Phindi Louw, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Thabiso Ledwaba (29) is in die Johannesburgse hooggeregshof tot effektiewelik 25 jaar tronkstraf gevonnis vir moord.
Ledwaba en sy medebeskuldigdes is in Oktober 2015 skuldig bevind aan die moord op Gemballa. Die name van Radovan Krejcir en Lolly Jackson is tydens die verhoor genoem. Ledwaba het in Maart uit die rondgaande hooggeregshof in Palm Ridge ontsnap, twee dae voor vonnisoplegging. ʼn Beloning van R100 000 is later uitgeloof. ʼn Polisiebeampte is ook aangekla in verband met Ledwaba se ontsnapping.
Ledwaba is op 10 November by die Core-winkelsentrum in Sunninghill, noord van Johannesburg, in hegtenis geneem nadat twee metropolisiebeamptes ʼn verdagte grys 3-reeks BMW opgemerk het. Twee vuurwapens, polisiereflekteerbaadjies, ammunisie en ʼn tweerigtingradio is onder meer in die motor gevind.
Ledwaba is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir moord, vyf jaar vir ontvoering en twee jaar vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.
Gemballa het op 8 Februarie 2010 op die OR Tambo-lughawe aangekom op ’n sakebesoek. Hy het dieselfde dag verdwyn en sy lyk is sowat agt maande later in ’n vlak graf buite Pretoria gevind.
snaaks hy is nie ook tot 408 jaar tronk straf sonder parool gevonnis nie.