Vaalharts-ontvoerings: Aanvallers wou glo roof

Elzabie, Breggie en Dan Brand.

Die aanval op ʼn gesin van Hartswater in die Noord-Kaap die afgelope naweek is reeds uit talle oorde skerp veroordeel. Dit terwyl die polisie steeds op soek is na Dan (83) en Breggie (79) Brand wat saam met hul dogter, Elzabie (50), aangeval is.

Elzabie se liggaam is intussen gevind. Die aanvallers het egter volgens bronne reeds erken dat hulle die egpaar ook vermoor het en sal binnekort hul liggame gaan uitwys.

Die drie is vermoedelik reeds Sondagmiddag ontvoer tydens ʼn aanval op ʼn kleinhoewe in die Vaalharts-omgewing naby Hartswater in die Noord-Kaap. Daar was tekens van ʼn struweling en bloedspatsels in die huis.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het gesê die motief vir die aanval is vermoedelik roof. Die gesin se twee voertuie, ʼn Nissan Micra en ʼn Mazda CX5, is tydens die aanval gesteel.

Die Micra is Maandagaand verlate in die Majaneng-nedersetting in Taung, Noordwes, gevind. Volgens Naidoo is die soektog in die Noord-Kaap voortgesit en die Mazda is in die Pudimoe-omgewing opgemerk. ʼn Vrou het bestuur en twee mans was saam met haar in die kar.

“Die voertuig is voorgekeer en die drie verdagtes in hegtenis geneem,” het Naidoo gesê.

Die vrou wat bestuur het, word na verneem word in hierdie stadium nie met die misdaad verbind nie.

“Opvolgondersoeke is deur die nag gedoen en in die vroeë oggendure is die liggaam van die dogter in ʼn veld in die Takaneng-nedersetting in Taung gevind,” het Naidoo gesê.

“Sy is vermoor, maar die oorsaak van haar dood moet nog vasgestel word.”

Die soektog na Dan en Breggie – en moontlik ʼn vierde verdagte – duur intussen voort.

Die polisie het vroeër sy 72‑uur-aktiveringsplan in werking gestel om alle leidrade na die gesin se verdwyning op te volg. Ingevolge dié plan word alle moontlike hulpbronne beskikbaar gestel om die ondersoekspan te help.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het gesê die verdagtes wat in hegtenis geneem is, wil bekentenisse aflê. Hulle het glo erken hulle het die egpaar en hul dogter vermoor. Die verdagtes sal na verwagting nadat al die nodige reëlings daarvoor getref is, die bejaarde egpaar se liggame gaan uitwys.

Theo Joubert, die VF Plus se takvoorsitter op Hartswater, het gesê hoewel dit te vroeg is om tot ʼn besliste gevolgtrekking te kom, daar met veiligheid gesê kan word dat hierdie voorval óf deel van die huidige vlaag plaasaanvalle is óf “as dekmantel vir ander misdaad” gebruik word.

“Magogong is op die grens tussen die Noord-Kaap en Noordwes. Onlangs is ʼn plaasaanval in die nabygeleë Reivilo uitgevoer, terwyl nog ʼn aanval verlede week gefnuik is.

“Die VF Plus verwelkom ook ʼn mosie wat vanoggend in die Noord-Kaapse wetgewer aangeneem is wat die moorde veroordeel. Dit is sulke tydige en ondubbelsinnige reaksies wat nodig is om die gety van plaasmoorde te keer; mits dit natuurlik in optrede omgesit word,” het Joubert gesê.

Ook Dianne Kohler Barnard, voorsitter van die DA se werkgroep oor landelike veiligheid, het die voorval veroordeel.

“Die DA betuig sy diepste medelye met die familie van die oorledene en die omliggende gemeenskap wat steier onder die skok van hierdie wrede misdaad,” het sy gesê.

Kohler Barnard het gesê dit is juis dié soort misdaad wat die DA daarop laat aandring dat dit ernstig deur die regering opgeneem word, ten spyte van pres. Cyril Ramaphosa se bewering dat geen boere in Suid-Afrika vermoor word nie.

“Plaasaanvalle en -moorde moet net so ernstig opgeneem word soos geslagsgebaseerde geweld en hoogs opgeleide spesialiseenhede moet patrollies doen en die aanvalle stuit voor dit plaasvind.

“Boere, plaaswerkers en hul gesinne werk 24 uur van die dag en sewe dae van die week om kos op ons tafels te sit en het die reg om in veiligheid te leef en te werk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Alet ·

Hoeveel bloed moet daar nog gestort word voordat hierdie land se ANC gaan wakker skrik…!! GENOEG IS GENOEG..!

Oujongvrou ·

Totdat daar nie meer wit bloed oor is om te vloei, dan sal dit stop. Mag God ons almal genadig wees

PietMad ·

Alet, wat wil jy hê moet die ANC doen? Wat wil jy hê moet die regering doen?

Oujongvrou ·

Wel daar sal seker gese word dis apartheid se skuld dat mense vermoor word.

Danie ·

En so word ons een vir een verwyder en wat se ons mede Afrikaners. Kom ons skryf nog n brief en lig ons griewe. Al hoe ons ons griewe gaan lig en aandag van die wereld op ons kry is deur die visier van n loop. Ons kan maar mooi briewe skryf, ons kan voete was van die more tot die aand en niks maar niks gaan help behalwe om n oog vir n oog te draai. Ons kort n leier met kennis n leier wat militaristies kan optree wanneer ons moet en n land wat ons kan ondersteun. Ons Christenskap word van ons weggeneem. Ons waardigheid word van ons weggeneem. Wat doen die Islamiet wanneer dit met hom gedoen word.

Scalla ·

Nou hoekom is hul vermoor as roof die moetief was, hier is n verskuilde agenda!!!

Cherokee ·

Nee, jy’s verkeerd (al besluit jy ‘klaar’). Die motief lê dieper en die moorde is ‘n metode om die werklike motief te bereik. Dit sou sinneloos wees om te sê moord was die motief, want daarmee is niks bereik nie. Die agenda is steeds verskuil en moord is hul wyse om dit te bereik. Wat die werklike agenda is weet miskien nie eens hulle nie, maar die basis daarvan is totale verswarting van die land.

Cherokee ·

Jy is heeltemal reg wanneer jy jouself insluit. En jy sit en wag dat iemand anders iets doen? As jy ‘n alternatief het, pak die bul by die horings.

Annelize ·

“Aanvallers wou glo roof”, dis nou die grootste klug van ‘n opskrif wat ek in ‘n lang tyd gesien het. Hulle UITSLUITLIKE doel is om te VERMOOR en te VERWOES. Roof is ‘n bonus.

Niklaas ·

Om sulke nuus te lees van onskuldige medemense wat vermoor word in ons land , maak mens so magteloos en vervul mens vol woede. Ek het nie woorde nie. Dis absoluut onnodig , maar sonder gepaste wette in SA sal dit nie staak nie.

Cindy ·

NEE Brig. Naidoo, die motief vir die aanval was MOORD, so eenvoudig soos dit! RIV, my simpatie met hul geliefdes :(

Karinda ·

Nee, hulle WOU nie roof nie hulle HET geroof en 3 onskuldige weerlose mense vermoor! No 2 ways about it, sê dit soos dit is asb. Stuur die eise na sy nie-so-agbare president Cyril Ramaphosa, hy het niks gedoen om hulle te beskerm nie!

Sobymykoolkop ·

VERMOEDELIK roof. NEE, hulle het gegaan om te moor. Waarvoor probeer die polisie en media dit versag? Lees asb P.L.A.A.S. A.A.N.V.AL.

Keelvol ·

Wat het Faf en kolisi weer gese…..no lives until black lives matter. So die drie mense se lewens het niks beteken nie. Hoop dat die knieg buigers happy is. ????????????????

JohanR ·

Johan die 2de hier….dit is om te se daai grondboontjie en Marmite toebroodjie maak nie saak, totdat die kaas en spek toebroodjie saak maak nie!

JohanR ·

Cyril Ramaphosa – jou beste oomblik in die lewe, ooit, was die nag van 23ste Maart 2020, toe jy, nogal majestueus, met die volk gepraat het. Daarna was dit net al afdraande, en berg af. As jy skielik jou bedanking wil aankondig, dink nie baie mense sal ‘n duit omgee nie. Doen dit Cyril, doen dit! Neem sommer NDZ, en al die vrot ANC ministers saam met jou, sodat die mooiste land Suid Afrika, en al sy mense weer van vooraf kan begin bou!

Lorna ·

Nou verklaar hulle mos oopenlik oorlog
Asb my Vader verlos ons van die bose ons kan dit nie doen sonder U hulp nie
Ek kyk op na die berge waar sal ons hulp vandaan kom
Van U en U allen Amen

Anton ·

Motief is roof????? n mens ontvoer nie mense en vermoor hulle as jy wil roof nie! Vraag is hoe lank gaan ons volk nog sit en wag om vermoor te word, voordat ons iets daadwerklik daaromtrent gaan doen. En ek praat nie van briefies skryf vir die regering nie!!!

Jack ·

Wat my die meeste bekommer is dat die Afrikaner kerke nie meer hierdie moorde en aanvalle veroordeel nie. In 1994 en n paar jare daarna was hulle baie verbaal oor dinge soos die. Hulle is ons morele gewete of is dit dood. Kan dit wees dat ook hulle gemuilband is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.