Vaalwater-boer steeds kritiek na plaasaanval

Ian van Druten.

Ian van Druten.

Ian van Druten (44), ʼn plaasbestuurder in die Vaalwater-omgewing wat verlede week oorval en in die gesig geskiet is, se toestand is kritiek.

Nantes Kelder, hoof van AfriForum se ondersoekeenheid, het aan Maroela Media gesê Van Druten is tans in ʼn geïnduseerde koma in die hoësorgeenheid van Unitas-hospitaal in Pretoria. Volgens Kelder het Van Druten breinbeserings opgedoen wat moontlik tot verlamming kan lei, hoewel daar nie in hierdie stadium bepaal kan word of hy wel verlam is nie. ‘’n Gedeelte van sy skedel is verwyder om die drukking op die brein te verlig,” het Kelder gesê.

Van Druten is Vrydagoggend omstreeks 03:30 deur drie verdagtes oorval toe hy na die tabakstore op die plaas gestap het. Hy is twee keer in sy gesig geskiet. Sy vrou, Wilma, het uitgehardloop toe sy haar man hoor skree en gesien hoe hy in ʼn struweling met die mans betrokke was. Sy het teruggehardloop na die huis en die kombuisdeur gesluit nadat sy nie daarin kon slaag om die veiligheidshek te sluit nie. Die verdagtes het twee skote in haar rigting gevuur, maar dit het in die huis se muur vasgeslaan.

Een van die verdagtes het glo eers probeer om die kombuisdeur oop te kry voordat hulle op die vlug geslaan het. Van Druten is per ambulans na die hospitaal gehaas.

Geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie, maar Kelder het gesê daar word wel vordering met die ondersoek gemaak. Hy het verder gesê die gesin ontvang berading, maar dat dit “’n baie moeilike tyd” is.

Die egpaar het twee dogters, onderskeidelik 12 en 14 jaar oud.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Griki ·

Sterkte aan die Van Druten-familie. Ek bid vir Ian se volkome herstel en dat die uitvaagsels gevang en suksesvol vervolg sal word.

Sonnie ·

Mag die Heer hulle deur hierdie tydperk dra en mag die boosgewigte aan die pen ry met die doodstraf.

pop ·

Die goed is nes slange, le altyd op loer vir prooi. Dis nie vir die regering aanvaarbaar dat die onwettige buitelanders gemoor word nie, maar vir die wit burgers is dit maar allright. Dit voel of slaan ons gedede net op die vloer vas. Godsverlate!!!!!

Willehond ·

Die regering het n verskuilde agenda! Die verlamming van die regstelsel werk alles saam met die kriminele en hulle weet dit.Die arm van die gereg kan eenvoudig nie die aanslag beheer nie.Hierdie moordenaars en verkragters het vrye teuls onder die vaandel van umbuntu en die wraak wat hulle toekom weens die apartheids beleid van die verlede.Geen vinger word veroer om daadwerklike stappe te doen om die witmens in hierdie land enigsins te beskerm nie. Ek sien n tweede Anglo boere opstand broei en sal die enigste uitweg wees om terug te kry wat ons politieke veraaiers van ons weg geneem het.

SNEL ·

Bid vir julle en dat hy ten volle sal herstel. Mag die Here julle dra in die tyd!!!!
Dankie dat Maroela ons op hoogte hou.

anet ·

Dit is verskriklik hartseer vir my dat onskuldige mense so wreed aangeval word. Vrede en krag bid ek die Van Druten-familie toe. Ian ons bid vir jou, mag jy spoedig herstel. By God is niks onmoontlik nie

Hannie ·

Ek vra dat God sy genesende Hand op Ian se liggaam sal le..en hom gesond maak en oprig en n vol lewe sal ly

CHRISTA ·

Wonder hoekom is ons regering nie so besorg oor ons boere wat so aangeval en vermoor word nie? Beteken die onwettige immigrante se lewens vir hulle meer as ons boere s’n? Dit spreek BOEKDELE!!

ronelle horgan ·

Ek het nie meer woorde nie. Sterkte Aan die familie. Bid dat mnr van druten aansterk. X

Freda Faber ·

Malema sit al hierdie boere se moorde en aanvalle. Hy is een van die kommuniste en regeer so baie met ‘n ysterhand. Ek vra myself elke dag af wat is die doel met hierdie blanke moorde. Want is ek nie ook in hierdie land gebore nie? En hulle moet eers ondersoek instel oor die verlede. Hulle het geen kans op vergiffenis nie en gaan eendag in die hel for ever brand.

Lelani ·

Ian, ons gebede is met jou. Ons bid vir jou volle herstel. Sterkte vir jou familie xxx

Una ·

My hart gaan uit na Ian en sy gesin, maar ook almal om hulle wie diep geraak is deur hierdie wrede aanval. Ons bid steeds vir ‘n wonderwerk. By God is niks onmoontlik nie en ons smeek eerbiedig dat Hy Ian genadig sal wees en vir hom ‘n tweede kans sal gee. Ek het Ian nog nooit ontmoet nie, maar ek ken sy baas. Ek weet wat ‘n lojale, hardwerkende staatmaker Ian nog al die jare is. As daar iemand is wat ‘n tweede kans verdien, is dit Ian. Baie sterkte!

Christia ·

Ek se nog die dood straf moet weer in gestel word dan sal ons land weer ‘n plesier wees om in te bly. Nou is jy te bang om iewers heen te gaan na 18h00 jy weet nie wie en wat jou inwag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.