Vakbond dreig om SA tot stilstand te bring tydens staking

Ivan Fredericks, algemene bestuurder van die PSA, en Tahir Maepa, algemene adjunkbestuurder van die PSA, praat met verslaggewers. Foto: ANA

Die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA) het Woensdag gesê ʼn staking wat vir volgende week beplan word, sal die land se openbare dienste, waaronder grensposte, tot stilstand bring.

Die PSA se 240 000 lede sal Maandag oor lone begin staak, ʼn dag wat die vakbond as ʼn “dag van woede” bestempel het. Dit volg nadat die vakbond geweier het om ʼn drie jaar lange loonooreenkoms met die regering te sluit.

“Ons verwag dat die ekonomie ontwrig sal word en alle grensposte gesluit sal word. Ons gaan nie ʼn beroep op gesondheidswerkers doen om te staak nie aangesien hulle ʼn noodsaaklike diens lewer, maar ons gaan slaan waar dit die seerste maak,” het Tahir Maepa, algemene adjunkbestuurder van die PSA, aan verslaggewers in Centurion gesê.

Die vakbond het kennisgewing van sy voorgenome staking by die koördinerende bedingingsraad vir die openbare sektor ingedien. Volgens die PSA nooi hy alle ander vakbonde wat ook geweier het om die ooreenkoms te onderteken om deel te neem aan die staking.

Ivan Fredericks, algemene bestuurder van die PSA, het gesê die maande lange onderhandelinge met die koördinerende bedingingsraad vir die openbare sektor (PSCBC) was “opgestel”.

“Wanneer daar teruggekyk word na die onderhandelinge, kon hierdie onderhandelinge van die begin af beding gewees het tussen die staat, sy alliansievennoot Cosatu en selfs die PSCBC-sekretaris, ʼn voormalige verteenwoordiger van die Cosatu-filiaal, Popcru,” het Fredericks gesê.

“Wanneer daar gekyk word na die items in die aanvanklike eis deur Cosatu, asook die finale gevolgtrekking en antwoord [van die staat], is dit duidelik dat die uitkoms van die onderhandelinge vooraf bepaal is.”

Die drie jaar lange ooreenkoms sluit in ʼn verhoging van 7% vir junior werknemers, 6,5% vir middelvlak-werknemers en 6% vir senior personeel vir 2018-’19. Die tweede en derde jaar se verhogings sal volgens ʼn glyskaal bepaal word.

Die PSA het ʼn 10%-verhoging vir werknemers in kategorieë 1 tot 10 geëis, en ʼn 8%-verhoging vir werknemers in kategorieë 10 tot 12, asook ʼn R1 500-behuisingstoelaag en ʼn verhoogde mediesefondsbydrae.

Maepa het Ayanda Dlodlo, minister van staatsdiens en administrasie, van “skynheiligheid” beskuldig nadat sy getwiet het dat ʼn ooreenkoms met die vakbonde aangegaan is.

Dlodlo het getwiet: “Die voorgestelde ooreenkoms is nou deur 48,8% van die vakbonde onderteken. Daar word slegs nog 1,3% benodig om meerderheidsteun te geniet. Slegs die PSA het die ooreenkoms verwerp, met 35,2% wat tans hul interne prosesse finaliseer en die ooreenkoms binnekort sal teken.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Staak man ·

AG doen dit net en hou op dreig .. en as julle sin uiteindelik gekry het dan word 9000 mense afgele want daar is reeds te veel in die staatsdiens en julle staak in elk geval al vandat ek my verstand het … STAAK STAAK STAAK .dit is waaruit SA bestaan . NIEMAND WIL WERK nie maar almal wil meer geld he. TOT STILSTAND? Wat gaan tot stilstand kom? Die lisensiekantore is byna reeds ‘n stilstand,die munisipale kantore is in ‘n stilstand, die polisie is in ‘n stilstand ,die ouens wat die asdromme uitgooi is reeds in ‘n stilstand . regtig .. dit gaan nie saak maak nie .. ons is ok sonder julle!

koos ·

Mag ek asb hier iets uitlig? Munisipale amptenare is nie deel van VSA nie. Hulle word verteenwoordig deur IMATU en SAMWU en daar is in hierdie stadium nog nie sprake van enige staking nie.

Akademi Buktu ·

Koos, ek stel voor jy lees weer Staak Man se kommentaar.

Duitsland ·

Hallo – kan iemand dalk vir my se of dit lughawens gaan beinvloed en ook wanneer hul die staking beplan volgende week? Ek land DV volgende Saterdag-oggend op O.R. van Duitsland af. Baie dankie!

Joey ·

Ai tog ek hoop nie jy kom vakansie hou in SA nie. Dit is beslis nou nie die regte tyd. Oral staak mense, brand hulle geboue af en word paaie toegemaak. Baie onvoorspelbaar. Hul baklei nou al klaar want al die lughawes moet nou weer nuwe name kry. Kan jy dink watter impak het dit nou wereld wyd.

Ben ·

Bly liewers by die huis of kuier lekker op majorka of Canarische ilands. Baie beter én veilig!

ACSA ·

Lughawe personeel is darem nou nie STAATSAMPTENARE Nie alhoewel hulle so funksioneer. Vlieg self volgende week.

Gertryda ·

As die stakers net eending sal leer
Hoe meer hul staak afbrand en land onregeerbaar maak hoe minder is daar
Wat werk gaan hê
Wat van my mense regte om by werk te kom om kinders by skool te kry om my produkte by mark te kry
Ek word as gyselaar gehou deur die stakers omdat hul my mense regte wegneem
Hier in my omgewing blok hul al die afgelope paar maande paaie brand lorries grawe moewiese slote oor teerpaaie beroof broodlorries ens ens ens ons moet ompaaie van honderde km ry
Ek voel n jittel vir hul probleme dit is nie ek wat enige van hul probleme veroorsaak nie Ek is n wetsgehoorsame burger wat belasting betaal en myself uit die moeilikheid uit hou

Jacobus ·

Die PSA is nie een van die Cosatu unies nie; sit nie eers langs die selfde vuur nie.

Die PSA (Public Servants Association) staan vir die Vereniging van Staatsamptenare (VSA) bekend in Afrikaans soos in die berig genoem en is in 1920 gestig.

Sover ek weet het nog geen staking van die PSA geweldadig geword nie.

Die PSA verteenwoordig ook die meerderheid hoog opgeleide amptenare.

Daar moet ook onthou word dat staatsamptenare ook menseregte het , meeste is wetsgehoorsame burgers wat hulle belasting ook betaal en ten alle koste probeer om uit die moeilikheid te bly.

marous ·

Dit is tyd dat daar ‘n belasting betaler vakbond gestig word …wat kan staak om te betaal

Boetman ·

Wat is die probleem? Is die staatsamptenare nie alreeds op ‘n jarelange staking nie?

Who's next?? ·

Wie is volgende? Elke maand het ons ‘n staking wat “die land gaan lamlê”. Begin net werk dan sal daar genoeg inkomste gegenereer word om julle verhogings te betaal! Ai, so moeilik om te verstaan.

Tilla ·

Dit sal nie vir hulle nodig wees om te staak as hulle nie die belaglike verhogings eis nie. Ons in die privaatsektoor moet maar te vrede wees om so elke 10/12 jaar ‘n 1% verhoging te kry. Gee hulle die verhoging en kry klaar sodat ons kan weet hoeveel meer belasting en vir kos, vervoer ens ons moet betaal want met elke staatsdiens verhoging styg alles mos drasties meer bo en behalwe die verhogings wat ons reeds krom trek en slaaplose nagte besorg.

Catherine Sutherland ·

Oh really? And how would we be able to tell?

wonder maar net ·

Daar IS nie geld in die Staatskoffers nie , Belasting betalers sweet elke maand om deur te kom – Ons is amper op rommel status – regerings amptenare doen hulle werk traag maar ONS SOEK -ONS WIL HE , ONS – ONS _ ONS

Ray ·

Kry die Unies om basiese salarisse en behoeftes van die stakers te betaal tydens die staak periode van “no work no pay” dan sal ons sien of die unies wat so graag staak sal staak vir sulke lang tye. Die unies het meer regte en salarisse tydens stakings as werkers en burgers. Dus vir hulle is dit maklik om te se kom ons staak en hou nie op staak nie.

andre ·

Wat moet privaat mense se…geen medies…geen pensioen…geen behuising…alles in die staat staan elk geval stil…

Staak? ·

Staak? Nee, ek dink daar is van hulle wat dan gaan WERK!!!

Ander Annie ·

Daar is sommige van ons wat nie kan staak nie. Dit is so dat PSA se stakings meestal vreedsaam is. Dit is my beskeie mening dat hul liefs nie staak nie. Meeste is dankbaar oor die voorgestelde verhoging. Ek wil ook graag sê dat daar vele staatsdienste amptenare is wat baie hard werk.

John ·

Wat is die salarisse van staatsamptenare deesdae want daar is mense wat buitensporige salarisse verdien en ander soos die’ in die polisie en onderwys wat meer verdien. Stel eerder die ongelykhede reg. Die weermag het ‘n tyd gelede ‘n opstand beleef oor salarisse en as die spul aansluit by die rebellie, is daar moeilikheid.

Lientjie ·

Ek is n onderwyseres en ek kan jou verseker na 36 jr in die professie, verdien ek hoegenaamd nie soveel as wat mense dink nie. En nie alle amptenare wil staak nie…soms word mens daartoe gedwing deur die meerderheid.

Sarel ·

So ver ek weet staak Gesondheidwerkers al geruime tyd en verniel Hospitale. Om te Staak het ‘n beroep geword in SA

Jacobus ·

Die gesondheidswerkers wat staak is geaffilieer met Cosatu bv. Nehawu en Cosatu is deel van die drieledige alliansie; ANC / SAKP / Cosatu; moet ek meer sê as dit.

Die Nehawu lede is maar vernielsugtig as dit kom by stakings soos gesien kan word met die onlangse probleme by hospitale en dan moet ons ook nie die intimidasie van hulle eie lede, ander unies se lede en die publiek vergeet nie.

Hulle glo mos aan “rent a crowd” vir geweldpleging en intimidasie.

Vir inligting, nie alle gesondheidswerkers behoort aan die selfde unie nie, daar is verskillende unies wat die werkers verteenwoordig.

Nehawu is die grootste unie in die Staatsdiens gevolg deur die PSA en dan die kleineres soos Solidariteit.

Ek sal nogal graag wil weet hoeveel lede Solidariteit het in die Staatsdiens aangesien hulle nie deur baie Staatsdepartemente erken word nie en dit is ‘n probleem vir die wat by hulle wil aansluit.

Karin ·

Staakdiens-vakbonde.
Waarom wil hierdie mense die hande wat hulle voed, byt?
Al wie hier wen, is die ewige vakbonde.

Andre ·

So julle soek gratis grond, onderrig en dan soek julle R1500 behuisings toelaag en geweldige verhogings maar wil nie vas teken nie want wil weer volgende jaar die land omtiep met julle strikes en chaos.
Strike eerder oor dfie petrol pryse wat so mal is of die 15% wat jan taks vat en nooit weer in die ekonomie in stoot nie. Strike eerder oor Suid Afrikaners wat nie werk het in die land nie, maar die grense is oop. Strike eerder oor die miljoenne onwettige mense in ons land wat ons mense dood maak…
Demokrasie…

wilma ·

Daar is soveel werknemers in die privaat sektor wat vir ‘n aantal jare geen bonusse (ja, ons weet almal dit is ‘n vergunning en nie ‘n verpligting nie) sowel as geen salarisverhogings ontvang het nie. Daar is ook geen sprake van medies, pensioen of behuisingsvoordele nie. Die enigste opsie is om jou mond te hou en jou werk te doen of ander weivelde te verken. Meeste van ons is maar te dankbaar om nog ‘n inkomste te kan genereer!

vissie ·

Dit gaan nie net om staak nie. Daar word verwoes,afgebrand en geplunder wat duisende rande se skade aanrig…Die stakende unies behoort vir hierdie grootskaalse vernielsug pa te staan.

Gert Beukes ·

Hi julle!! los die mense uit! Hulle is besig om hulle eie graf te grawe. Laat hulle hulself vernietig!!! Ons moet net ons eie sake reg hanteer.!! en op HOM ons vertroue stel!

SJ Botha ·

Dis tyd om die afpersers vas te vat en derduisende af te betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.