Vaaldam aansienlik voller as verlede jaar

Die Vaaldam. (Foto: Departement van water en sanitasie)

Die Vaaldam is vandeesweek heelwat voller as verlede jaar dié tyd, ondanks ʼn daling in die damvlak en die algehele stelsel.

Dié dam se vlak het verlede week op 82,3% gestaan, maar het effens afgeneem tot 81,7%. Dit is egter ʼn merkwaardige verbetering van verlede jaar dieselfde tyd toe die dam maar 55,4% vol was.

Volgens die departement van water en sanitasie is die styging in die damvlak te danke aan ʼn goeie reënseisoen die vorige jaar in die dam se opvangsgebiede.

Die damstelsel bestaan uit 14 damme en strek oor Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat en die Noord-Kaap.

Die Grootdraaidam in Mpumalanga het verlede week van 73,7% tot 72,6% gedaal. Gedurende dieselfde week verlede jaar was dié dam egter voller en het die damvlak op 76,4% gestaan.

Die Sterkfonteindam in die Vrystaat is steeds propvol, maar het nietemin ʼn daling in kapasiteit aangeteken. Dit het van 100,7% tot 100,4% gedaal. Verlede jaar dié tyd het die damvlak op 94,2% gestaan.

Die Bloemhofdam het ook ʼn effense afname getoon, hoewel dit heelwat voller is as verlede jaar. Dié dam was verlede week 99,0% vol, maar het afgeneem tot 97,8%. In vergelyking met die vlak van 85,3% gedurende dieselfde tyd verlede jaar, het die dam deur die jaar goeie vlakke gehandhaaf.

In Lesotho het die vlakke van die Mohale- en die Katsedam effens gedaal, met die Mohaledam wat tans op 31,9% staan teenoor die skamele vlak van 3% waarop dit ʼn jaar gelede gestaan het.

Die Katsedam se vlak het merkwaardig gestyg en is nou op 66% in vergelyking met verlede jaar se 21,8%.

“Daar is hoop dat die verwagte reën in die komende maande die meeste van dié damme verder sal aanvul.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Genis ·

Beteken die die Munisipaliteite kannou weer water prys e verhef? Want O wee, ons het water beperkings, maar die hele Afrika stroom Gauteng toe….

Pieter ·

Hy sal voller wees van al die riool water wat daar in loop. Ou sleg cyril en sy menisters moet van daai water gaan drink.

henndrik ·

Waterbeperkings is omdat Rand Water en die “mislikepaliteite” nie hulle werk doen nie

Herman ·

Dis nie Rand water nie. Hulle lewer water maar word nie betaal nie. Geen besigheid kan so opereer nie. Ons het waterbeperkings omrede die vraag die aanbod oorskry agv die somer en mense meer tuine natlei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.