen kan 12 ure voor die tyd aan hulle ge sms word. Polisie stasies kan gebruik word om eksamen te skryf. Slegs 15% van studente kry graad. So die wat so verwoesting saai is waarskynlik n klein deel van die 15%.

Dankie ·

Dankie julle vir die goeie voorstelle oor aanlyn en sosiale media onderrig. Ek hoop hier is dosente wat dit lees. Sal julle wie dosente ken hierdie voorstelle aanstuur na hulle?

John ·

Daar is altyd nog die Hlaudini Universiteit vir die onderrig vir die reeds beproefde alwetendes. Die eienaar van die opleidingsentrum gebruik luid-sprekers tydens lesings sodat almal al rustende op die grasperke hul geliefde spuitnaalde kan streel en drankies geniet. Tussendeur kan die ‘hi’-pies #stoomafblaas en ‘whatever’ in kanne vir latere diens op die vloere van die dowes. Gratis sertifikate kan glo in die kafeteria langs die strooi-tjies afgehaal word. Kies ‘n graad soos verkies. Ruil om na willekeur. Poste word gewaarborg. Die voorsitter se onsigbare handtekening is glo geinbosseer om onverstaanbare ontasbaarheidsdoeleines. Kleding is a la viva Afrika nie ‘n voorvereiste nie aangesien tv-kameras waarborge blerts op die kwalitatiewe groot skade aan die toekomstige toi-toiende nageslagte se kennishonger retina’s. En die res van die studente kan rustig hul studiejaar in die verflarde lokale voltooi.

Christo Malan ·

Hoekom wys niemand vir ons die akademiese rekord van die voorbokke nie?

Sê maar net ·

Christo, dis maar kruppel. Die manne sit hul twee jaar om in ‘n kursus, druip, verander dan van rigting en begin weer van voor af. En die NSFAS betaal. Die drankwinkels in Universitas maak baaaie geld uit die NSFAS.
Onthou jy die Gwebo-rakker wat twee studente van rassisme beskuldig het en tot die vorige (dankie tog!) rektor se liefling was? Hulle het hom na vyf jaar besig met ‘n sogenaamde BComm maar gevra om te gaan, want hy kon net mooi niks deurkom nie. Veral nadat die hof en die MRK hom as die eintlike rassis uitgewys het. Gwebo was tog so trots op die feit dat hy ‘n VYFDE jaar student was. Wel histories, maar nie eers akademies tweede jaar nie.

LHS ·

Laat ons eerlik wees, los nou maar al die bedankings aan die de klerk en ander idiote van toeka. Wat in hierdie land funksioneer of werk nog enigsins na wense ? Niks, absoluut, sweat, blou, niks. Dit is nie negatiewe kommentaar nie, inteendeel, dit is nog die goeie deel. Afbreek, plunder, ontwrig, moor, steel en so aan is mos die norm en standaard. So op n positiewe noot, miskien het die spul betogende, afbrekende spul tog n punt beet, as hulle korrupte families, vriende, kennisse en regering sal ophou die land besteel, mag daar dalk wel meer geld wees om aan ander universiteite n paar rand meer te gee. Dan kry hulle weer iets anders as rede om niks te doen.

Dries ·

Wat nou by die universiteite aan die gang is , is ‘n tipiese geval dat daar geluister word na die
grootste ‘hooligan’ , mens tog net nie aan hulle raak nie, dan is dit ‘brutality’, ongeag na hoe die meerderheid dink, die klompie moet hulle sin kry. Daar word altyd luidkeels aangegaan oor die oppergesag van die reg en die grondwet, nou eweskielik kan dit maar geminag word.

Weghol ·

Hol hy toe weg nadat hy die plek afgebreek het. Slap. Pap.

adel ·

Dagvaar die universiteit vir kontrakbreuk. Dan sal hulle gou hulle storie verander.Hulle het nie geld om regskostes te betaal nie so hulle dus moet voortgaan met klasse.

Piet ·

Dit raak ons ouers wat reeds vir jaar betaal baie,indien jaar herhaal moet word sal dit baie studente se drome kelder en ek sal ook moet toi -toi vir gratis onderwys. Sterkte aan studente en ouers!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.