Vakansieganger verdwyn op Kersdag in die see

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 25-jarige man van Johannesburg het Donderdag in Merebank in Durban in die see verdwyn.

“Die man was saam met vriende toe hy in ʼn systroom meegesleur is,” het LifeSaving SA, in ʼn verklaring gesê. Volgens die organisasie is dit nie ʼn strand wat geskik is vir swem nie. “Die man het teen die stroom probeer swem voordat hy sy lyfplank verloor het. Hy het daarna onder die water verdwyn.”

Lewensredders het tevergeefs na die man gesoek. “Die soektog sal Vrydag hervat,” het LifeSaving SA bygevoeg.

Daar is glo ʼn duidelik kennisgewingbord opgerig by die Cutting-strand, waar die voorval gebeur het, om aan te dui dat lewensredders nie ʼn ogie hou by die strand nie. Die organisasie het vakansiegangers gemaan om slegs in gebiede te swem waar lewensredders hulle dophou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.