Vadersdag ʼn viering van verantwoordelike pa’s – Zille

Helen Zille

Helen Zille

Vadersdag is ʼn viering wat bedoel is vir mans wat toegewyde, verantwoordelike ouers is, nie vir dié wat “toevallig ʼn baba gemaak het” nie, aldus Helen Zille, leier van die Demokratiese Alliansie.

Zille het in ʼn nuusbrief gesê dat ongeveer slegs die helfte van Suid-Afrikaanse vaders as verantwoordelike vaders beskou word.

“Om jou rug op jou kind te draai, is nie ʼn persoonlike besluit nie. Dit het onmeetbare sosiale gevolge en daarom het die samelewing ʼn reg sowel as ʼn plig om in te gryp,” sê Zille.

Zille het ook verwys na ʼn onlangse hofsaak waar die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) duisende rande aan ʼn ma van drie kinders moes betaal vir agterstallige onderhoud wat nie opgevolg is nie.

Volgens Zille was die opdrag van die hof ʼn tree in die regte rigting

“Die kommersiële tradisie van Vadersdag moedig ons aan om geld te spandeer om ons pa’s te bederf, maar dit is miskien belangriker dat pa’s van die geleentheid moet gebruik maak om te hersien of hulle hulle verantwoordelikheid teenoor hulle kinders nakom,” sê Zille.

Sy het bygevoeg dat dit gepas is dat Vadersdag vanjaar gevolg word deur Jeugdag, wat Maandag gevier word.

 

–   Sapa

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sollie ·

JA! Skande dat sleg pa’s wit, swart en watter kleur ookal net teel en GEEN verantwoordelikheid neem nie. BAIE sosiale probleme word hierdeur veroorsaak – te veel mense en nie genoeg werk, kos, ens. nie dus neem wetteloosheid en goed soos verkragting, kindermishandeling en ander “crime” net al meer toe! Dit terwyl allerhande soorte voorbehoeding gratis en oral beskikbaar is. Natuurlik sal nie een van die sleg goed hier lees nie….

Paul Smith ·

Geen man is ‘n pa net omdat hy kinders het nie, hy is eers ‘n pa wanner sy kinders Jesus in hom kan sien!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.