Vakansiegangers: Help water aanry na die Vrystaat

Dogter_drink_water_warm.jpg

Foto: batsonchirowellness.com

Vakansiegangers wat na hul huise terugkeer word versoek om by ʼn grootskaalse waterveldtog aan te sluit deur water aan te ry na die Vrystaat.

Sue Wolmarans wat in George gebaseer is, het aan Maroela Media gesê vakansiegangers kan by die Engen in Heather Park op pad na Oudtshoorn of by die Sasol op die N2 buite George stilhou om water op te laai en dan na die Vrystaat te vervoer. “Die water staan in rye vir hulle en wag om aangery te word,” het sy gesê.

Die Vrystaat beleef tans erge droogte en dit is veral die boeregemeenskap wat daaronder ly. Boere kan, danksy hierdie projek, water by die verskillende afsetpunte in die Vrystaat die water gaan haal.

Shell Ultra City Colesberg (Foto: Facebook)

Shell Ultra City Colesberg (Foto: Facebook)

Volgens Wolmarans kan persone die water by die Shell Ultra City in Colesberg of in Bloemfontein aflaai, maar hulle kan ook die water na Winburg, Senekal en Brandfort neem waar daar tans ʼn groot behoefte aan water is.

“As jy self ook waterhouers het, kan jy dit volmaak en gaan aflaai,” het sy bygevoeg. “Mense dink dis dalk net een of twee liter water wat hulle aanry, maar dit beteken baie vir ʼn dier of iemand wat glad nie water het nie. Iemand het op Facebook geskryf die Here gee nie water in emmers nie, maar in druppels. En elke druppel tel – elke druppel maak ʼn stroom, wat uiteindelik ʼn rivier word. Ons kán saamstaan en mekaar help. Elke bietjie tel.”

Wolmarans het versoek dat persone wat self water in bottels of kanne gooi, duidelik sal aandui met ʼn “T” indien dit tenkwater is en vir diere of sanitasie gebruik moet word of eers gekook moet word voor mense dit kan drink. “Ons het al talle kanne vervoer wat ʼn ‘T’ op het, dan weet ons dis dalk reënwater of tenkwater wat iemand versamel het.”

Persone kan die 2L- of 5L-bottels ook merk met “DW” vir “drinkwater” of “TW” vir “tenkwater”.

Riaan Stoop van Shell Ultra City Colesberg het aan Maroela Media gesê hulle het ʼn geweldige positiewe reaksie van die publiek ontvang. “Mense koop ook gebottelde water en kom laai dit hier by ons af van waar dit versprei word,” het hy gesê. “Hier het gister ʼn man, sy naam is Chris, stilgehou en al die water opgelaai om dit na die verskillende afsetpunte te neem. Toe ons terugkom, staan daar reeds weer agt liter water in die kas. Die reaksie is wonderlik.”

Boere kan die water by die volgende afsetpunte oplaai:
Shell Ultra City, Colesberg
Shell Ultra City Pit Stop, Bloemfontein
Shell FC&H, Welkom
Queens Mall Pick n Pay, Oudtshoorn

Besoek gerus ook die Facebook-blad, Water Shortage South Africa, vir verdere inligting.

Klik hier om nog afsetpunte vir verskillende provinsies te sien (klik op jou provinsie in die linkerkantste kolom).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

HEVW ·

Dit moet noodwendig positiewe gevolge he soos om van ons selfgerigtheid te vergeet. Kan net lei tot gemeenskapbetrokkenheid en ons kan weer daarvan bewus word dat daar so iets is as volksgebondenheid. Baie positiewe nuus.

Voorlaaier ·

Asb mense! Ek is van “de Brug” net buite Bloem op die N8 Kimberley pad.
Die boere kry geweldig swaar.Boorgate is besig om op te droog. Water moet ver aangery word vir vee. Daar is net nie reen nie!! Oeste is verskroei . Gewasse brand dood in 37-38 grade temperature wat ons die afgelope 3 maande tuister. Die situasie is ernstig.

Eliza-beth ·

Ai mense ek hoop almal versprei hierdie berig sodat almal kan help. ‘n Tyd terug het mense so water by Beaufort Wes afgelaai wat toe ook gesukkel het so ek weet mens KAN. Ongelukkgi is ek nie gelukkig genoeg om van vakansie af te kom anders sou ek! Versprei asb die berig dmv facebook en twitter – die wat toegang het daartoe!

Joe ·

Ek is nou so spyt, het gister vanaf Kaapstad tot in Pretoria gery met ‘n lee 1 ton bakkie, jammer ek het nie geweet van hierdie wonderlike inisiatief nie.

Thelma ·

Mag die Here ons genadig wees en die sluiers van die hemel oop maak en ons seën met genoeg reën sodat die boere landwyd op hul voete kan kom. Ons het dit so so nodig…en dis wonderlik om te sien mense help mekaar nogsteeds in tye van nood.

tina ·

Dit vul my met weemoed en bring trane in my oe. ‘n Mens moet eers deur swaar gaan om weer opnuut te besef hoe nietig is ons as mens. Ek weet verseker die Here neem kennis en bring eenheid onder mense. Honger en dors raak mens en dier, almal deel van God se skepping. My hart klop warm as ek sien hoe mense inspring en nie vir mekaar wag nie. Op skool was ons leuse: Eendracht maak macht. Ek salueer elkeen wat sy kant bring, hoe gering en se baie dankie – terwyl ons nie ophou bid dat die Here sal voorsien.

Chris Mynhardt ·

Want die publiek doen is goed. Die vraag is tans wat doen die regering oor die kommerwekkende situasie? Het die Minister van Water en Riool nie in parlement gese dat daar geen water krisis en droogte is nie. Het sy ook nie gese dat kubaanse ingenuers wat spesiliseer in water die krisis sal op los nie in die Vrystaat nie. Nee dit is die gewone mense wat die probleem sal oplos. Dankie vir almal wat hulle kant bring.

Herman ·

My vraag is presies dieselfde waar is “wonderlike” regering…..??? Maar aan die anderkant dankie vir die wat help….!!!!

vermeende ·

Mense moet die erns besef, jy kan vir 40 dae sonder kos gaan maar in die hitte net 4 dae sonder water. daai vee is die vleis wat ons koop by P&P, as ons verbruikers nie help niem dan is dit ons wat honger gaan.

Wil help ·

Kan daar n lys geplaas word van punte waar water afgelaai kan word?

nig ·

Wil help – onderaan die berig is punte en daar is ook ‘n fb bladsy. Nogalss jammer want almal IS nie/wil nie op fb wees nie – dlak meot hul die inligting meer wyd publiseer as net op fb.. Ai mense versprei die storie!

Annemarie Lee ·

Dit is verskriklik droog! Ons ry terug Noorde toe van Ladybrand. Clocolan, Marquard en Senekal het al vir 4 weke nie water nie. Ladybrand is nie veel beter daaraan toe nie. Kan dasr nie vanuit die Noorde ook so ń inisiatief geloods word nie?

Rudi ·

Hier is so kort lys
Water shortage SA Pick up & Drop off points
Updated…ons probeer…
URGENT REQUEST
PLEASE MARK ALL BOTTLES
DW – DRINKING WATER
TW – TANK WATER TO BE USED FOR SANITARY AND ANIMAL USE.

Winburg (Free State)
contact Santie Bothma (082) 9732240
Leechstraat 60

Brackenfell (WC)
Brackenfell News & Info

Oudtshoorn
OUDTSHOORN to PicknPay, QUEENS MALL

Welkom
Margaret Crous – Cellnr 082 767 5056
70 Davidstr
Naudeville
AND
FC & H Shell garage
168 State Way
Celnr 082 474 8510

George
Geskuif na Sasol fulstasie oorkant Rademachers
en by
Engen Eco Stop oorkant Heatherpark Spar in George.

Port Elizabeth
Leoni Erasmus Snr – Telnr 041 581-4449
Body Fuel Express
Shop 4, Time Square Centre,
Heugh Road,
Walmer.

Colesberg
Colesberg Shell garage
Ultra City
Riaan Stoop – Baie dankie!
Gerhard Le Roux – Cellnr 079 444 9846

Postmasburg
Henta Meyer Greef
15km on Postmasburg road to Kimberley
Selnr 082 4686841

Petrus Steyn
Nikita Herbst – Cellnr 072 255 9947
Eeufees straat 30

Hoopstad
Groep 5
10 Van Zylstraat
Trysie Wolfaardt – Cellnr 072 154 5508

Maclear
Paulette David 0720968062
Nick Botha 0720968062

Bethlehem
Silverton Radiotors
Lindley Straat 11
Gerrit Steenkamp

Bloemhof
N12 Sentra Garage.

Newcastle
Engen/ Toyota garage
Johan Jonker 0828078894
Karel 034 312 6241.

Rustenburg
Silverton Radiators
Gys van Rooyen
77 Zendeling straat

Mosselbaai
Shell Garage
Voorbaai
Gerhard Le Roux – Cellnr 079 444 9846

Gaetan Bovit farm is situated between Tulbagh and Wolseley, Western Cape, about 15 km from Ceres and 55 from Wellington!
I have fresh drinking water from a borehole, pump about 1500 to 2000 l per hour ….
Trucks are welcome to come and load water!

Bloemfontein
Engen N1 North garage

City Bug has there first load of water ready! It will arrive in Bloemfontein this afternoon at 165 Haldon Weg- Kontak persoon – Jannie du Preez – 082 466 9668

Will anybody be able to pick up the water and deliver it to the N1 North Engen petrol station please????

Nelspruit
Agrimark
Francois Erasmus
Riverside Lifestyle Centre,
Waterfall Avenue

Beaufort Wes
Middelburg MP
Soek nog oplaai punt

Aliwal North
Aliwal Toyota die Toyota Garage in hoofstraat

Senekal
Soek nog aflaai punt

Brandfort
Brandfort water can be sent to the BP in the main street.

Zastron
Soek nog aflaai punt

Johannesburg
Soek nog afset punt

Dis n lysie wat sy pad tot my via whatapp gemaak het, maar jul kan op solidariteit se Facebook ook gaan kyk.

AnnA ·

MEDIA word wakker ADVERTEER. Maatskappye/Vervoer maatskappye spring in trokke met vervoer/sluit water in julle vragte heen en weer.

Eliza-beth ·

Jinne ek he tal klaar kommentaar gelewer maar het sommer weer kom loer en dis so fantasties hoe elkeen hier probeer help met raad en plekke waar mens kan aflaai en google adresse ens. Mens lees so elke dag van moord en doodslag dat mens moedeloos raak en dan kom iets soos die om mense weer bymekaar te laat staan. Dan kry mens weer nuwe hoop vir ons land ook sommer, want uiteindelik SAL die goeie seëvier! Ek sê sommer dankie vir elkeen hier wat insette gelewer het – ek wens so EK kon meer doen! Sit hier met water in Gauteng en al wat ek eintlik kan doen is om die woord te versprei na vriende wat vanaf die Kaap huis toe kom en verder bid vir goeie, dringende reen!

Christa vW ·

Eliza-beth, moenie die waarde van jou gebede onderskat nie. Bid vir reën, en ook vir bemoediging, innerlike krag, wysheid en oordeelkundigheid vir ons almal. Ja, God stuur water in druppels, maar nou ook in kanne en bottels! Want dis deur Hom dat die mens tot goedheid in staat is.

Minette ·

Eliza-beth en ander:

Daar is nou punte in GAUTENG en regoor die land om water af te laai. Kyk na my link. ALMAL kan nou help! Vir R100 kan jy 5 bottels 5l water koop en aflaai.

Kyk bietjie op FB na Ray de Vries. Hy ry rond en help en post wat hy sien.

Dis ongelooflik hoeveel mense help :-)

Eliza-beth ·

Minette BIAE dankie vir die link ek gaan so gou moontlik by my punt paar bottels water afgee en het reeds klomp mense epos gestuur. Baie dankie!

Dina ·

Ek het al gewonder of die staat nie brandweerwaens beskikbaar kan stel vir water. En so het die Weermag ook watertenks wat gebruik kan word.

Fanie ·

Ja!!! Dit is ‘n uitstekende plan Dina.
Ek wonder of die regering/staatsinstellings al wakker geskrik het. Dit lyk my hulle weet van niks.

Joe ·

Goeie plan Dina, wonner net wie gaan daai watertenks aflewer, want die hele lot is op AWOL!!

netso ·

Nee nie awol nie, die staats amptenare is besig om roukol te vat van wat volgende gesteel kan word. Hul like die droogte want sodoende word die boere nog meer op hul kniee gedwing, sodat hul die plase net kan kom vat.

Vanie ·

Albertinia meubelver het trokke beskikbaar om maandae op te laai in suidkaap en na noorde te vat ons kantoor maak 11 de oop en reelings kan getref woord by [email protected]

Eliza-beth ·

Vanie – kyk na MINETTE se kommentaar daar is ‘n link en kan jy daarop klik en dan gaan jy na jou provinsie en sien wie ko-ordineerder is. Mense hierdie is ‘n fantastiese poging van almal!!

Mariet ·

Ek is Saterdag, 2 Januarie ongeveer 12:30 deur Colesberg, oppad Kaap toe – by die eerste Caltex garage, soos jy inkom van Bloem se kant, het hulle die sproeier op die gras aangehad!!! Half-een in die middag en dit was bloedig warm – ek was verstom. Ek wens nou ek het ‘n foto geneem en wyd op Facebook gepubliseer

EMK ·

Die persoon in Kurgersdorp sukkel met vervoer van groot hoeveelhede – kan iemand anders hier uithelp? Sy kan net bv bottels water deurneem maar het iemand dalk ‘n vragmotor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.