UWK skep ‘gevaarlike presedent’ met kniebuiging

Betogings by die Universiteit van Wes-Kaapland Foto: Twitter

Betogings by die Universiteit van Wes-Kaapland Foto: Twitter

Die Vryheidsfront Plus het Maandag die besluit van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), om die eksamens vir 2015 te kanselleer, skerp veroordeel.

“Dit is ʼn kwade dag as geweld op tersiêre instellings begin dikteer en as ʼn suksesvolle onderhandelingsmiddel bevestig word,” het dr. Pieter Mulder, leier van die party, in ʼn verklaring gesê. “Dit is ongelukkig die boodskap wat uitgestuur word met die UWK se besluit om eksamens te kanselleer en studente, buiten dié in hul finale jaar, bloot op grond van ʼn jaarpunt te beoordeel.”

Die VF Plus glo daar kon alternatiewe reëlings getref word om die eksamens te laat voortgaan. “Die owerhede kan tog nie magteloos staan voor ʼn klein groepie geweldenaars wat hulle wil op hierdie wyse op die meerderheid studente en dosente afdwing nie. Wat hier gebeur het, durf nie weer toegelaat te word nie,” het hy bygevoeg.

Nadat die eksamens, wat verlede week sou begin uitgestel is tot in vroeg Desember, het die UWK teen die afgelope naweek finaal toegegee aan die druk van stakende studente en ʼn skrywe is Saterdag aan studente gerig waarin gesê is die eksamens is gekanselleer.

Die skrywe lui onder meer dat die besluit geneem is omdat die klein klompie stakende studente dit op verskeie platforms duidelik gemaak het hulle sal niemand toelaat om eksamen te skryf nie. Die besluit is blykbaar geneem in die belang van die veiligheid van alle betrokkenes.

Mulder het bygevoeg indien daar voortgegaan sou word met die soort van toegewings, kan dit die geloofwaardigheid van die betrokke instellings se kwalifikasies ernstig in die gedrang bring.

“Dit is betreurenswaardig dat akademiese uitnemendheid die slagoffer geword het van anargie en intimidasie,” het hy verduidelik. “Dit stuur ook ʼn verkeerde en gevaarlike sein aan ander akademiese instellings in Suid-Afrika naamlik dat ʼn klein groepie oproermakers hul wil op die meerderheid kan afdwing. Wat dalk nou ʼn oorwinning vir ʼn klein groepie studente by een universiteit is, vestig ʼn patroon van optrede wat in die toekoms die hele Suid-Afrika kan benadeel as dit op alle vlakke so herhaal word.”

Lees alles oor die Universiteit van Wes-Kaapland op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Andre ·

My hart gaan uit na daardie meerderheidsgroep van studente vir wie hulle studie prioriteit is. Agv die universiteit se beheptheid met ‘n groepie misdadige barbare moet daardie groot groep nou ly. Ek hoop die belhamels se jaarpunte is so vrot dat hulle dit nie maak nie.

Rooijan ·

Aan die anderkant as die grootste meerderheid so sterk daaroor gevoel het hoekom het hulle nie maar die klein groepie moelikheid makers geisoleer uitgewys en saam met die owerhede gewerk om hulle uit die kampus te weer nie? Nee wat as ek in die toekoms n besluit moet neem oor n graduant wat werk soek en 2015 is deel van sy/haar studiejare by UWK skuif die naam outomaties na agter op die lys van kandidate. Nie net omdat hy/sy kwalifikasies verdag is nie maar ook omdat hy/sy die verkeerde gesindheid openbaar om n bydrae tot sukses te kan maak.

GES ·

Jig nou word dit ‘n lekker universiteit. Ek raai die toetse wat studente gemis het vir watter rede ookal, hulle aanspraak kan maak op ‘n klasgemiddeld (ten minste 50%). Dit word net “beter”, die graadsertifikaat gaan eersdaags nie eers die papier werd wees waarop dit gedruk is nie.

Gert ·

Sover ek weet was alle toetse afgehandel. Slegs studente wat alle toetse geskryf het verwerf ‘n jaarpunt. ‘n Jaarpunt van minder as 50% beteken dat sulke studente steeds moet eksamen skryf. Standaarde word nie verlaag nie. In my tyd by die Universiteit van Stellenbosch kon jy ook bevorder word op jou jaarpunt en sonder eksamen. Dit was inderdaad vir ons as studente ‘n motivering om te studeer om eksamen vry te spring.

Ray ·

ek dink die protes aksies was grotendeels nie deur die studente gepleeg nie – dit lyk al hoe meer ‘n politiese aksie – probeer die weskaap onregeerbaar maak – die studente is diegene wat verloor – my dogter is finale jaar en hulle sou ‘n “internasionale” eksamen – beide prakties en teoreties doen die week – weet nie wat die internasionale eksamen beamptes van suid afrika moet dink nie

Dup du Plessis ·

Die besigheidswereld moet maar mooi dink wanneer hierdie jaargroep eendag aansoek doen vir werk. Sit maar ‘n groot vraagteken agter hierdie universiteit se naam vir jou eie onderneming se beswil.

GES ·

Ja dit is nogal baie hartseer as jongmemse se toekoms gesteel word deur politici vir eie gewin. Ek het baie simpatie met ware studente wat in hierdie gemors vasgevang word. Alles is herwinbaar maar tyd is verewig verlore.

Gert ·

Selfs na die ongelukkige gebeure op die kampus van UWK kan die standaarde wat gehandhaaf word by die universiteit nie betwyfel word nie. Soos met ander universiteite word standaarde verseker deur eksterne evaluering van vraestelle en antwoordstelle.

Genis ·

Ek onthou in 2012 het die bestuur so ewe meewarig en rassisties vir die gehoor gesê dat ontgroening by blanke universiteite barbarisme is. He he he. Wonder wat sê hulle nou. Daardie privaatkoshuis Kovacs wat so verwoes is was ‘n pragtige plek. Ek sou wat wou gee om daar te kon studeer.

Fanie ·

Ditsem Dr Mulder. Reg so, Leer en lei die nasies van Suid-Afrika. Hulle het nog baie om te leer.
Die oproermakers het nie geleer, daarom nou alles tot stilstand te wil bring. En hulle gaan ook nêrens kom met sulke optrede en houdings.
Dr Mulder, jy moet jou stem meer laat hoor.

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Presedent Jacob Zuma jys nie in beheer van SA nie Jys in beheer van die ANC soos jy vir ons op tv gese het SA is nie belangrik vir jou nie die ANC is .Hoekom sal jy in studente belangstel as jy Bokwagter en Kriminnele en ongeleterdes as ministers aanstel , Maar geleerde mense moet jou stere uit die tronk hou en as jy siek raak jou gesond maak .Jou agter agter kleinkinders se kinders sal nog eendag van jou koripsie in klaskamers leer wat jy aan hierdie land gedoen het MNR die Presedent jy het die standaarde van koripsie hoog gestel Jy verdien die Nobel Prys vir koripsie groet nis hoop my komentaar bly staande

Zelda ·

Ek kan nie glo dat die UWK kan instem om eksamens te skuif nie of glad nie eksamens te doen nie. WEER EENS WEN DIE KWAAD STOKERS …… Ek glo daar kon iets gedoen word oor die handtjie vol kwaad stokers. Maar nee kom ons gee liewer in en gee hulle wat hulle soek.. En oor die handtjie vol kwaad stokers moet die res van die studente daar onder lei.

Weer eens word daar geleer deur die handtjie vol kwaad doeners dat al wat jy doen is gedra jou soos n barbaar en die uitkoms van dit is ….. JY KRY WAT JY WIL HE. . Hiep hiep hora.

Loeis ·

Pieter Mulder maak baie goeie punte. Kom ons hoop VF+ kan hierdie saak in die parlement druk, en dat daar so paar ander is wie gaan luister.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.