Die hooggeregshof in Noordwes het die eienaars van ʼn vakansieoord aanspreeklik bevind ná Daniel Black, ʼn kameraman vir 50/50, se driejarige seun in 2010 verdrink het.
Dit het as ʼn lekker gesinsvakansie aan die oewer van die Groot Maricorivier in Desember 2010 begin, maar in ʼn tragedie geëindig vir die familie van die dokumentêrekameraman Daniel Black, toe hul driejarige seun in vloedwater meegesleur is en verdrink het.
Die gesin het by ʼn vakansieoord naby Groot Marico tuisgegaan toe hul chalet oorstroom het. Drie van die vyf gesinslede is omstreeks middernag op Woensdag, 15 Desember 2010, deur die water meegesleur.
Belinda Black en nog ʼn kind kon uit die vloedwater ontsnap wat in die huis ingestroom het. Daniel het aan sy klein seuntjie vasgehou toe hy en sy 12-jarige seun aan bome gegryp het om te keer dat hulle wegspoel. Hulle is ongelukkig van mekaar geskei en paramedici het Eric se liggaam later die middag gevind.
Barnard Incorporated, die prokureurs wat die gesin verteenwoordig, het gesê die Black-gesin het die eienaar, Tino Erasmus, gedagvaar vir nalatigheid omdat hy die chalets binne die 100-jaar-vloedlyn gebou het. Hulle het aangevoer Erasmus en sy vrou het ook versuim om voorsorgmaatreëls te tref om gevaar te voorkom weens die ligging van die chalet.
Erasmus en sy vrou, Annette, het aangevoer die vloed was bloot “ʼn natuurfrats” en dat, alhoewel hulle simpatiek is met die Black-gesin se verlies, hulle nie aanspreeklik gehou kan word vir die tragedie nie.
“Op Vrydag 26 Maart 2021, ná ʼn elf jaar lange stryd in die hof, het die Noordwes-hooggeregshof die Erasmusse se bewerings van die hand gewys en ten gunste van die Black-gesin beslis,” het Barnard Inc in ʼn verklaring gesê. “Die uitspraak bring ʼn klein bietjie berusting vir die gesin, wat nou in die Verenigde Koninkryk woon. Die omvang van die eis moet nog bepaal word.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
ek is verstom, al hoewel dit hartseer is dat n kind dood is, kan mens ni d eienaars beskuldig ni, as jy dit wil doen moet jy die plaaslike owerhede ook aanspreeklik hou.
As hulle geweet het die chalet is te na aan die water gebou waarom een bespreek. Kry n ander een. Maar nou wil hulle die eienaar blameer
Hierdie is weereens ‘n bewys dat ‘n swaard twee snykante het.Ja die eienaars het nie aan die wetlike vereistes voldoen nie en die Blacks kon nie die ramp voorsien nie.Iewers moes iemand inspeksie gedoen het en die bouregulasies toegepas het.Dit is nie gedoen nie.Gaan die eis die kind terug bring,nee.Streng volgens gemene reg is die eienaars skuldig aan nalatigheid.Die owerhede is ook skuldig maar ek kan nie sien hoe die Black familie die tragedies vooruit moes sien nie.
Dit is bitter hartseer om ‘n kind te verloor, maar niks wat enige iemand doen of sê gaan daardie kind terug bring nie.
Moenie kommentaar lewer as jy nie van die FEITE wat voor die hof gebring en die leuens en halwe waarhede wat gegee is weet nie. Die eienaar het na die tragedie eenvoudig die chalets net oorgeverf en wéér beskikbaar gestel. So na alles stel hy steeds mense se lewens in gevaar. Daar is ‘n wet wat bepaal waar en hoe vloedlyne bepaal word en waar jy mag en nié mag bou nie. Dis verontagsaam. Dis nie vir mense wat kom vakansie hou om te weet die wet is na gekom al dan nie. Mens veronderstel as jy êrens gaan naweek/vakansie… Lees meer »