Vaalharts-moorde: Verdagtes dán in hof

Elzabie, Breggie en Dan Brand.

Die vyf verdagtes wat vasgetrek is in verband met die moorde op Dan (83) en Breggie (79) Brand en hul dogter Elzabie, verskyn na verwagting Donderdag in die Hartswater-landdroshof.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, het gesê die vyf verskyn op aanklagte van moord, roof en ontvoering. Die verdagtes is onderskeidelik 18, 19, 20, 36 en 42 jaar oud.

Die ondersoek na die moorde duur intussen voort.

Die Brand-egpaar se liggame is Dinsdagmiddag in die omgewing van die Takaneng-nedersetting in Taung in Noordwes gevind. Elzabie se liggaam is vroeër in dieselfde omgewing opgespoor.

Maroela Media het vroeër berig die gesin is vermoedelik Sondag al ontvoer tydens die aanval op ʼn kleinhoewe in die Vaalharts-besproeiingskema naby Hartswater in die Noord-Kaap. ʼn Soektog na die Brand-gesin is van stapel gestuur nadat vriende van die gesin by hul huis gaan ondersoek instel en tekens van ʼn struweling en bloed gevind het.

Vier verdagtes is laat Maandagaand in hegtenis geneem en ʼn vyfde verdagte is Dinsdag aangekeer.

Sommige van die verdagtes het glo erken hulle het die egpaar en hul dogter vermoor en het toe aan die polisie begin uitwys waar die liggame gevind kan word.

Die LUR vir landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling in die Noord-Kaap, Mase Manopole, het intussen haar medelye met die Brand-gesin se familie en vriende betuig.

Manopole het die polisie ook vir die spoedige inhegtenisnemings geloof en die misdaad bestempel as een wat deur gierigheid gedryf is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

JohanR ·

En nie ‘n woord uit die bek van ‘n President van ‘n land. Nie ons vir jou Suid Afrika, maar liewers ons vir jou ANC!

Adam Adriaan ·

Strategie wat toegepas word deur die ANC/EFF om hulle doel ongesiens te bereik

Kanjynoumeer ·

Gierigheid en hierdie gru moorde en marteling kan n mens nie in dieselfde sin noem nie!!
Genoeg is genoeg!!

Nic ·

ons het een van die swakste presidente wat nie sy eie besluite kan maak nie

Kobus ·

Hierdie moorde is n uitvloeisel van die BLM. Waar is EFF,ANC vroue Liga,ons agbare president, Francois Pienar,Smith,FaF ,AB,Siya ens? Versoening? Ek Sien niks van die menseregte kommissie,Desmond Tutu Nie.

Spook ·

Ek verwag nie veel van die politici nie. Maar die spul nuttelose sportspelers het seker nog nie van hul kniegies opgestaan oor die twee skelms wat Sondag in Centurion geskiet is nie. Plaas dat die nuttelose spul sportmannetjies eerder ‘n eerlike werk soek, en die sportspelery vir die kinders los.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.