UWK wéér gesluit; betogers dra glo balaklawas en het koevoete

Betogende studente by die Universiteit van Wes-Kaapland. Foto: Twitter

Betogende studente by die Universiteit van Wes-Kaapland. Foto: Twitter

Die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) sal tot verdere kennisgewing gesluit wees, het die instansie Maandag aangekondig.

Die universiteitsbestuur het gesê nadat die instansie Maandag heropen het, het hernude betogingsaksie veroorsaak dat die universiteit noodgedwonge weer moes sluit.

“Vanoggend [Maandagoggend] het ʼn groep studente ondersteuning begin werf vir betogingsaksie in geboue en kantore oor die hele kampus en geëis dat personeel die kampus verlaat. Studente wat vir die eksamen voorberei, se studie is ook onderbreek,” het die universiteit gesê.

“Die intensiteit van die betoging het tot gevolg dat personeel en studente weerloos en geïntimideerd voel aangesien sommige lede van die betogingsgroep balaklawas dra en koevoete byderhand het.” Die universiteit het beklemtoon dat die besluit om die kampus te sluit nie ligtelik geneem is nie.

“Die universiteit het ʼn verantwoordelikheid om die veiligheid van personeel en studente te verseker en dit het baie moeilik geraak om te doen gegewe die voorvalle van intimidasie en vandalisme wat vanoggend op die kampus plaasgevind het.”

“Die universiteit hoop dat die sluiting van die instansie sal help om die nodige ruimte te skep vir die onderskeie groepe om in gesprek te tree om oplossings te bewerkstellig wat stabiliteit op die kampus sal herstel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

GES ·

Dit is lankal nie meer ‘n vreedsame betoging nie. Dit is oorlog! Klasgelde en Afrikaans ens. is rookskerms. Dit gaan oor baie meer as dit. Waag ‘n mens om te sê wat die oorsaak is word jy die boef in die feeverhaal. Hou gerus die situasie vein dop.

Jasper ·

Hierdie is n fyn beplande rewolusie om ontslae te raak van alles waarin die blanke nog n sê of keuse gehad het. By die Uniegeboue het die anc tot T hemde uitgedeel en nou spog hulle dat die protes suksesvol was. Dus het hulle teen hulself betoog. Die Blanke gaan gereduseer word tot n nul. Enige teenstand van ons kant gaan met geweld beantwoord word.

Eddy ·

Trots Suid Afrika. Die toekoms van more. Dis genoeg,die sneeubal raak buite beheer en die doel ondermein. Dit raak nou krimineel . Tyd om terug te kom aarde toe

Belinda Bosman ·

Hoekom tree die Polisie nie in nie. Sluit die betogers toe. Dit kan nie so aanhou nie. Dis pateties.

Theresa ·

Dis darem te lekker om so tekere te gaan – dit kan nie so gou stop nie! Dit gee so ‘n presiese beeld van die mentaliteit van die springende droogmakendes.
Die vermetelheid om geboue en enige ander item wat ten duurste opgerig/gekoop is, te verniel of te vernietig is ‘n beeld van elkeen wat deelneem se innerlike. swak verby! Neem close-up foto’s en stuur dit uit, sodat daardie mense sommer herken kan word tydens ‘n werksonderhoud…

Johan ·

Ek stem. Ons as werkgewers het klaar vergadering gehou en het besluit dat die tydperk gemerk word en enige CV’s waar persone in hierdie tydperk op universiteit was eenvoudig weg gegooi word!!

Swanna ·

Johan ek dink julle het ‘n goeie idee en plan daar. Want hierdie klomp kan jy nie vertrou wanneer jy hulle indiens neem nie soos ek reeds in een van my kommetare genoem het. Groete!

Amanda Swanepoel ·

Hulle is nou misdadigers wat mense met wapens dreig. Hulle moet nou dus in hegtenis geneem word en in die hof verskyn soos enige ander misdadiger wat mense dreig. Hou op om die misdadigers met handskoene te hanteer hulle oortree die lands wette.

Ria Wood ·

Sal ons weer eendag kan sê ek is trots om in Suid-Afrika te bly. Dank de Vader ek studeer by Akedemia waar ek die geleentheid kry om in my moedertaal te studeer. My seun vra my: “Hoekom trek ons nie Australie toe nie”?. My antwoord, hierdie is my land, ek is trots om hier te bly en ek is bereid om te baklei vir ons taal en kultuur. ‘n Rooi t-hemp maak my nie bang nie, my ouers het gevlug uit Kenia en Suid-Afrika toe gekom met die klere wat hulle aangehad het, ons sal weer opstaan en kan sê kyk al die mooi wat ons vir ons kinders kan agterlaat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.