Vaalharts: Egpaar se liggame gevind

Elzabie, Breggie en Dan Brand.

Die liggame van Dan en Breggie Brand is Dinsdagmiddag gevind. ’n Vyfde verdagte is intussen in hegtenis geneem in verband met die moord op die egpaar en hul dogter Elzabie.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media bevestig dat die liggame van Dan (83) en Breggie (79) vanmiddag in die veld in die omgewing van die Takaneng-nedersetting in Taung in Noordwes gevind is.

Dít nadat vier verdagtes in hegtenis geneem en hul dogter Elzabie se liggaam sedertdien ook in dié omgewing uitgewys is.

Volgens Naidoo is ’n vyfde verdagte (36) intussen ook in hegtenis geneem in verband met die moorde.

Maroela Media het vroeër berig die gesin is vermoedelik reeds Sondagmiddag ontvoer tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe in die Vaalharts-besproeiingskema naby Hartswater in die Noord-Kaap.

ʼn Soektog na die Brand-gesin is van stapel gestuur nadat vriende van die gesin by hul huis gaan ondersoek instel en tekens van ʼn struweling en bloed gevind het.

Vier verdagtes is laat Maandagaand in hegtenis geneem in verband met die aanval. Die verdagtes het glo erken hulle het die egpaar en hul dogter vermoor en het toe aan die polisie begin uitwys waar die liggame gevind kan word.

Joseph Renaud, AfriForum se veiligheidshoof vir die sentraalstreek, het in ’n verklaring gesê AfriForum se Hartswater-buurtwag het Maandagaand net voor 23:00 ’n verdagte voertuig opgemerk. Daar is toe met behulp van die polisie vasgestel dat die nommerplate op die voertuig vervals is en nie bestaan nie. Die plaaslike polisie is gekontak vir bystand, waarna die voertuig afgetrek en die verdagtes in hegtenis geneem is.

Volgens Renaud het die verdagtes ná die inhegtenisneming die ligging van Elzabie se liggaam uitgewys hoewel hulle nie as gevolg van die rowwe terrein en donkerte die ligging van Dan en Breggie se liggame kon vind nie.

Nkosi Zwelivelile Mandela, voorsitter van die portefeuljekommitee oor hervorming en grondregte, het intussen die inhegtenisneming van die verdagtes verwelkom en die aanval op die Brand-gesin as “onmenslik” bestempel.

“Ons het aanvalle op plase en boere herhaaldelik veroordeel as dade van misdadigheid wat nadelig is vir die sosiale samehorigheid wat ons jong demokrasie nodig het,” het Mandela gesê.

Dit is nog onduidelik hoe die Brand-gesin vermoor is. Die motief vir die moorde is vermoedelik roof, het Naidoo vroeër gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Nette ·

Hulle kniel seker nogsteeds want nog niemand het vir hulle gesê om op te staan nie….

Elize ·

Verskriklik hartseer om van hierdie mense te hoor. Ek is al so gatvol van al die moorde en marteling op my mense en dan sal die hanskakies hulle knieë buig voor die geldgod en my God die rug draai. Wat gaan die antwoord wees wanneer hulle die dag moet antwoord op wat hulle gedoen het.

Annelize ·

Die geldgod, ek kon dit nie beter gestel het nie Elize. Dis al waaroor die gaan. Aansien en die geldgod.

Reinier ·

Gaan Faffie nou op sy kniegies gaan met gebalde vuisie in die lug? Ek twyfel sterk.

Tewis ·

Mag GOD vir wie alleen die knieg gebuig word die gesin vertroos en omhels met sy liefde.

Nell ·

As die spul ”useful idiots” maar net wil besef dat hulle gebruik/misbruik word deur diegene wat die BLM-agenda dryf…

Werner ·

Sien 22% van mense hou nog hulle wapens in n kluis by die huis so ons gaan nog baie sulke gevalle sien

Annelize ·

Dis my presiese sentiment Leon, al wat leef en beef wat bekend is en wat hulle verbeel hulle is bekend, spring nou op hierdie BLM bandwagon. Dis net om gesien en gehoor te word, lekker gratis publisiteit, en om ‘n inkomste te verseker. So verkrag en verkoop ek ook nie my siel nie.

ALL LIVES MATTER

LiveAndLetLive ·

Mens kan nie help om te wonder waardeur die arme mense nie moes gaan nie, en vir wat?

Andre ·

Ek sou so graag wou gesien het dat ons vandag ‘n land is waar vrede en laatleef die wagwoord sou wees maar dit sal nooit gebeur nie. Wat egter op ons wag met die anargie en die onheilspellende uitdagings in voedsel verskaffing is ‘n Rwanda ons voorland in die nabye toekoms. Onthou die regering gaan min help want plaasmoorde laat hull koud; ons sal nou meer as ooit self inspring en werk vir onafhanklikheid hoe moeilik dit ook lyk. As ons net kan saamstaan en stem sonder om ander na te kom; die buite wereld deur oorsese vriende; orginisasies en regerings meer en meer bewus te maak van die afgruwelike dade teenoor wit in SA. Koelkop leiers is nodig om die proses met agressie verder te voer . Die alternating- ek luister

Anton ·

Die motief van die terroriste is Moord en nie roof nie!!!!!!!!!

Adam Adriaan ·

Mattheus 24 :8,9 Maar al hierdie ding is die begin van die smarte. Dan sal hulle julle aan die verdrukking oorgee en julle dood maak; en julle sal deural die nasies gehaat word terwile van my Naam. Hoe waar is dit nie wat nou plaasvind nie!!!? Dag na dag. hier is ons land.

Inkpot ·

Dankie Afriforum vir julle bystand.
Volgens ń berig oor die radio was die polisie bewus van ń plaasaanval maar het eers na Afriforum navraag gedoen het, begin om na die voertuig te soek.

Kanjynoumeer ·

Dra jou VUURWAPEN op jou 24/7.
Dit is die regte ding om te doen.

Misky ·

Haal dadelik vir Naidoo van die ondersoek af. Hy is duidelik nie die regte man vir die ondersoek nie…… Rerig, “roof” jou clown!!!!!

Jack ·

Dit is tragies soos wat elke lewe wat verlore gaan aan die hand van hierdie terroriste. Ons wat elke dag die nuus volg en kommentaar lewer is dit al wat ons kan doen. Hoekom kan ons nie fisies betrokke raak by veral ouer boere om te help om hul lewens te help beskerm nie. Maroela media kan help om ons te verbind met mense wat betrokke is by dit. Ek praat nie van reaksie groepe nie want dan is die daad reeds gepleeg. Pro aktiewe optrede is nou krities.

Danie ·

Absoluut skokkend.
Ek is skaam om myself ‘n suid afrikaner te noem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.