Vakansiegangers in beboste gebied opgespoor ná kaping

Argieffoto

Argieffoto

Ses mense van Mpumalanga wat op pad was na Mosambiek met vakansie is Donderdag in ʼn afgeleë, beboste gebied in die noorde van KwaZulu-Natal gevind nadat hul twee voertuie gekaap is.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die reisigers was omstreeks 06:30 op pad na Mosambiek toe hulle naby Emanguzi deur vyf gewapende mans aangehou is. Hulle is aangesê om uit die voertuie te klim en die verdagtes het met die voertuie, ʼn Toyota Fortuner en ʼn Hi-Lux bakkie, gevlug.

“Die slagoffers is omstreeks 13:00 in ʼn beboste gebied naby Thengani gevind en na die Emanguzi-polisiestasie geneem,” het Zwane gesê. “Die weermag het dadelik die grens afgesper en met behulp van Netstar en Tracker het die polisie onmiddellik ʼn uitgebreide soektog op die grond asook met helikopters van stapel gestuur. Ons glo die voertuie is op pad Mosambiek toe.”

Zwane kon nie onmiddellik bevestig of die slagoffers Suid-Afrikaners of buitelandse toeriste is nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Zwane het ʼn beroep gedoen op enigiemand met meer inligting om hul plaaslike polisiestasie of Crime Stop by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Eerder “Manguzi”.
My somme sê dat hulle ‘n 6½ uur voorsprong gehad het en lankal oor die grens is voordat polisie kon begin soek. Verontrustende toedrag van sake en dit net oor wetteloosheid wat nie hokgeslaan word in hierdie land wat deur Zuma . . . . . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.