Kovsie-studente onskuldig bevind

Cobus Muller en Charl Blom Foto: all4women.co.za

Cobus Muller en Charl Blom Foto: all4women.co.za

Twee mans wat daarvan beskuldig is dat hulle ʼn medestudent op die Bloemfontein-kampus van die Universiteit van die Vrystaat aangerand het, is vrygespreek op alle aanklagte.

Cobus Muller het tereg gestaan op aanklagte van roekelose bestuur, crimen injuria, poging tot moord en aanranding. Charl Blom is van aanranding beskuldig. Altwee het onskuldig gepleit op alle aanklagte.

Die staat het aangevoer dat die twee in Februarie probeer het om Muzi Gwebu met hul bakkie om te ry. Gwebu het aangevoer toe hy die twee daarna gekonfronteer het, het hulle hom aangerand.

Die Menseregtekommissie het ook verlede week bevind dat daar nie enige stawende bewyse bestaan om onweerlegbaar te bevind dat dit ʼn rassevoorval was of dat Gwebu se menseregte geskend is nie.

“Ons neem kennis van die landdros se beswaar oor teenstrydighede in die getuienis en dat die klaer nie ʼn geloofwaardige getuie was nie,” het die universiteit in ʼn verklaring gesê. “Ons gee die verweerders die voordeel van die twyfel.” Die universiteit het bevestig dat, in die lig van die hofuitspraak en die bevinding van die MRK, altwee studente se skorsing van die universiteit se kampusse met onmiddellike effek gekanselleer word.

Muller het verlede jaar sy BSc in konstruksiebestuur voltooi, maar kon, weens sy skorsing, nie die gradeplegtigheid in April bywoon nie. Blom word toegelaat om terug te keer om sy studies te voltooi.

“Die universiteit sal ook nie voortgaan met enige tugstappe teen Muller of Blom nie,” lui die verklaring.

Jonathan Jansen, visekansellier en rektor van die universiteit, het gesê hy is bly die saak is nou afgehandel. “Dit was ʼn baie moeilike tyd vir die universiteit en ek is dankbaar dat die studente regdeur die krisis merkwaardige selfbeheersing en dissipline getoon het,” het hy gesê.

Blom en Muller is Dinsdag in die Bloemfonteinse streekshof vrygespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Christiaan Potgieter ·

“Ons gee die verweerders die voordeel van die twyfel.” Daar is nie twyfel nie, hulle is vrygespreek!

Tokkie ·

Ek hoop die twee stel ‘n siviele eis vir skadevergoeding teen die klaer en die universiteit in.

Willie ·

Christiaan, ek stem saam. Daar bestaan GEEN voordeel van die twyfel nie, daardie argument moes gevoer gewees het voor die skorsing plaasgevind het. Moet ons nou maar die besluitnemers betrokke by die skorsing die voordeel gee van moontlik nie rassiste ?

Tokkie, 100 % korrek MAAR daar is feitlik ‘n volle lewensjaar van hierdie 2 manne beroof

Gerrie Pretorius ·

Ek sou definitief ‘n siviele eis teen die Universiteit instel.

Hulle is geskors voordat behoorlike ondersoek gedoen is en die feite bevestig is. Weereens is die rassekaart oorspeel.

Die Universiteit moet nou maar opdok vir potensiële verklies van inkomste. Verder meer is beide se persoonike beeld geskaad weens die ongeldige aanklag. Ook ‘n eis instel teen die vals klaer.

Jammer Prof Jansen. Die saak is nie so eenvoudig deur dit nou net as afgehandel te beskou nie. Deur ondeurdagtige en onregmatige optrede het jy die twee studente se loopbane in gevaar gestel.

Indien enige persoon in sy werksplek bv ontslaan was omdat daar ‘n kriminele saak gemaak is en nie bewys kon word nie sou so persoon tot skadevergoeding geregtig wees.

Dieselfde is hier van toepassing.

Instansies is gou om almal te probeer beindruk met optrede waneer daar rassisme geskree word. Nou moet julle maar betaal vir die onregmatige daad!

Goed so. geluk manne!

"Huh!" ·

Ek sien sommer die twee meisies wat sommer ook net voor die voet geskors is oor hulle drag by hul kostuumpartytjie, se saak gaan ook so eindig.

Babs ·

Is prof Jansen besig om ware kleure te wys? Hierdie twee ouens kan ‘n lekker eis instel teen die universiteit.

Danie ·

Ons weet almal wie is die skuldiges. As dinge hulle nie pas nie, is dit rassime. Laat dit vir jansen en sy bende ñ les wees. Laat hulle geroer word.

emile ·

Kennis in die bloed, Prof Jansen, kennis in die bloed.

Die woord “rassisme” is ‘n moderne towerstaf wat alle blankes oombliklik stilmaak en skuldig bevind terwyl dit alle swartmense as die ewige onskuldige slagoffer voorhou.

emile ·

Ek vertrou die jong mans stel stywe siviele eise in teen Kovsies en Muzi Gwebu. So jammer dat Kovsies so gediskrediteer word deur sulke eensydige en ondeurdagte ras-sanksies teen blankes.

Eugene W Steyn ·

Ek wil dit ook beklemtoon dat Prof Jansen nie so maklik die saak onder die mat kan invee na die UV se negatiewe optredes teen die twee studente nie. Prof Jansen moet bedank, en daar moet ook skadevergoeding betaal word deur Gwebu en die UV aan die twee professionele jong manne wat se loopbane nou op so ‘n agterstand begin. Daar moet ook opgetree word teen Gwebu, as daar regverdig gehandel is neem ek aan dat hy al reeds geskors is vir sy leuens en wandade, of hoe nou Prof Jansen?

Ek hoop nie Tukkies maak dieselfde foute as die regstellende aksie-UV-rektor nie!!!! Ek kan nie glo dat UP nog steeds ondersoek instel na die twee meisies se private partytjie-tema nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.