Vakansieverblyf-‘slenter’: Vrou weer in hof

Marianne Tome Roux.

ʼn Vrou wat na bewering dosyne voornemende vakansiegangers mislei het met besprekings vir verblyf in gastehuise in die Suid-Kaap het die week weer in die hof verskyn.

Marianne Tome Roux (32) het Donderdag in die Thembalethu-landdroshof in George verskyn waar sy borgtog geweier is, het kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, gesê. Roux moet weer op 22 Augustus in die hof verskyn.

Roux is op 21 Junie in hegtenis geneem en het op 24 Junie die eerste keer in die hof verskyn op verskeie aanklagte, waaronder diefstal. Sy het onskuldig gepleit op die aanklagte teen haar.

Roux het na bewering sedert verlede jaar gereeld mense genader wat op sosiale media na vakansieverblyf in die Tuinroete gesoek het. Sy het glo op bedrieglike wyse deposito’s en huurgeld van duisende rande in haar sak gesteek.

Nog mense het sedert Roux se inhegtenisneming landwyd sake teen haar aanhangig gemaak. Verskeie beweerde slagoffers het vroeër met Maroela Media gepraat.

Een van verskeie sosialemediaplasings waarin mense beweer dat hulle deur Marianne Tome Roux ingedoen is. (Skermskoot: Facebook)

Estelle Ciaglia van Kaapstad het vertel dat sy ʼn saak in Bellville aanhangig gemaak het toe sy besef dat sy deur Roux ingeloop is. Ciaglia het Roux in Februarie R4 000 as ʼn deposito vir vakansieverblyf in Desember vanjaar betaal. Soos in verskeie ander gevalle het Roux na bewering later vir Ciaglia vals bewyse dat haar geld terugbetaal is van ʼn Capitec-rekening af gestuur.

Francois Gerber van George was een van die eerste klaers wat reeds verlede jaar deur Roux genader is nadat hy sy huis as vakansieverblyf geadverteer het. Roux het glo beweer dat haar onderneming, Eden Travel & Events, vakansieverhurings doen en dat sy reeds huurders vir sy huis het.

Hy sê hy het daarop aangedring dat die vakansiegangers hom direk betaal, maar Roux het glo ʼn deposito van R2 000 vir moontlike skade gehef wat sy volgens hom later nie wou terugbetaal nie.

Nadat sy na bewering ook aan hom verskeie vals bewyse van betaling gestuur het, het hy ʼn klag teen haar aanhangig gemaak. Met die polisie by die saak betrokke het Roux glo wel die geld oorbetaal.

Die saak is toe nie verder gevoer nie totdat Gerber op sosiale media gesien het dat Ciaglia na mense soek wat soos sy ingeloop is met vakansieverblyf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

A Terblanche ·

Eiendoms agenteraad moet hier betrek word want hier waar ek bly is ook privaatmense wat vakansie verhurings doen sonder dat hul ‘n prinsipaal is of onder een werk en sonder trustrekening.

Skerpioen ·

En so dink hulle dat hulle gaan weg kom met hul skelm streke… wag Zuma dink nou nog dat hy ook weg gaan kom

Denise ·

Ou skerpioen’tjie…my vriend,ek vrees Zzzz gáán niks oorkom nie….
Hys té uitgeslape

Wielspore ·

Huur by die eienaar, goedkoopste, beste diens, beste verhoudings. Eiendoms agente jaag die pryse op na markverwant. Die markverwante prys is niks anders as price fixing, die agente op die dorpe ken mekaar en deel inligting tot hul eie voordeel.

Strandloper ·

Shame man syt nie moord gepleeg nie. Moordenaars kry borg maar nie sy nie…ooooo sy wit….dit verader saake in die siek land ne!

Hansie ·

Mooi man, haar pad is nou oop, net so rukkie in die tronk en dan parlement toe. sy het immers haar eerste les geslaag

Tammy ·

So jonk en klaar skelm. Sies man, jy is dan n vrou, of??????? Ek verwag tenminste dat n vrou haar soos een sal gedra en so optree. Sy moet swaar gestraf word, so swaar dat sy sal leer om te werk vir wat sy in die lewe wil he. Dink aan die mense wat elke maand kosgeld afgeknyp het om te spaar vir n vakansie, dalk hulle eerste vakansie ooit en hier kom verneuk sy hulle. Dis n skande! Ek sal graag wil weet wat haar ouers te se het oor hulle pragtige poppie!!!!!!!

Lulu ·

En hoe moet n vrou haar gedra?? Gee tog n sede les vir interessantheid!

Clivé Burger ·

Sy is vrek skelm. My swaer ook Desember met R10 000 ingeloop!

Skoolgeld ·

Oud en Jonk. Jy kry hulle oral tot uit die tronk uit loop hulle jou in. Het in Stilbaai direk by die oulikste tannie “Tilla” oor die foon bespreek en betaal. Jy ry maar weer met jou gesin 1600 km terug huistoe met ñ eier op die gesig!

George in Bloem ·

Lyk vir my sy is goed op pad om self bietjie verblyf gereel te kry vir haarself op die staat se onkostes,’n welverdiende gratis dinner,bed & breakfast pakket vir ‘n jaar of drie.

Alma ·

Maar hoe dom kon sy wees om die skelmstreke te doen onder haar eie naam? Het sy dan nou gedink almal gaan hul geldjies verloor en dit maar net so los. “Ag, wat ons het nou n ou lessie geleer, los die arme vroutjie!” Of dalk het sy eerlik begin en toe word die versoeking vir “easy money” net te groot?

WIEBO ·

Huur eerder by die eienaar self. Ek is in die eindomsbedryf (admin), en glo my, daar is nie n eerlike eiendoms agent nie!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.