Vaalharts-moorde: ‘Alle lewens maak saak’

Die verdagtes tydens hul hofverskyning.

Die gemeenskap van Hartswater het saam met boere en inwoners van die Vaalharts-skema in die Noord-Kaap vandag na die plaaslike hof opgeruk waar vyf beskuldigdes in verband met die moorde op die Brand-gesin verskyn het.

Dan (83) en Breggie Brand (73), asook hul dogter Elzabie (54) is Sondag uit hul hoewehuis in Hartswater ontvoer. Hul liggame is Dinsdag in die veld naby Takaneng gevind. Hulle het steekwonde aan hul gesigte en koppe gehad. ’n Lykskouing word vandag op die drie gesinslede gedoen.

AfriForum se gemeenskapsveiligheidstrukture het saam met die Gemeenskapsveiligheidseenheid (GVE) op die dorp, die plaaslike boeregemeenskap en die SAPD gewerk om die verdagtes aan te keer.

Die vyf verdagtes het vlugtig verskyn op aanklagte van moord, ontvoering en roof. Vier van hulle het om regshulp aansoek gedoen, terwyl die vyfde, ’n vrou, aangedui het dat sy haar eie regsverteenwoordiging sal kry. Hulle bly in aanhouding tot 13 Augustus.

Inwoners is geruk deur die grudaad en het in solidariteit met die gemeenskap aan ’n vreedsame protesoptog deelgeneem. Bakkies en trekkers het in ’n konvooi deur die strate gery en inwoners het plakkate vertoon waarop versoek is dat ’n einde aan die sinnelose moorde en geweld gebring moet word. Gemeenskapslede het ook herhaaldelik geskreeu dat “alle lewens saak maak”.

Die atmosfeer in die dorp is vandag gekenmerk deur ’n gevoel van eenstemmigheid en saamstaan. AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid was ook betrokke en het vroeër berading vir sommige inwoners gereël.

Johan Kruger, hoof van gemeenskapsontwikkeling by AfriForum, en Lize-Marie Smit, distrikskoördineerder vir die Karoo, het die hofverrigtinge bygewoon.

Kruger sê landelike gemeenskappe is sat van die aanvalle en moorde op boere. Hy het ’n beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om na die gemeenskap van Hartswater uit te reik en te kom kyk wat die uitwerking van moorde op gemeenskappe is.

“Dit is iemand se ma, pa en suster dié. Dit kon myne en joune gewees het. Ons en die gemeenskap wil weet waar pres. Ramaphosa is en hoekom hy nie die moorde veroordeel nie. Hy moet kom kyk wat hier aangaan. Ons wil dan hoor of hy sê plaasmoorde en -aanvalle is steeds nie werklik nie.”

Elzabie, Breggie en Dan Brand.

Kruger het beklemtoon dat plaasmoorde nie gewone geweld of misdaad is nie, maar terreur. “Gemeenskappe is moeg vir hierdie aanvalle. Hulle is moeg om onveilig te voel. Genoeg is genoeg.”

Frederik van Zyl, woordvoerder van die Vaalharts Landbou-unie, het namens die boeregemeenskap die familielede van die Brand-familie sterkte toegewens. “Dis nog ’n lang pad wat vir hulle voorlê. As boeregemeenskap is ons egter tevrede hoe die verrigtinge vandag verloop het.”

Daar was sedert die begin van die jaar 186 plaasaanvalle en 29 plaasmoorde. In Julie was daar tot dusver nege moorde en 39 aanvalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

katerinadiekat ·

In Amerika is n 24 jarige vrou onlangs dood geskiet omdat sy gese het All Lives Matter. Die media was maar stil daaroor.

Oujongvrou ·

Daai vrou kyk reguit vir die kamera, heel uitdagend. Ek verstaan nie waar kom al die haat jeens wittes vandaan nie. Of word dit soos n verterende vuur aangejaag en wakker gehou deur van ons politieke leiers.

Hoekom ·

Moet nie die groot media huise van die wêreld uitsluit nie…

Pieter ·

Die Boer se lewe maak saak. Anc met Ramaposa is die klomp skurke en beplan die op boere saam hulle eff vriende.

Andrew ·

Ons vra vir ou Faf om n gediggie te skryf in antwoord op “do I matter?”. Meskien sal AB dit op die kitaar speel

Andrew ·

Gaan net sukkel om een vuis om hoog te hou terwyl hy speel.

Scalla ·

En die dame het seker al die inligting verskaf, mag hulle verrot in die tronk.

Nell ·

Scalla gaan soek gerus die woord ”dame” op in ‘n verklarende Afrikaanse woordeboek en besluit dan self of dit geregverdig is al dan nie – of selfs tong in die kies geregverdig is – om so ‘n lae persoon enigsins ‘n ”dame” te noem.
Daardie sogenaamde ”dame” was aandadig aan die moord van twee ware ”dames”.

Scalla ·

Marisa en Nell, stem saam, in my woede dit verkeerdgestel, ask, die regte uitdrukking vir so lae persoon wat ek wou uiter sal nie geplaas word nie

Adeline ·

Ek sê liewer dankie vir die wat saamstaan teen ongeregtigheid. Vir die voos vrot korrupte anc en hulle leiers kombuis vadoek draende zuma en cyril het ek geen respek nie, sal nie dankie sê vir hulle nie. As jy nie teen plaasmoord, aanvalle en kriminele dade uitspreek en veroordeel nie – is jy deel daarvan. Lafaards kruip agter stilswyende goedkeuring weg.

Anel ·

Dit is hulle manier om die land so stil-stil in ‘n komunistiese staat te verander, sonder enige teenstand.

Marius ·

Baie sterkte aan die familie . Ek dink die anc en eff sit agter al die plaasaanvalle . As n mens mooi gaan sit en dink daaroor , dan gaan dit alles oor grond . As die boer nie meer op sy plaas is nie dan is dit oop grond en die regering se volgers kan dan net intrek . Dit is ook hoekom CR niks doen of se daaroor nie , meel en brood kom mos van die rak af en nie die boer se land nie .

QueenB ·

Daar moet nie genade wees vir hulle nie so wreed wat gebeur in die wereld niemand se lewe is meer die moeite werd nie…bid vir hul families

Termiet ·

Hulle gaan Borg kry en dan gaan die saak vir jaaaare slower tot dit uitgegooi word.

Johann ·

Die vrou kyk reguit vir die kamaera met geen emosie Gaan ook haar eie prokereur kry Verseker speel sy ‘n groot rol in dit alles

LiveAndLetLive ·

And it all boils down to political votes for the ANC…………..that should not even be running this country anymore.

The propaganda to gain votes, we will give you land, black lives matter, kill the boer…………this power trip is costing SA’s people their lives. lively-hood and we are ALL suffering because if this.

We are being killed by ignorance and the ignorant, it’s the card of choice for the ANC – false hope and empowerment to it’s people, at the cost of their own people so that they can stay in power.

This is never going anywhere, but down – and we are all on that boat.

Johan ·

The answer is—- emigrate if you can,get out while you are still alive.

AmY ·

Hulle sal ons vir ewig en altyd haat
Oor 300 jaar gaan hulle ons nog steeds haat.
Ons sal nooit óóit ‘deur hulle aanvaar word nie.’

Andre ·

Nonsens, hulle is SO lief vir ons! Jy kan net ‘n rasis wees as jou vel blank is.

Stephanie ·

.. En tog is hulle verslaaf aan alles wat die sogenaamde ‘indringers’ tot stand gebring en gebou het… Dis ń geval van ; brand die trein, maar staan more en wag vir dieselfde trein… En so sal dit gaan tot ons onvoorwaardelik terug draai na die ENIGSTE waatvoor ons ons knie moet buig.

Gemaskerde Sopbeen ·

Waar is CR en Cele? Hoekom kom ondersteun hulle nie die familie en gemeenskap nie?
Helaas daar is net een slagspreuk wat ons ook nie hoor nie.
Only God matters. Sonder dit is alle slagspreuke en onrus van geen waarde.

Isabella ·

Hierdi boere is so wreed vermoor dan se di polisie dt ht gegan oor diefstal of greed ….NEE DT HT GEGAN OOR HAAT pure haat

christo ·

As dit rasomgekeerd was sou die beskuldigdes se huise al aan die brand gesteek gewees het, plaasweiding afgebrand gewees het en al wat ‘n wit inwoner op Hartswater in vrees geleef het. Maar nou ja BLM in SA beteken:, Boere Lewens se *oer.

Erich ·

Ek dink die vraag wat gevra moet word is – wie betaal die mense om die moorde te pleeg?
Diefstal is dit nie – vat gewoonlik baie min of niks of voertuig wat langs die pad gelos word.
Finansieel baat hulle eintlik niks by die aanvalle nie – dis nie roof. Dink hulle word aangese om net iets te vat sodat die klassifikasie as roof op die register kan wees en nie as moord.
Nou is dit net roof met verswarende omstandighede.
Iets maak nie sin met al die moorde nie – so min word in elk geval opgelos.
Dink Afriforum moet n blad begin waar met die familie se toestemming fotos van die moorde gewys word en die wereld ingestuur word sodat daar kennis geneem kan word deur mense wereldwyd wat eintlik hier aangaan

Johan ·

Diè regering het reeds al die Westerse brûe verbrand en het ons afgeskryf. CHINA en RUSLAND sit met groter probleme.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.