Vaalharts-moorde: Gerugte oor hoe slagoffers sterf ‘vals’

Vaalharts-moorde: Vyf verdagtes het Donderdag in die Hartswater-landdroshof verskyn (Foto: Verskaf)

Waarskuwing: Inhoud van die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

Gerugte wat op sosiale media sirkuleer oor hoe Dan (83) en Breggie (79) Brand en hul dogter, Elzabie, vermoor is, is vals. Só het die bestuur van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Noord-Kaap Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Brig. Mohale Ramatseba, woordvoerder van die polisie in die Noord-Kaap, sê volgens die gerugte wat versprei word, dui die nadoodse verslag daarop dat een van die slagoffers se oë verwyder, haar borste afgekap en sy herhaaldelik verkrag is.

Dié inligting word wyd op sosiale media versprei en is aanvanklik deur middel van ʼn stemboodskap deur ʼn veiligheidsgroep versprei. Die groep het ook ʼn geskrewe verslag gedeel wat volgens die plasing die amptelike nadoodse verslag is.

Marius Muller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, sê egter die nadoodse ondersoek is Donderdag eers gedoen en die verslag is nog nie eers bekendgemaak nie.

Ramatseba sê die polisie in die Noord-Kaap neem kennis van die gerugte en rig ʼn pleidooi aan die gemeenskap om nie fopnuus te versprei nie.

“Sulke valse nuus kan die familie verder traumatiseer en negatief raak,” sê Ramatseba.

Maroela Media het vroeër berig die vyf beskuldigdes, Khomotso Mpumlwana (43), Tshepo Visagie (36), Tshepo Seolesang (20), Tshepaone Melato (19) en Realeboga Manyedi (18), het Donderdag in verband met die moorde op die Brand-gesin in die landdroshof in Hartswater in die Noord-Kaap verskyn.

Die vyf verdagtes het vlugtig verskyn op aanklagte van moord, ontvoering en roof. Vier van hulle het om regshulp aansoek gedoen, terwyl die vyfde, ’n vrou, aangedui het dat sy haar eie regsverteenwoordiging sal kry. Hulle bly in aanhouding tot 13 Augustus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pieter ·

Natuurlik is hulle gemartel dit is hoe our people werk. En ek glo nie n woord wat die SAP se nie julle werk vir n komunistiese reg. Julle probeer die waarheid toe smeer dit is hoe julle komuniste werk.

Kakamiet ·

Dis nes jy da se en die 5 wat thumbs down gee, pasop, jou familie kan dalk volgende wees wat ons van lees! Geen media forum van vandag, behalwe FOX gee die ware storie meer nie. Hulle almal behoort aan die anc en deel van brainwashing. Fop nuus is wanneer jy jouself weer moet vra, wat steek hulle weg?

LiveAndLetLive ·

Hoop van harte dit is nie waar nie. Daar is baie bloed in die huis gekry.

Peetjie ·

Nou as dit nie die waarheid is nie, sê dan wat die waarheid is, maar dit is hulle modus operandi

Adeline ·

Die familie en vriende het ook mos ‘n sê in die saak en daar kan ‘n mooi onderhoud met hulle gevoer word om agter die kap van die voos vrot korrupte anc sapd mag se sê te kan kom en uitvind of wat nou eintlik die waarheid is….. geen leuen het grond om op te staan nie – maak nie saak van wie dit af kom nie. Daar is altyd ‘n manier om die waarheid uit te vind, verseker!!

ES ·

Ek sal nie met die media wil praat oor hoe erg verniel en gemartel my familie was voor hulle vermoor is, net sodat nuuskierige mense se nuuskierigheid gesus kan word nie… Terloops het die polisie in rekord tyd die verdagtes gevang, so gun hulle ‘n greintjie respek.

Werner ·

Se die instansie wat in die eerste plek nie wou reageer toe hulle om hulp gevra was nie . Glo nie n woord nie seker bang die paddas begin agtergekom die water word warm . Glo nie meer n woord wat die polissie se nie

ES ·

Ek glo deesdae moeilik wat in die media gese word en nog minder wat ander mense my vertel want mense las altyd stertjies by ‘n storie.

Ek dink mense wat sulke tipe valse inligting deel en stories soos dit opmaak moet streng vervolg word want hul lok net sensasie uit.

Arthur ·

Dit sal noodwendig gebeur, wanneer ‘n terroriste organisasie, wat deurspek is met kriminele, aan bewind kom…..

chrismar ·

Beide die hoofstroommedia en sosiale media is skuldig aan fopnuus.Die verskil is dat op sosiale media jy gelukkig eers die boodskap kry voordat dit deur die admins of sogenaamde “fact-checkers” as fopnuuus verklaar word of bloot gesensor en verwyder word..Wat die hoofstroommedia betref kan jy kla oor fopnuus maar hulle sal besluit of hulle jou beswaar sal publiseeer al dan nie.As dit nie hul agenda pas nie kan jy vergeet.Hulle het vir te lank te veel mag en gesag uitgeoefen en massas gemanipuleer,maar so val koninkryke al vir eeue lank.Dit is nie altyd oor wat jy publiseer nie,maar oor wat jy nie publiseer nie..

Ann ·

Hou asseblief op met julle giftige kommentaar! Besef julle nie dat die naasbestaandes hierdie vreeslike trauma moet verwerk nie? Dink julle dis vir hulle maklik? Hulle lees ook hier, hoe dink julle moet hulle voel om na al hierdie negatiewe kommentaar en bespiegelinge te kyk?
Magties, as julle nie weet wat om te sê nie, bly eerder stil!

Elsa ·

Ai, sal die mensdom tog ophou sensasie soek?
Dink aan die familie en vriende voor jy praat en skryf.
En ja, ek het hulle geken.

Bregterblom ·

Wat maak dit in elk geval saak? Die mense is ontvoer en koelbloedig vermoor!! Maar ja, sulke wreedheid sal niemand verbaas nie……

Hercules ·

waar daar rook trek moet daar ‘n vuur wees

ek ruik ‘n groot vet rot, die SAPD wil sekere goed weerhou, omdat hulle te sleg was om dadelik te help
en eers ongeveer 72uur na die voorval begin met ondersoek!!

danksy die great optrede van die boere gemeenskap is 5 terroriste gearresteer!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.