UWK-bestuur versoek studente om betogings te staak

Betogende studente by die Universiteit van Wes-Kaapland. Foto: Twitter

Betogende studente by die Universiteit van Wes-Kaapland. Foto: Twitter

Prof. Tyrone Pretorius, rektor en visekanselier van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), het Saterdag ʼn beroep op studente gedoen om geweld en intimidasie op die kampus te staak.

Pretorius het gesê hy is bekommerd dat die #FeesMustFall-beweging, wat as ʼn prysenswaardige nasionale beweging begin het, op die UWK-kampus verval het tot die skending van basiese regte van ander.

“Ons het ook waargeneem dat hier ʼn hoë vlak van politieke onverdraagsaamheid aan die gang is. Die diepliggende polariserende verdeling onder studente is duidelik. Ons het beslis ʼn samelewingsverantwoordelikheid om ʼn omgewing te skep waar verskillende sienings en opinies gedeel en gerespekteer kan word,” het hy gesê.

Die bestuur van die UWK moes Maandag noodgedwonge die kampus tot verdere kennisgewing sluit nadat hernieude betogingsaksie opgevlam het. Volgens Pretorius het die bestuur en die studenteraad ooreengekom om te vergader om die implementering van pres. Jacob Zuma se besluit dat daar geen verhoging in studiegeld vir 2016 sal wees nie, te bespreek.

Die SR van die UWK het Zuma se besluit verwelkom en gesê hulle sal ander kwessies ook met die universiteitsbestuur bespreek. Ten spyte hiervan het ʼn groep studente onafhanklik van die SR voortgegaan met betogingsaksie, het Pretorius gesê. “Sommige van hierdie betogings was ongelukkig gewelddadig van aard en studente en personeel is geïntimideer, universiteitseiendom is beskadig en studente wat nie aan die betoging wou deelneem nie, is aangerand.”

Volgens Pretorius het hy ingestem om saam met aartsbiskop Thabo Makgoba, die kanselier, eers met die SR en daarna met die leierskap van die betogende groep studente te vergader. “Kort nadat hierdie reëling aan die studente deurgegee is, het ʼn groep studente ʼn optog van die Studentesentrum na die koshuise gehou om ondersteuning te werf. By die koshuise het veiligheidsbeamptes hulle toegang geweier, waarna die studente gordels, bakstene, stokke en sambokke teen die veiligheidswagte gebruik het. Verskeie van ons veiligheidsbeamptes is beseer, een so erg dat hy gehospitaliseer moes word,” het hy gesê.

Die betogende groep het daarna die administrasiegebou se tweede en derde vloer verwoes, asook die kampusbeskermingskantoor en die gebou van die skool vir regering.

Pretorius het gesê hy sal nie toelaat dat die betogende studente hul eise met geweld afdwing nie, aangesien dit die boodskap uitstuur dat geweld ʼn aanvaarbare manier is om mense te kry om met jou te praat. “Die universiteitbestuur kan nie aanvaar dat indien jy gewelddadig is, eiendom vernietig en ander dwing om aan die betogings deel te neem, sal jou stem gehoor word nie. As ons dit toelaat, kan ʼn klein groepie ontevrede studente ʼn hele hoëronderrig-instansie op so ʼn manier gyselaar hou, ongeag die geldigheid van hul eise,” het hy gesê.

“Ek versoek die betogende studente om terug te staan en die prosesse wat reeds aan die gang gesit is toe te laat om voort te gaan,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Nou waar is die polisie se taakmag wat in die onlangse verlede ‘n huisgesin in Middelburg se deure uitgeskop het om toegang te verkry? Seker nie hulle werk om wet en orde te handhaaf?
Waar is die weermag? Seker besig om oorgrens wet en orde te handhaaf?
Lyk my ek sal my kettie moet vat en gaan help maar dan sal dit seker ‘n onwettige vuurwapen wees?

Johann Marx ·

Ontspan. FW en Roelf se “wigte en teenwigte” gaan nou enige oomblik realiser….en o ja, kersvader en die paashaas het gisteraand by my rugby gekyk!!!

Peet Schabort ·

Johann, solank Zwarte Piet van Holland nie kom kuier het want dan was daar moeilikheid . . .

irene ·

Sluit die univ dan is daar nie meer geleerdheid vir hulle nie laat die politiek hul verder leer

Herman ·

Ja. Dit alles het begin omdat hulle so vinnig vir ” Rhodes laaat val” het. As jy slapgat is, gaan mense aanhou om oor jou te loop. Netso as jy elke keer toegee aan n ongelukkige groepie se betogings sal daar nog n betoging wees. En dit nou in n universiteit vol liberale wittes…..
Wat is die les….. of jy nou links,regs, afrikaans of engels is… solank daar wittes sal hulle betoog. Hulle sal nie rus voor SA soos die res van Afrika lyk nie….

Ben ·

Is hierdie die tipe “mense” wat ons regtig grade wil gee? Ek sê gee net diè wat kan betaal daardie voorreg. As hulle so “act” terwyl hulle “studeer” wat gaan hul aksies behêls later as hulle ooit graad vang?

Pieter V ·

Soos ek voorheen gese het ,75% daardie student sou nie daar gewees het as hulle reg gekeur is nie,hoe kan n universiteits toelating verkry word as jy elke jaar bevorder word terwyl jy nie naastenby geslaag het nie. Sal ook sien dis hulle wat nie kwalifiseer wat soos barbare tekere gaan .

Thea Gerber ·

Alle werkgewers moet voordat hulle n pas afgestudeerde aanstel, eers sy/haar Facebookprofiel en veral fotos goed bestudeer. Jy kan dalk een van hierdie agitators op jou personeel aanstel en binne 6 maande organiseer hy/sy n staki ng by jou onderneming. Ek het al talle belowende kandidate se opmerkings en fotos bekyk en besluit dat die persoon nie geskik is nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.