Vakansieklubs: Ondersoek voltooi; verslag binnekort uitgereik

tyddeel

Argieffoto

Jarelange aanvoorwerk van die VF Plus om onreëlmatighede in die vakansieklubbedryf bloot te lê, het eindelik vrugte afgewerp met die nuus dat ʼn omvangryke ondersoek, wat landwye openbare sittings ingesluit het, voltooi is en dat ʼn finale verslag daaroor eersdaags uitgereik gaan word.

Anton Alberts, woordvoerder van die VF Plus, het gesê die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het op navraag van die party oor die status van die ondersoek bevestig dat daar eindelik ʼn moontlike remedie sal wees vir duisende lede van klubs wat veral probleme met ʼn puntestelsel ondervind.

“Dié nuus is bemoedigend en sal hopelik ʼn einde bring aan een van die land se grootste verbruikerskwessies oor die laaste dekades,” het Alberts bygevoeg. “Die VF Plus versoek mense met probleme steeds om dit aan te meld deur regstreeks met Neels Hattingh van die VF Plus in verbinding te tree deur ʼn e-pos te stuur aan [email protected] of skakel hom by 012 772 4410. Die VF Plus het dié diens begin om die publiek te help deur hul klagtes by die NVK aan te meld.”

Die VF Plus het omstreeks 2012 reeds klagte ingedien by die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid en die Verbruikerskommissie nadat die party talryke bewerings van ongerymdhede en onetiese optrede in die bedryf ontvang het.

“Duisende ontevrede klublede van reg oor die land het by die VF Plus aangeklop om hulp, en al hierdie klagte het deel van die ondersoek geword. Uit die klagte het dit geblyk dat verbruikers wesenlike probleme ondervind het met veral:
1. Die ewigdurende aard van vakansieklub-kontrakte.
2. Die puntestelsel. In teenstelling met stelsels geskoei op tyddeel en deeltitelbasis wat albei deur wetgewing gereguleer word, is gevoel dié stelsel is ʼn onwettige skema ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming.

VM Mabuza, senior ondersoekbeampte van die NVK, het aangedui dat ʼn eerste weergawe van die verslag die volledige en omvattende verslag sal wees en ʼn tweede weergawe, ʼn korter opsommende verslag, sal aan die publiek vrygestel word sodra dit gereed is.

Lees alle vorige berigte oor vakansieklubs op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Hoogtyd dat daar iets gedoen word aan hierdie skelmstreke. Mense word skandeloos ingeloop met beloftes wat nie realiseerl nie. Ons het al Stelle afgetrap.

Daan Erasmus ·

Ons is baie tevrede met ons vakansie punte. Ons gaan net buite seisoen en as jy betyds bespreek kry jy altyd plek. Goeie beplanning is die wagwoord. Met hierdie ondersoek het ek gesien baie mense beplan swak en dat is dit die Vakansie Klub se skuld. Natuurlik sal almal nie Desember plek kry nie.

A ·

Ek stem nie saam nie. Ons moes ‘n premie betaal om gedurende skool vakansies plek te kry. Nodeloos om te sê, ons kon nog geen plek kry tydens ENIGE skool vakansie. En ek het al probeer om ‘n jaar voor die tyd te bespreek. Daar is BAIE BAIE plek buite seisoen. Geen probleem.

EC ·

Hulle katrol jou in met die woorde “Jy het ‘n gratis vakansie gewen” deur net te gaan luister na die agent. Drie ure later probeer hulle so baie goed aan jou afsmeer en soek net die kredietkaart nommer. Maar drie ure later stel ons nog steeds nie belang nie. Lekker koffie en koekies gratis gekry :)

Hendrik van George ·

Skelms, Skelms en nog skelms. Jammer dat die klagtes al in 2012 ingedien is, en nog niks het verander nie.

Nefie ·

Bietjie laat vir party, my ouers het geld verloor en gerief en moes aanhou betaal. Vakansie punte is die grootste klomp nonsens ooit. Maar ek hoop die mense wat nog vas gevang is kan verligting kry.

Adriaan ·

Gee asb datum wanneer die verslag bekend gemaak word. Dit sloer al jare. Wil voorkom asof die gewilligheid ontbreek. Dit gaan ook jare neem om wetgewing te verander. Was die zuptas dalk hierny betrokke?

OWO ·

Hierdie stelsel kom al uit die 1970’s toe Koelwaters ‘n ontwikkeling aan die Natalse Suidkus gehad het.Ek kan onthou dat my ouers ook ‘n maand ‘n jaar gehad het.Hulle was eenkeer daar toe is die hele spulletjie kamstig bankrot en hulle het nie eers hulle deposito terug gekry nie.

Stella Berning ·

Ek het ook gesukkel met eie heffings. My man is oorlede en die punte erf ek toe. Heffings R9 duisend n haar. Wat op die pensioen net onmoontlik was om te betaal. Uiteinde na 2 jaar se gesukkel is dit afgeskryf waaroor ek dankbaar is. Die heffings betaalbaar al betaal mens dit maandliks is n groot probleem . Besprekings ook. Lekker vakansie gehou die eerste jaar. Daarna was dit n gesukkel om plek te kry waar jy wil vakansie hou. Al hul plekke moet ek sê was pragtig. Maar ja . Dit is n ding waarmee hul mense lekker vang. En eintlik lekker in die moeilikheid bring .

francois ·

Ons is by Dream vacation en kry net puik diens baie tevrede

CJ en E Engelbrecht ·

Ons is van Namibia en hier is slegs een ” Holiday Club Resort” by Langstrand wat dit baie moeilik maak om plek te kry en oorde te vêr in Suid Afrika en elders in die wêreld.
Die verloor van punte is ‘n enorme probleem want om dit te voorkom moet besprekings baie lank voor die tyd gemaak word en geeneen van ons kan voorsien of dit moontlik sal wees om dit wel te gebruik nie.
Indien jy bespreking kanselleer verloor die lid weereens.
Hoekom moet punte verval ? Elke maand word aftrekkings gemaak en die Holiday Club ontvang die geld so hul verloor niks maar as verbruiker bly jy verloor.
Ons het die volle totaal betaal met aansluiting en nou moet maandeliks nog betaal word vir instandhouding,ens. van oorde.
Ja ons was lekker gevang vir ‘n sucker!!!!!!!!!!!!!!

Eddie ·

Die feit dat punte verval is DIEFSTAL !!!
Daar is ook onvoldoende plekke beskikbaar vir bespreking !!!

phillip van dyk ·

Ons het so punte stelsel. Baie beloftes aan ons gemaak. Een was ons kan dit terug verkoop aan hulle. Nou is die punte skielik amper niks werd nie en ons betaal elke maand Levi’s. Ons wil verkoop en hulle se net waar is dit geskryf dat hulle sal terug koop. Baie geld verlore en gemors…..

SjN ·

Die probleem is die maandelikse levy, die levy behoort buite die gebou te wees.

Gehasi ·

Hou net knaend aan en aan en aan. Ek het reggekom. Daar was in Nov 2017 reeds n brief uitgereik met n voorstel vir kansellasie maar die vakansie klub, wat altyd my regte e-pos adres gehad het, het dit skielik (eers 3 maande later) na n verkeerde e-pos adres gestuur (2 letters was skielik omgeruil). Dit het my 3 maande geneem om die voorstel op skrif te kry nadat ek vir die eerste keer in Junie 2018 daarvan gehoor het, maar volgens my was dit redelik en ek het dit aanvaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.