Vakbond besorg oor onderwysers wat aangerand word

skool-21.jpeg

Argieffoto

Die onderwysersvakbond Sadtu het gesê daar is ʼn toename in die getal onderwysers wat by skole in die Oos-Kaap deur skoliere aangerand word.

Chris Mdingi, provinsiale sekretaris van die vakbond, het gesê in die jongste voorval is die skoolhoof van ʼn hoërskool in Mt Frere ʼn week gelede aangeval. Hy het ʼn groot wond bo sy linkeroog.

“Daar is geen dissipline nie en geen tugstappe word gedoen teen leerders wat onderwysers aanrand en hul regte skend nie,” het hy gesê. Die vakbond beskou dit in ʼn “baie ernstige” lig, veral omdat dit nou die tyd is wat leerders vir hul eksamen voorberei. “Hierdie swak dissipline kan nie geduld word nie. Ons versoek die departement van onderwys om op te tree en seker te maak dat die situasie by skole gemonitor word in die strewe na gehalte onderwys.”

Hy doen ʼn beroep op die departement en betrokke belanghebbendes om “dringend in te gryp”. “As ʼn onderwyser aangerand word, word dit beskou as ʼn oorlogverklaring teen die vakbond. Ons sal dit glad nie duld nie.”

Malibongwe Mtima, provinsiale woordvoerder vir die departement, het gesê hulle is besig om die situasie op te los. Die skoolbeheerliggaam versoek dat die betrokke leerders geskors moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Daan ·

SADTU The SouthAfrican Democratic Teachers Union is die probleem in onderwys. Van bo tot onder. Poste word verkoop. Daar bestaan nie meer iets soos iemand op meriete aanstel in Limpopo nie. Dit is of geld of poletiek wat jou ‘n pos kry.

Te laat ·

Hoekom is hulle nou bekommerd? Wie het lyfstraf by skole afgeskaf, wie het menseregte so hoog op die ranglys gestel dat misdadigers meer voorkeur geniet as die lydende party. Hulle is verantwoordelik dat ons in ñ staat van bandeloosheid en wanorde verval het.

Andrea van Vuren ·

Dit help nie om die situasie “dop te hou” nie. Daar moet voorkomend opgetree word met streng reëls en onmiddellige verwydering van kind uit skool. Leer hul om weer die gawe van respek te beoefen.

Celtis Africana ·

Ja née, die 30 jare skolier stof die 25jarige onderwyser bietjie af.
Uit en uit n monster wat die resultaat is van die kankerbestuur se verrotting.

heksie ·

nou is sdit n probleem, maar as die minderheidsonnies deur (meestal) meerderheidsleerlinge aangerand en intimideer word, was rassisme betrokke en die kriminaliteit geoorloof.

Hanna Hoekom ·

Nou wil Lesufi hierdie kriminele in ons funksionerende skole indruk… Daar moet tog n ouderdomsperk vir “learners” wees! Die cANCer maak dit onmoontlik om disipline toe te pas: kinders mag nie eens meer n pakslae tuis kry nie. Dan gaan die “learners” universiteit toe en rig R800 miljoen se skade aan (en verwag om kwytgeskeld te word).

jaco ·

ek is deur n skoolstelsel van lystraf vir die geringste ou oortredinkie, PLUS godsdiensonderrig wat ek onder andere vertel is dat apartheid die wil van God is. So dinge was ook maar “distorted” in die ou SA.

Hierbo word in kommentaar verwys na poste wat verkoop word. In die ou SA is van Afrikaanse onderwysers wat wou skoolhoofde word, verwag dat hulle MOES lede wees van die Broederbond en die Nasionale Party. Dit was maar net ‘n ander manier van poste “koop”. Het die bestes nou noodwendig die werk gekry en was hulle lidmaatskap van die Broederbond en Nasionale Party net bysake? Ek dink nie so nie. Ek was in n skool met ‘n patetiese skoolhoof, maar klagtes by hoër onderwysowerhede het NIKS gehelp nie. En hoekom nie? Hy was lid van die Broederbond en daar was bewyse daarvoor.
Broederbond-aanstellings was ook maar net die Nasionale Party se weergawe van “kader-ontplooiing”. En wie weet, dalk het die ANC dit by die Nasionale Party geleer…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.