Vaaldam meer as 100% vol

Vaaldam (Foto: Lydia van der Merwe via Gauteng Weather, Twitter)

Die Vaaldam het teen Dinsdagoggend net meer as 100% van sy kapasiteit bereik nadat swaar reën reeds langer as twee weke in die noordelike gedeeltes van die land uitgesak het. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) voorspel nou dat die reën vir eers verby is.

Volgens die departement van water en sanitasie het die Vaaldam teen Maandag om 17:00 die 100%-merk bereik. Deur die loop van die aand het die dam egter nog gestyg en is tans 101,5% vol.

Aan die begin van Desember was die dam slegs 25% vol.

Dit is die eerste keer sedert 2018 dat die dam weer sy volle kapasiteit bereik het.

Die departement het ook Maandag bekend gemaak dat damme wat water aan Kaapstad verskaf tans 83,48% vol is. Dit is 15% meer as dieselfde tydperk verlede jaar.

Die weerdiens het Dinsdag ʼn geel vlak 2-waarskuwing vir hewige donderbuie vir Dinsdag en Woensdag in die westelike dele van KwaZulu-Natal voorspel, met ʼn moontlikheid van hewige weerlig, swaar neerslae en skadelike winde.

Michael Nethavhani, ʼn weervoorspeller verbonde aan die weerdiens, sê die meeste gedeeltes van die land kan gedeeltelik bewolkte tot sonnige en warm weer vir die res van die week verwag.

Die weerdiens waarsku ook teen weghol-veldbrande in plekke in die westelike en sentrale dele van die Noord-Kaap, asook die noordelike dele van die Weskus in die Wes-Kaap.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Kokerboom ·

Wonderlike nuus..hoop al die rioolgemors in Vaal is tydelik weggespoel

Realis Thailand ·

Die reen kom moeder natuur en die verskillende klimaatstoestande deur die wereld so ver as wat ek kennis dra

Genis ·

Nou wonder Genis, gaan on Gautengers minder vir water betaal, of les ons weer die dors van die hele Afrika ten duurste op die belasing betaler se omkostes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.