Uyinene Mrwetyana se moordenaar gevonnis

‘n Nagwaak word by die Universiteit van Kaapstad vir Uyinene Mrwetyana gehou. (Foto: Lindokuhle Makhatini/Twitter)

Die man wat Uyinene Mrwetyana vroeër vanjaar in ʼn poskantoor verkrag en vermoor het, is Vrydag in die hooggeregshof in Kaapstad tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Luyanda Botha (49) het vroeër vanjaar skuldig gepleit op albei aanklagte en is twee keer lewenslange tronkstraf opgelê vir twee aanklagte van verkragting. Hy is ook lewenslank gevonnis vir moord en vyf jaar vir dwarsboming van die gereg. Hy sal eers ná 25 jaar van tronkstraf in aanmerking kan kom vir parool.

Botha het Mrwetyana einde Augustus na bewering na die Clareinch-poskantoor gelok waar hy haar verkrag en doodgeslaan het. Botha het glo erken hy het die jong student verkrag en vermoor toe die polisie hom ses dae ná die voorval in hegtenis geneem het. Dit het ook aan die lig gekom dat hy ’n misdaadrekord gehad het voor sy aanstelling by die poskantoor.

Mrwetyana, wat in daardie stadium ʼn student aan die Universiteit van Kaapstad was, het op 24 Augustus vermis geraak. Haar liggaam is meer as ’n week later in Lingelethu-Wes in Khayelitsha gevind.

Die drukgroep #NotInMyName het die vonnis verwelkom en is tevrede dat die hof nie voete gesleep het met die saak en geregtigheid daarmee vertraag is nie. “Dit is belangrik dat die regstelsel vinnig en effektief aksie neem in gevalle van geslagsgeweld. Die probleem met ons demokrasie is dat oortreders se regte soms voordeel geniet bo dié van hul slagoffers,” lui dié organisasie se verklaring oor die vonnisoplegging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Edrése ·

Alles goed en wel, maar wat van die plaasboere wat vermoor word. Hulle moordnaars word nie eers na gesoek nie wat nog te sê gevonnis word.

Nettie ·

Well done aan die ondersoekbeamptes en staatsaanklaer wat geregtigheid in hierdie geval vir die slagoffer bekom het.

Maar …………………….. Net eek vragie: hoekom word daar in HIERDIE geval so blitsvinnig ‘n arrestasie gemaak, aanklag gevorm en deurgevoer, skuldigbevinding en strafoplegging gedoen – alles binne 2 maande …. en dan hoor ‘n mens van aanvalle op blanke mense (plaasboere, oftenot) wat ETLIKE JARE sloer … “dockets” wat wegraak, verdagtes wat wel gearresteer word, maar dan uit polisie-aanhouding ontsnap, hofsittings wat uitgestel word vir die mees-belaglike redes, aangeklaagdes wat van regsverteenwoordiging verander (en sodanig die proses uitstel) … en so gaan die lysie aan en aan.

Wat het Uyinene Mrwetyana se geval só spesiaal gemaak dat aanklag, verhoor, skuldig-bevinding en tronkstraf alles sommer net so tjoef-tjaf in twee maande se tyd afgehandel is. Dalk omdat sy swart was?

Wonder net ·

Nettie al hierdie vrae het ook dadelik by my opgekom.
Alles so vining afgehandel en vonisse word seker ook nie gelyklopend uitgedien nie. Kan eers na 25jr aansoek doen vie parool.
Wat gebeur het bly verkeerd maar soortgelyke sake kry baie ligter strawwe.
Ek is verstom oor die spoed waarmee die saak afgehandel is.

DEE ·

Ek se bring die doodstraf terug… nou moet ons as belasting betaalers nog vir hom sorg ook…. hulle almal in die tronk het dit lekker.. haar lewe was voor haar.. hy het dit geneem… hoekom kan dit nie van hom geneem word nie???

Johanna ·

Hoekom word sommige mense se sake so gou opgelos maar plaasmoorde sin vat jare????

Niklaas ·

Met ‘n vragie…waarom word hierdie moordenaar beskerm deurdat geen gesigfoto van hom gepubliseer word nie? Hy is mos totaal skuldig bevind .Die Dros verkragter , Parysboere , die Coligny 2 , en talle ander wat nog verhoor word verskyn duidelik in elke berig. Dit is vreemd en dis nie net in hierdie kêrel se geval so nie.

Adri ·

Niklaas: maklik: die kleur van sy vel beskerm hom waarskynlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.