V&A Waterfront ondersoek klagtes van rassisme

Skermskoot van Phumzile van Damme se Twitter-blad (persone se gesigte is verbloem)

Die V&A Waterfront, een van Kaapstad se bekendste toeristebestemmings, het Maandag gesê hy ondersoek bewerings van rassisme van die DA-LP Phumzile van Damme.

Van Damme het, nadat sy die Waterfront besoek het, op Twitter geskryf sy het rassisme beleef en een van die vermeende oortreders in die gesig geklap uit selfverdediging.

“Die gesin. Die vrou het my deurgaans verfilm en ek wou foto’s neem, maar toe het die klein k** in die swart T-hemp na my toe gekom en in my gesig gesê ‘voetsek jou swarte’ en my foon op die grond gegooi,” het sy geskryf. “Hy het my met geweld gedreig en ek het hom uit selfverdediging teen die kop geklap.”

Sy het ook ʼn video van haar gesprek met die veiligheidsbestuurder ná die voorval op Twitter gedeel, omdat hy nie op haar klag reageer het nie.

“En, @VandAWaterfront, die regte manier om hierdie saak te hanteer is om my besonderhede af te skryf en die gesin se besonderhede af te skryf en verskoning te vra vir dit wat ek beleef het. Julle ‘bestuurder’ het dit glad nie gedoen nie. Hy het my soos gemors hanteer en vir my gesê ek moet loop, so ek het gesê ‘dis reg so, dan sal ek jou onthul’,” het sy bygevoeg.

Donald Kau, woordvoerder van die V&A Waterfront, het gesê hulle het Van Damme gekontak ná hulle van die voorval bewus gemaak is. Hulle het ʼn ondersoek van stapel gestuur oor die geldigheid van haar klag. “Ons het met haar kontak gemaak om uit te vind wat gebeur het. Verskeie partye word hierby betrek, so ons gesels ook met die veiligheidsbestuurder om sy verslag te kry. Ons kyk ook na beeldmateriaal van die voorval.”

Kau het gesê enige voorval van rassisme sal uiters kommerwekkend wees. “Enige voorval van geweld sal daartoe lei dat die persoon van die perseel verwyder word en enige voorval van rassisme sal daartoe lei dat die betrokke persoon verbied word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Swart Piet ·

Sjoe maar die DA kan n keel opsit. En presies nou waaroor??????

Manie van Worcester ·

beslis nie oor plaasmoorde, haatspraak teen blankes of vernietiging van afrikaans nie. van damme het nou die respek wat ek vir haar werk gehad het ook op grond gegooi en daarop getrap.

Marius ·

Jy klink baie oningelig as jy een persoon se optrede ettiketteer as die DA s’n. Ek het Sondag by familie op die plaas gekuier. Een van hulle familielede wat ‘n boer was het uiterste rassistiese uitlatings gemaak oor swart mense. Dit maak seker dan alle boere rassiste. Dink tog asb!

Johan ·

Marius. Ongelukkig is dit so dat wanneer jy ʼn prominente lid van enige organisasie is gaan die organisasie ook aan jou optrede gekoppel word. Ek vermoed ook sy het oorreageer en maak nou die pap so dik as moontlik aan.

Martin ·

Ek hoop dat die familie haar sal dagvaar en die seun n klagte van aanranding teen haar sal oopmaak. Sy is baie arrogant en verwaend.

Ja Nee ·

Nog n rasisties klagte, ag siestog. Jou agtergeblewe houding maak jou agtergeblewe!

Martin ·

Sy sal vir die res van haar lewe met daardie mentaliteit loop.

piet piet ·

Was net word zindsi mandela aangekla oor haar rasistiese tweets?

George in Bloem ·

Soos in soveel gevalle alweer die gerieflike ou rassekaart. Mens kan met reg wonder of dit wat sy se gese is,ooit gese is want as daai kaart gespeel word is die wit ou mos outomaties dadelik skuldig…..gaap……So voorspelbaar.

Rika ·

Sjoe die DA raak a verleendheid lyk of sy aandag soek verleedheid het mense by Eskom haar kwasuis ook a aangerand sy skreeu te veel sy moet dalk aan gekla word.

D Meyer ·

As voormalige DA openbare verteenwoordiger sal ek nie te veel maak van hierdie sogenaamde ‘rassevoorval’, alvorens daar nie getuies na vore tree en/of daar klank- en video opnames bestaan wat as ondersoekbewystukke kan dien nie. Tydens n bepaalde geval in die verlede het ek eerstehands kennis gemaak het met hoe Van Damme self anti-wit rassisme op n walglike wyse ingespan het met die doel om witmense te stigmatiseer. (Wie sal dan nou juis die voorval by die Landbouskool Noordkaap vergeet waar minderjarige kinders misdadige stoutighede aangevang het nie – nie dat ek dit hoegenaamd goedkeur nie). Van Damme het uit haar pad gegaan om n bohaai te probeer opskop om punte vir die DA in die openbaar aan te teken. Sy het net een doel voor oe gehad en dit was om aan te dui hoe sleg en rassisties wit Suid Afrikaners is. Hierdie optrede het my gewalg. As raadslid het ek gevoel dit is n uiters sensitiewe situasie in n klein plattelandse gemeenskap wat met omsigtigheid hanteer moes word. Die saak het die potensiaal had om die gemeenskap op grond van rassevooroordele te polariseer. Dit was dan ook net daar wat my paaie met die DA begin versuur het. Hierdie optrede sal maar net nog die laaste oorblywende paar wit en bruin stemme van die DA af laat wegloop. Wit en bruin kiesers is moeg vir hierdie flou perd (die DA) wat wit en bruin (en veral Afrikaanssprekende) kiesers brandmerk as minderwaardige burgers om swart burgers voorop te stel.

Landvaneensydigheid ·

Sy kla oor woorde terwyl ons mense wreed aangeval en vermoor word. Kom oor jouself, jy kon erger af gewees het…

fred ·

Meyer mooi als in perspektief…hierdie polarisasie in die DA gaan hulle ondergang wees..

Bernard Hellberg ·

Sy probeer hard om die DA se Zindzi Mandela te word

Adam ·

Ek wil graag voorstel dat die DA ‘n kleuterskool en nasorgsetrum vir hulle politieke verteenwoordigers daarstel ten einde hulle uit die moeilikheid te hou. Ek is bereid om ‘n ruim bydrae te lewer. Die DA se kaskenades is om van naar te word.

Hanna Hoekom ·

Die MRK is seker reeds besig om die saak te ondersoek… Die vrou moet tog maar asb van haar Europese van ontslae raak as sy dan reeds so minderwaardig voel.

flip ·

Dankie D Meyer , ek hoop dit open ander lede se oe ook en sien die waarheid soos dit is

Obserweer ·

They don’t call me Van damme for nothing . Natuurlik moet sy hom klap hyt gelukig nie n flying kick gekry nie. ????

werner ·

rassisme is net as jy nie aan die regerinde party deelneem nie hulle het vryheid van spraak en loop met baie bloed op hulle hande

willem Botha ·

Dit is net om die aandag af te lei na mandela se dogter wat rasistiese tweets gemaak het.

piet piet ·

Ons het meer D Meyers nodig wat kan onderskei tussen reg en verkeerd.

Diefie ·

Plaas skop sy ‘n bohaai oor al die moorde in ons pragtige land. Gee tog net vir die vrou ‘n tissue.

Heksie ·

Sy’t seker nie haar sin gekry oor iets nie, nou maak sy so bohaai om aandag te kry! tipies

Gert Geldenhuys ·

Laat ek raai…sy was swanger maar nou het sy die baba verloor a.g.v. al die stres…ek voel n hofsaak aankom…

Trinity ·

Ek is bietjie stadig vanoggend… hoekom het die vrou haar die heeltyd verfilm en hoekom wou sy toe foto’s neem? Mis ek dit iewers?

Susan ·

hoekom is hierdie ‘n rassistiese geval? DIS ‘N ONDERONSIE!! baie mense stry met mekaar en gee uiting aan hulle gevoelens. net omdat die woord ‘swart’ gebruik is maak dit nie rassisties nie. en beslis nie haatspraak nie.

Martie ·

okay so Van Damme het net oor die water uitgestaar en skielik kom neem die vrou haar af en word sy geswets en klap die laaitie??

Dries Moolman ·

Nou wat presies het gebeur? Die storie (van haar) klink maar baie vaag.

Edd ·

Tensy sy gedink het sy gaan hom uitslaan met daai klap was dit nie selfverdediging nie. As jy die eerste hou gooi, met die doel om seker te maak, ongeag of jy uitgelok was is dit steeds aanranding. Jy het terug geveg poppie, nie jouself verdedig nie.

Blue Butterfly ·

DIE tipe snert sal ons nog tot in lente van dae hoor. Ek is VERBAAS dat sy die familie nie ook uitgewys het as Afrikaanssprekend nie. Ou julius mal-emmer sal seker ook nou op die “bandwagon” spring.

Ek sal graag wil hoor wat die familie se weergawe van die insident is …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.