Vaalrivier-ramp: ‘Rehabilitasie goed op dreef’

Lede van AfriForum se Stilfontein-tak besig om Vaalrivier te help rehabiliteer. Foto: Verskaf

Die besoedeling van die Vaalrivier, vanaf die rivier se oorsprong noord van Ermelo tot by die invloei daarvan in die Oranjerivier by Douglas, is ʼn nasionale ramp en gevolglik het AfriForum ʼn veldtog van stapel gestuur om die rivier en die omgewing te rehabiliteer.

Dié burgerregte-organisasie het Woensdag in ʼn verklaring gesê om die rivier te help rehabiliteer, het AfriForum-takke die gemeenskappe in 15 dorpe en een stad langs die rivier gemobiliseer om stappe te doen om die invloed van hierdie besoedeling op fauna en flora in en langs die rivier te beperk.

AfriForum en verskeie ander organisasies wend nou pogings aan om die regering te oorreed om die probleem op te los.

“Regeringsingryping is egter nie onmiddellik moontlik nie, aangesien plaaslike munisipaliteite eers die nodige geld moet bekom om rioollekkasies te herstel en die doelbewuste besoedeling van die rivier hok te slaan,” het Marcus Pawson, AfriForum se hoof van omgewingsake, gesê.

“Ons kan egter nie onbepaald wag totdat die regering hierdie probleem oplos nie. Daarom het gemeenskapslede in Standerton, Ermelo, Villiers, Vereeniging, Vanderbijlpark, Meyerton, Sasolburg, Parys, Vredefort, Orkney, Klerksdorp, Stilfontein, Bloemhof, Vaalharts, Kimberley en Barkly-Wes aktiewe bakterieë in die rivier vrygelaat. AfriForum se veldtog om die Vaalrivier te red, het ’n innoverende inslag wat die huidige omgewingsramp gaan help beredder deur aktiewe, goeie bakterieë in die water vry te laat om die riool af te breek en suurstof in die rivier terug te plaas. Dit is deel van AfriForum se korttermynprojek om die Vaalrivier te help red terwyl meer volhoubare projekte en planne in werking gestel word – met of sonder die regering se samewerking.”

Pawson het gesê die organisasie Save The Vaal Environment (SAVE) het tereg opgemerk dat die regering ernstig fouteer deur aan te voer dat visvrektes weens seisoensverandering voorkom.

“Indien die regering nie sy verantwoordelikheid in hierdie verband nakom nie, sal AfriForum regstappe instel om onbeholpe amptenare te dwing om aandag aan die ramp te gee.”

Volgens AfriForum word daar daagliks minstens 1 500 megaliter gedeeltelik behandelde of onbehandelde riool in die Vaalrivier gestort.

AfriForum se mediumtermynaksies sluit in om saam met ander organisasies te werk om onder meer rioolpompe en -aanlegte te herstel. AfriForum se langtermyndoelwitte sluit in die skep van bekostigbare gemeenskapinfrastruktuur met die nuutste tegnologie sodat gemeenskappe hul water self kan suiwer sonder om op die regering te moet wag.

Aktiewe bakterieë wat water suiwer. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Hugo ·

Dis wonderlik dat iemand uiteindelik besluit om iets hieraan te doen. Die feit dat al ons water bronne so besoedel word is n blatante skande…..

Jos ·

Dis so hartseer om te sien hoe die ANC munisipale bestuurders alles so vernietig en en laat verval omdat hulle munisipaliteiete wanbestuur. Nie eers die ANC regering tree dadelik op om die ramp te brobeer redder nie. Afriforum het nie eers naastenby die hoeveelheid fondse (geld) wat die staat het nie maar wend dit wat hulle het ten goede aan. Die ergste is dat niemand verantwoordbaar gehou word vir wanbestuur, selfverryking, bedrog en so voorts nie. dit gaan maar net aan en aan…..

marius ·

En die regering en agri sa spreek nie ‘n woord van dankbaarheid uit nie !

Johnnie ·

Kla die spul aan wat daarvoor verantwoordelik was. baie dankie vir almal wat help en omgee vir ons natuur.

Oujongvrou ·

Ons moet ophou belasting betaal, betaal eerder solidariteit wat die regering se werk doen. Belastings geld word gebruik om regerings amptenare te betaal wat niks doen nie. Dis n skande

marius ·

En die regering en agri sa spreek nie ‘n woord van dankbaarheid uit nie !

Elize ·

Dis nonsens dat daar eers gewag word vir die plaaslike munisipaliteite om fondse te bekom – as die regering die erns van die saak besef en die langtermyn gevolge in ag neem, kan hulle sekerlik geld bewillig om die probleem aan te spreek.
Kortsigtigheid in die verband sal katastrofiese gevolge hê – dankie aan almal wat help met die opruimingsprojek!

Pietsepan ·

Wat eintlik nodig is is seker nie bekombaar nie. Dit is dat munisipaliteite wat nie hul sake korrek bestuur nie onder regsbestuur geplaas moet word. Dan kan al die euwels wat vandag in wanfunksionele stadsrade plaasvind uitgeroei en REGgestel word.

Leon ·

En die politieke partye se bydrae op enige wyse skitter in hul afwesigheid!!! Pateties – baie dankie aan al die instansies wat ‘n bydrae lewer. Ek het familie van die Kaap tans by ons, en hulle kan nie genoeg kraan water drink nie – dit is heerlik vir hulle!

Pieter Truter ·

By die vrywilliges is die will daar. Iets wat duidelik by die owerhede ontbreek.

Swart Piet ·

Dit is weereens goeie nuus dat die wittes die regering se foute oplos. Hulle kan gooi wat hulle wil, maar ek sit nie my tone gou weer in die Vaalrivier se water nie. Die feit bly staan die regering hou aan om riool in te stort. Hulle sal aanhou daar mee totdat alles vernietig is.

Israel ·

Ek stem moenie tax betaal nie , die regering weet in 99% van die tyd nie wat om te doen nie ,hulle weet niks, hulle is so onbevoeg hulle kan nie n kruiwa bestuur nie, dit sal altyd terug kom nat die wittes toe want ons weet wat om te doen en ons gee om

Celtis Africana ·

Weereens my opregte dank aan Afriforum en die vrywilligers. Onbaatsugtige diens, voortdurend en in almal se belang.

John ·

1 500 megaliter daagliks en rehabilitasie vorder goed? So, sonder die staat se hulp? AfriForum is besig met groot advertensie en geldmors. En weldra is julle ook bankkrot, Afrika-styl.

Koop water ·

Gee my raat,

Ek bly teen die vaalrivier en gebruik rivier water vir my huis, my grond is al geboor dat hy lyk soos sifdraad maar tot nou geen ondergrondse water nie.
Hoe kan ek maak, departement waterwese moet verantwoordelik gehou kan word vir die gemors wat hulle toelaat.
Ek kan dit self nie meer bekostig om verder te boor nie.
Is daar n manier wat ek hulle hof toe kan sleep sodat hulle sie rekening optel vir n boorman tot ek water kan kry.
Ek koop nou water vir my huis en ry dit aan.
Water is tog n reg en nie n voorreg nie.

Frans ·

1500 Megaliter per dag! Die hoeveelheid aktiewe bakterie benodig wat COD en COLIFORMS moet verlaag, is so groot dat positiewe impak regtig nie bereik kan word nie. Die rivier vloei deurentyd en word daagliks met 1500 Megaliter se besoedelde water aangevul. Die aktiewe bakterie gaan nie help VOORDAT munisipaliteite en industrie begin om BEHANDELDE uitvloeisel in die Vaalrivier te stort nie. Los eers die probleem van besoedeling se OORSPRONG op, voordat die SIMPTOME behandel word. Afriforum se daad is goed bedoel, maar baie fondse word letterlik in die water “weggegooi”. Dit is soos om ‘n bad vol water te behandel en dan die prop uit te trek vir ‘n volgende bad vol water wat behandel word. Maar die behandelde water wat vrygelaat word sodra die prop uitgetrek word, stort in ‘n REUSE DAM van besoedelde water (wat daagliks met 1500 Megaliter besoedelde water aangevul word) en die besoedelde water “neutraliseer” die impak van die behandelde water. Konsentreer eerder alle pogings op die oorsaak van die besoedeling om dit eers gestop te kry asseblief.

Nikita ·

Die regering voer aan dat visvrektes weens seisoenverandering voorkom?? Nou het ek als gehoor…dis belaglik! Moet die regering altyd die blaam op ander en nou selfs die natuur plaas? Die regerende party kan duidelik nie hulle verantwoordelikheid nakom nie….dis gereeld daar vir almal om te aanskou. Hulle het al n pophuis vol mislukings. DANKIE aan almal en aan Afriforum se hulp. Dis reg stel daai regstappe teen die regering in en dwing hulle Afriforum. Die opstand moet in die kiem gesmoor word…..tyd is geld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.