Vaalrivier elke dag in groter moeilikheid

Foto verskaf deur AfriForum

AfriForum het Maandag ’n brief aan Senzo Mchunu, minister van water en sanitasie, gerig nadat dit aan die lig gekom het dat riool steeds op verskeie plekke in die Vaalrivier gestort word.

Die burgerregteorganisasie het heelwat klagtes ontvang oor die agteruitgang in die Emfuleni- plaaslike munisipaliteit, veral met betrekking tot besoedeling in die Vaalrivier. Lindiwe Sisulu, voormalige minister van water en sanitasie, het vroeër bekendgemaak dat Rand Water in samewerking met rioolsuiweringsaanlegte nou in beheer is van die situasie in die Vaal en ook verantwoordelik is vir die opknapping van die pompstasie om al die rioolstortings in die Vaalrivier en omliggende waterbronne te stop.

“Die departement van water en sanitasie hou ’n rookskerm voor,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake. “Die minister kondig byna elke jaar aan dat ’n maatskappy, organisasie of staatsinstelling die probleem onder die loep gaan neem. Indien al die geld wat reeds bestee is bymekaar getel word, kon die probleem lankal opgelos gewees het.”

AfriForum het verskeie versoeke in sy brief aan die departement gerig onder meer om dringend ’n vergadering met die departement te belê om die kwessie te bespreek en aksieplanne voor te lê.

AfriForum het ook ’n hand na die departement uitgereik om hulle te help met raad en advies vanuit die organisasie se spesialistedatabasis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Blomme ·

Stop met regstellende aanstellings en kry bevoegde en opgeleide kundigheid in die regte posisies en ons land sal dalk weer sy waardigheid terugkry.

Hasie ·

Al die geld wat daarin gestort is was paaieement op ‘ n voertuig .

annie ·

Onthou tog: Die ANC is die antwoord as iemand van elders vra: Hoekom lyk/ruik/proe die Vaalrivier so sleg? Antwoord dan: Vra die ANC? Hulle ken en is die antwoord.

SAC ·

Paar km suid van Grasmere tolhek op N1 is daar paar plekke waar die riool onder die pad deur gaan. By die informele nedersetting so 10 min van Grasmere af staan ‘n dam riool teen die snelweg. Dit is al vir jare die geval daar. Niks word gedoen. Die ondergrondse water word besoedel en die water wat nie meer in die deur weekte grond kan in nie gaan Vaalrivier toe.

Kan AfriForum ook daar vuurmaak onder die verantwoordelike owerhede asseblief.

Misky ·

Gelukkig het die ANC die Kubane laat kom. Hulle weet mos van waterwese, veral as jy na die stand van sake in Kuba kyk……. (erge sarkasme ja)

Di ·

Als gaan ten gronde onder die verwoesters van ‘n regering. Het geen belangstelling om die natuur en diereryk te beskerm, te besig met korrupsie. Ploeg net voort tussen al die riool

Andre ·

En die ergste is dis die kiesers wat van die water net so moet gebruik. En telkens wys die stemme hulle is gelukkig daarmee.

Di ·

Stem maar weer vir hulle want het ‘n kospakkie of Tshirt gekry! More brand hulle als weer af in betogings oor die besoelde water

Harley Davidson ·

Dit gaan nooit regkom nie ons moet druk op die regering sit om ‘n onafhanklike tuisstaat te gee vir mense wat wil opbou en nie sit en kyk hoe alles verval nie.

Swerwer ·

Solank die ANC Regering aan bewind is sal niks reg kom nie. Mense is nie Opgelei en geskik vir hul poste nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.