Vakansieoord-moord: ‘Man wou familie beskerm’

Argieffoto bloot ter illustrasie van ‘n chalet by die oord. (Foto: ATKV-Buffelspoort)

Die man wat Donderdag in die vroeë oggendure by die ATKV-Buffelspoort buite Rustenburg doodgeskiet is, het glo sy familie van die aanvallers in hul chalet probeer beskerm.

“Johannes Nicolaas Brits (68) het glo voor sy familie gestaan en hulle van die aanvallers probeer beskerm. Verskeie skote is egter in sy rigting afgevuur en hy is op die toneel dood verklaar,” sê kol. Adèle Myburgh, woordvoerder van die polisie.

Brits en sy familiegroep het in een van die chalets by die oord tuisgegaan toe drie verdagtes vroegoggend by die chalet ingebreek het. Die polisie is tussen 01:30 en 01:40 na die toneel ontbied.

Myburgh sê dit was vir sy familie baie traumaties om hom dood te sien.

Dit is nog nie duidelik hoe die aanvallers toegang tot die chalet verkry het en wat tydens die aanval uit die chalet gesteel is nie.

’n Saak van moord en sakeroof is aanhangig gemaak en ’n ondersoek is vanoggend van stapel gestuur om meer inligting rakende die voorval te bekom.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Reinard du Plessis, bemarkingsbestuurder van die ATKV, wou hom nie vanoggend oor die voorval uitlaat nie en het gesê die oord wag nog op die polisie se forensiese ondersoekers om die toneel te fynkam voordat enige besonderhede aan die publiek bekend gemaak kan word.

Volgens Du Plessis is die ATKV se hooffokus nou om die nodige ondersteuning aan die familie van die oorledene te bied.

“Ons fokus daarop om die gesin en personeel by die oord by te staan want uiteraard is baie mense as gevolg van die voorval getraumatiseer.”

Die ATKV-Buffelspoort in hierdie stadium steeds oop is vir besoekers hoewel die besluit moontlik heroorweeg kan word.

  • Die berig is gewysig na gelang van inligting wat ná die tyd van publisering deur die polisie bekendgemaak is – RED.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Swerwer ·

Sterkte aan die familie en naasbestaandes. Geen mens is meer veilig in die Republiek van Suid Afrika nie. Dit is net weereens deur hierdie voorval bewys.

Juan ·

Daai plek is soos n fort gebou…jy loop nie net sommer in nie.

Kobus ·

Jare gelede toe ek by ATKV wou aansluit, moes ek deur ‘n lid voorgestel word, ek moes my Kerkverband bevestig het, my onderwerp het aan ‘n stel reels waarna my aansoek goedgekeur is. Ek het as lid bedank weens al die kulture wat nou daar toegelaat word. Besoekers was beperk,maar word saamtrekke toegelaat. Kerkverband speel nie meer ‘n rol nie, geen reels geld meer daar nie want almal wil polities korrek optree. Die gehoorsame lid trek weereens aan die kortse end.

Skappie ·

Weereens iemand wat voor hulle gesin dood geskied word. Nee, man hierdie mense moet gevang word, en die doodstraf kry. Regtig, hierdie gaan nou te woes in ons land. Waar kry hulle die gewere en goed? Baie jammer aan sy gesin met sy afsterwe. Mag onse Liewe Heer julle deur hierdie moeilike tyd dra, en julle styf in Sy arms vashou.

Erika ·

Dit is waarskynlik tipies n sekere persoon wat daar werk …en besoekers dopgehou het en gesit en wag vir n “opportunity “..

Moenie dink Omdat jy op vakansie is kan jy gaan ontspan in suid Afrika nie…Tsk
Sterkte vir die Familie

krodedil ·

As gereelde kamper kan ek getuig dat die sekuriteit by ATKV oorde regtig uiters swak is. Gaan kyk hoe kla kampers op forums soos Karavanparks, Kampforum, FB ens. Die oordbestuurders is nerens te sien nie en klagtes van probleme word nie opgevolg en terugvoer gegee nie. Ek is glad nie verbaas om van die voorval te lees nie. Nie volgende ATKV oord waar iets soortgelyk gaan gebeur is ATKV Natalia waar geen reels nagekom word nie. Konflik en drankmisbruik veral oor naweke is nie ongewoonts nie. Sekuriteit skram weg om probleme vas te vat.

Aai ·

Geen oord is meer veilig so ontneem hulle ons vryheid een van die dae gaan alles ondergaan niemand gaan meer kamp of op vakansie gaan so baie mense gaan hulle besighede toemaak en nog mense werkloos hule verstaan nie daai som.

Johan ·

My ouers was saam met my ma se twee broers op vakansie by die oord. My oom is koelbloedig vermoor vir selfone! Hy het gesterf terwyl hy bo-op my ma gelê het. Dit is verskriklik

Misky ·

Jammer om te hoor Johan. Dit moes vreeslik traumaties gewees het.

Frances ·

Ons het baie daar gekamp en in die chalets gebly en daar rondgeloop lank na donker oud en jonk, dit was veilig !! die goeie ou dae…….. Ongelooflik jammer vir die familie wat nou deur hierdie hartseer moet gaan, omrede daar skuim in hierdie land toegelaat word om asem te haal.

Nie Verbaas ·

Dit is werklik skokkend dat die gemors nou al oorde teiken.

Johanna ·

Wat n nagmerrie om in a Chalet vermoor te word.. Ek wèèt n man sal sy gesin gerus stel.en se dit is veilig. Geen man vat sy gesin na n onveilige plek vir vakansie nie..
Feit is, in Suid Afrika is nie wit, geel, pienk of swart mense verseker van hulle lewens nie.
Waarlik hartseer vir hierdid land.
Werkloosheid = Wetteloosheid

Mariaan ·

Kan nie glo wat ek lees nie!! Sou daar met n oop deur slaap..was al baie daar en NOOIT gedink so iets moontlik nie….nee genade!!!

Blomme ·

Dit maak mens so kwaad. Die mense wat regtig nie respek het vir lewe nie. Hoe gaan SA se toerime bedryf ooit herstel as ons ons eie nasie doodmaak wat bietjie in ons eie land wil rondreis. Watter rede sal buitelanders het om hier te kom rondtoer. ANC sal regtig nou uit die regering moet padgee. Hulle het net mooi niks in plek om die misdadigers te straf nie.
e

krodedil ·

ATKV direksie en bestuur kruip mooi weg en hoop alles waai oor. Skandelik. Doen iets aan julle swak bestuur en sekuriteit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.